10/08/2026
🔥 Pulled Pork Varknek
Ek het hierdie varknek gemaak volgens MeatRanger se pulled pork neck-metode: laag en stadig teen ongeveer 120°C, toe toegedraai en verder in die smoker tot omtrent 94°C intern.
Krediet waar krediet moet gaan , dankie vir die inspirasie en die resep. 👊
Ek het egter my eie draai aan die Asian sous gegee. Bietjie aangepas, bietjie opgebou en natuurlik die Rook & Rol behandeling gegee. 😎🔥
Die eindresultaat was ’n lekker rokerige, sappige stuk varknek wat perfek uitmekaar trek.