Uit-die-bottel

Uit-die-bottel Uit-die-bottel | Sedert 2009 (en van toeka-tyd voor dit)

Gebottel vanuit ‘n Boesmanland-plaaskombuis tot op jou tafel.

SA Preserve Championship konfyt-kategorie Wenner 2025 (Kweperkonfyt)

Die Uit-die-Bottel reeksUit-die-Bottel se storie | Deel 6Met die jare het Uit-die-Bottel se reeks stadig gegroei.Vandag ...
29/03/2026

Die Uit-die-Bottel reeks

Uit-die-Bottel se storie | Deel 6

Met die jare het Uit-die-Bottel se reeks stadig gegroei.

Vandag is daar meer as 35 verskillende produkte wat ek maak — van konfyt en ingelegde vrugte tot chutneys en ander plaasgunstelinge.

Maar omdat baie van hierdie produkte van vrugte afhanklik is, word alles seisoenaal gemaak. Wanneer die vrugte reg is, word dit gebottel. Wanneer die seisoen verby is, wag ons weer vir die volgende oes.

Dis hoe dit nog altyd op ’n plaas gewerk het.

Daarom verander die beskikbare produkte deur die jaar — maar elke bottel wat gemaak word, word nog steeds met dieselfde sorg en trots gebottel.

Uit my kombuis op ’n plaas in die Boesmanland… tot op jou tafel.

Liefde,
Ronél x

Met toewyding verpak en versend.Uit-die-Bottel se storie | Deel 5Elke week word Uit-die-Bottel se bestellings gepak — so...
22/03/2026

Met toewyding verpak en versend.

Uit-die-Bottel se storie | Deel 5

Elke week word Uit-die-Bottel se bestellings gepak — sorgvuldig, presies en betyds.

My man pak self die bokse. Twee keer ’n week ry hy van Brandvlei na Upington. Op daardie dae gaan hy ook vir dialise.

Terwyl hy daar is, word die bokse by die koerier afgelaai sodat dit regoor Suid-Afrika versprei kan word.

Dis nie iets waaroor ons kla nie.
Dis eenvoudig hoe ons dit doen.

Want wanneer jy iets met trots bou, maak jy ’n plan.
Jy hou aan.
Jy hou jou kop hoog.

Elke bottel wat by jou aankom, dra ’n stuk van daardie toewyding.

Van ons plaas … tot by jou deur.

Liefde,
Ronél x

Hoe bestel jy Uit-die-Bottel?Uit-die-Bottel se storie | Deel 4Baie mense d**k hulle moet naby Brandvlei wees om Uit-die-...
15/03/2026

Hoe bestel jy Uit-die-Bottel?

Uit-die-Bottel se storie | Deel 4

Baie mense d**k hulle moet naby Brandvlei wees om Uit-die-Bottel te kan koop — maar dit is nie nodig nie.

Bestellings word met sorg op ons plaas verpak en regoor Suid-Afrika gestuur deur koerier of PUDO.

Omdat baie van die produkte seisoenaal gemaak word, verander die beskikbare produkte gereeld. Die maklikste manier om op hoogte te bly van wat tans beskikbaar is, is om by die Uit-die-Bottel WhatsApp-groep aan te sluit.

Sluit hier aan:

https://chat.whatsapp.com/LrdjjMqBwhx47Lz9Xdpfl0?mode=hqctcli

Vir bestellings kan jy my ook direk WhatsApp op 073 878 3276.

Van ons plaas… tot op jou tafel.

Liefde,
Ronél x

15/03/2026
Die standaard agter elke bottelUit-die-Bottel se storie | Deel 3Vir my was dit van die begin af belangrik dat elke botte...
08/03/2026

Die standaard agter elke bottel

Uit-die-Bottel se storie | Deel 3

Vir my was dit van die begin af belangrik dat elke bottel wat my kombuis verlaat, dieselfde standaard moet dra — of dit nou die eerste bottel van die dag is of die honderdste.

Hoekom?

Want dis hoe Mamma Joey Vlok dit gedoen het.
En ook Oumas Enna Louw en Anna Vlok.

Daar was nie gejaag nie.
Geen kortpaaie nie.
Geen “dit sal maar doen” nie.

Vrugte is sorgvuldig uitgesoek.
Resepte is presies gevolg.
En wat nie reg was nie, is oorgedoen.

Daardie standaard leef vandag nog voort in Uit-die-Bottel.

Geen massaproduksie nie.
Net tyd, sorg en trots in elke bottel.

Wanneer jy ’n bottel oopmaak, moet jy weet — dit is gemaak volgens ’n nalatenskap van vroue wat geweet het wat kwaliteit beteken.

