05/05/2026
Twee jaar later... die tyd rondom 3 Mei elke jaar is swaar oor die leemte wat dit in ons almal se lewens veroorsaak het. Tog daag ons op, want jy, Arra, het altyd opgedaag en gewerk en gelag. Ons as jou familie en vriende sal jou legendariese skatterlag nooit vergeet. Elke mark is Arra se G*t daar, maar met dié mark skink ons 'n spesiale een op jou ons pel, ons broer, ons seun.