09/01/2023
Stefanie Minnaar - Ouer Tiener Harmonie groep FB -
Liewe ouer...
My wens vir jou vir 2023:
Dat jy sal besef dat jou kind 'n geskenk van God is, en dat dit 'n absolute voorreg is om 'n ouer te kan wees.
Dat jy sal besef dat ouerskap nie 'n vaardigheid is nie, maar wel 'n verhouding met jou kind is.
Dat jy altyd connection voor correction sal kies.
Dat jy liewer sal time-IN gee wanneer jy eintlik time-OUT wil gee en so vir jou kinders taal leer vir hul emosies.
Dat jy sal onthou dat 2-5 jariges en 12-16 jariges die meeste tantrums sal gooi omdat hul brein onder massiewe konstruksie is.
Dat jy sal onthou jou hoërskooltiener gaan trigger happy wees omdat hoërskool baie stresvol is, en die amagdala die tiener moet veilig hou, totdat die prefrontale korteks eers klaar ontwikkel is ... hier rondom 25 jarige ouderdom.
Dat jy sal onthou jy het 'n CEO (prefrontale korteks) in jou brein wat emosies en impulsiwiteit beheer wat jou tiener nie het nie.
Dat jy vir jou tiener 'n veilige spasie sal gee in jou huis waar jou tiener se amagdala maar mag pop sonder dat jy elke keer daarop reageer.
Dat jy weer en weer sal sê: "This is not about me"
Dat jy vir jou tieners toelaat om hul kamer in 'n veilige spasie te verander wanneer hulle hoërskool toe gaan.
Dat jy sal onthou dat 'n kind slegs een volwassene nodig het om te floreer in die lewe. 'n Ouer wat konsekwent en voorspelbaar 'daar' is vir die kind. So liewe enkel-ouer... jy hoef nie "albei" ouers vir jou kind te probeer wees nie.
Dat jy bewus sal wees van jou bagasie (uit jou kinderlewe) wat jy saam bring wanneer daar konflik in jou huis is.
Dat jy sal onthou: "Perfect parents exist but they don't yet have kids"... maar "If you know better you can do better"
Dat jou kinders eendag gaan sê: "My ouers was nie perfek nie maar hulle het my unieke menswees gerespekteer sodat ek kon floreer"
Geseënd is jy liewe ouer!