Dis nie net konfyt nie.
Dis ’n standaard wat oor geslagte gebou is.

Liefde,
Ronél x

Wanneer familieresepte en herinneringe bymekaarkom.Uit-die-Bottel se storie | Deel 2Baie van Uit-die-Bottel se resepte h...
01/03/2026

Wanneer familieresepte en herinneringe bymekaarkom.

Uit-die-Bottel se storie | Deel 2

Baie van Uit-die-Bottel se resepte het nie op ’n stuk papier begin nie — dit het begin in ’n kombuis vol herinneringe.

Ek het grootgeword met my ma en my oumas se resepte. Met tyd het ek daardie resepte aangepas, verfyn en vervolmaak — totdat elke bottel my eie handtekening dra, maar steeds die gees van vorige geslagte behou.

Uit-die-Bottel is vir my meer as produkte.
Dit is erfenis.

En die naam?

Toe my kinders aan die einde van ‘n naweek terug koshuis toe gegaan het, het hulle vir Ouma vertel wat hulle geëet het. Baie van daardie beskrywings het begin met:
“Ons het uit die bottel geëet…”

Daardie eenvoudige woorde het gebly.

En so het die naam ontstaan — uit ’n gesinsgesprek om ’n tafel.

Vandag dra elke bottel steeds daardie betekenis.

Liefde,
Ronél x

’n Boer maak ’n plan.Die begin van die Uit-die-Bottel-storie.Uit-die-Bottel se storie | Deel 1Uit-die-Bottel het op ons ...
22/02/2026

’n Boer maak ’n plan.
Die begin van die Uit-die-Bottel-storie.

Uit-die-Bottel se storie | Deel 1

Uit-die-Bottel het op ons plaas in die Boesmanland begin — uit ’n behoefte om iets eie te bou, iets wat waarde skep uit dit wat ons reeds het.

Wat met ’n paar bottels in ’n plaaskombuis begin het, het oor die jare gegroei tot duisende bottels wat vandag regoor Suid-Afrika versprei word.

Dit was ’n ongelooflike eer toe ons storie in 2023 in Landbouweekblad verskyn het. Daar is min dinge so spesiaal soos om jou eie onderneming se reis op papier te sien — en nog meer in Landbouweekblad.

Om in Landbouweekblad te verskyn, was nie net blootstelling nie — dit was erkenning. Erkenning vir kwaliteit. Erkenning vir harde werk. Erkenning vir volgehoue groei.

Ons is ongelooflik dankbaar vir elke kliënt wat van die begin af saamgestap het — en vir elke nuwe kliënt wat deel word van die Uit-die-Bottel-familie.

Oor die volgende paar plasings neem ons julle agter die skerms en vertel ons meer van die Uit-die-Bottel-handelsmerk — waar dit begin het, hoe dit gegroei het, en wat dit vandag beteken.

Hierdie storie behoort nie net aan ons nie.
Dit behoort ook aan julle.

Dankie dat julle saam met ons groei.

Liefde,
Ronél x

Soet of sout? Hoekom kies?Uit-die-bottel se Sultanakonfyt en Sultana Chutney is nou beskikbaar – maar slegs in beperkte ...
19/02/2026

Soet of sout? Hoekom kies?

Uit-die-bottel se Sultanakonfyt en Sultana Chutney is nou beskikbaar – maar slegs in beperkte hoeveelhede.

Perfek vir:
• Roosterbrood
• Kaasborde
• Braaivleis
• Geskenke

Bestel direk via WhatsApp:
📞073 878 3276

Moenie wag tot dit uitverkoop is nie.

Januarie is vrugtetyd!Heerlike tuisgemaakte vyekonfyt uit my plaaskombuis – perfek vir roosterbrood en saam met kaas.Kon...
25/01/2026

Januarie is vrugtetyd!
Heerlike tuisgemaakte vyekonfyt uit my plaaskombuis – perfek vir roosterbrood en saam met kaas.

Kontak my gerus vir bestellings en pryse.

Slegs beperkte voorraand beskikbaar.

Ronél Vlok Visser
📞 073 878 3276

Dis groenvye tyd en Uit-die-bottel se immer gewilde groenvye is nou beskikbaar.  Dit is heerlik saam met 'n soutbord.Maa...
26/10/2025

Dis groenvye tyd en Uit-die-bottel se immer gewilde groenvye is nou beskikbaar.

Dit is heerlik saam met 'n soutbord.

Maak seker jy mis nie uit nie. Slegs beperkte voorraad beskikbaar.

Kontak Ronél Vlok Visser vir bestellings op whatsapp: 073 878 3276

Address

Brandvlei

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Uit-die-bottel posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share