03/09/2026
Die hart van ’n goeie Brangus-koei
’n Goeie moeder doen meer as om net ’n kalf te hê. Sy herhaal haarself jaar ná jaar – met vrugbaarheid, goeie melk, ’n sterk moederinstink en die vermoë om haar kalf op die veld groot te maak.
Dit is die soort koei wat ’n kudde bou. ’n Koei wat haar werk doen, haar kalf grootmaak en weer gereed is vir die volgende seisoen.
Sterk moeders. Sterk kalwers. ’n Sterk toekoms.
📸 Foto: Conrad Cronjé
🐂 Comei Brangus