Vierde Liefde Boerdery

Vierde Liefde Boerdery Uit die diepste liefde, groei die sterkste kudde 🐑🖤

Nie elke storie op ñ plaas het ñ gelukkige einde nie.Hierdie naweek moes ons een van ons jong ooie groet na ernstige kom...
29/06/2026

Nie elke storie op ñ plaas het ñ gelukkige einde nie.

Hierdie naweek moes ons een van ons jong ooie groet na ernstige komplikasies met lam. Party dae wen jy, en party dae breek jou hart ñ bietjie.

Boerdery leer jou om met oop hande lief te hê. Ons doen alles wat ons kan, maar uiteindelik bly elke lewe in God se hande.

Ons troos lê daarin dat Bunny se laaste oomblikke gevul was met liefde, respek en genade. Sy het rustig haar laaste asem uitgeblaas, omring deur mense wat haar opreg liefgehad het.

Dis die deel van boerdery wat min mense sien. Die trane. Die moeilike besluite. Die opofferings. Maar ook die voorreg om elke dag na God se skepping om te sien.

Rus sag, Bunny. Dankie dat jy deel van ons storie was. 🤍🐑

Address

Cape Town

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Vierde Liefde Boerdery posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Vierde Liefde Boerdery:

Shortcuts

Share

Category