Ek & Jy

Ek & Jy For the Love of food! Ek & Jy started with two friends, Esti-Mari and Julia, and the passion for food!

Doing what we love and love what we are doing is our Motto.

Hallo, jammer ek pla so laat! 🙈Sal ek asseblief 2 platters kan bestel vir Maandagmiddag?Dit is die boodskap wat ons gist...
07/09/2026

Hallo, jammer ek pla so laat! 🙈
Sal ek asseblief 2 platters kan bestel vir Maandagmiddag?

Dit is die boodskap wat ons gistermiddag kry en wat sé ons : NATUURLIK! 😂🙌

Toe d**k ons nog ons gaan hierdie week lekker aandag aan ons bouery gee... JA, ONS GAAN BOU! 🧱👷‍♀️🏠

Maar nee hoor... ná daardie boodskap kom daar sommer nóg bestellings in vir die week!

So dit lyk maar of die bouery dalk ’n klein bietjie moet wag, want daar is platters om te maak!

Maar mens weet nooit... dalk werk ons só hard dat ons sommer binnekort vir onsself daardie Smeg-ketel kan koop vir al ons harde werk! 🤣🤭☕️

Prioriteite né? Platters eerste... bouwerk later... en ’n Smeg iewers tussenin! 😂

🚨🌸 STOP ALLES! DIE SPRING SPECIAL IS HIER! 🌸🚨Ons het geluister... 👂😂Want elke keer as iemand bestel, is dit:“Maar ek wil...
05/09/2026

🚨🌸 STOP ALLES! DIE SPRING SPECIAL IS HIER! 🌸🚨

Ons het geluister... 👂😂

Want elke keer as iemand bestel, is dit:
“Maar ek wil ook ’n springroll hê...”
“En ’n samoosa...”
“Ag wag, sit sommer brownies ook by!”
“Oe en koeksisters!” 🤦‍♀️😂

Toe sê ons: AG WAT! KOM ONS GOOI SOMMER ALLES BYMEKAAR! 🤣🙌

🌸 10 van ELK: 🌸

Frikkadelle
Hoenderkerrie Röttis
Hoender Springrolls
Beef Samosas
Mini Pasteitjies
Koeksisters
Brownies

💥 SLEGS R500! 💥

SOET? ✔️
SOUT? ✔️
IETSIE VIR LATER? ✔️
“Ek eet net een...” en toe is daar niks oor nie? ✔️✔️✔️

📩 Bestel nou voordat jou buurvrou eerste bestel en jy weer op Facebook moet kyk hoe sy lekker eet!

22/08/2026

Om weer deel te kon wees van die Die Wynmeester was vir ons ’n ongelooflike groot voorreg! 🍷❤️

Danie en sy span is eenvoudig net ongelooflik, en dit is vir ons ’n groot plesier om saam met hulle te werk. Hulle gee ons die vryheid om kreatief te wees, nuwe idees te probeer en sommer lekker buite die boks te d**k.

Dit maak die hele ervaring soveel meer spesiaal wanneer jy saam met mense kan werk wat jou vertrou en jou kreatiwiteit waardeer. 🙌🏻

Dankie, Danie en span, vir nog ’n onvergeetlike funksie. Ons waardeer dit opreg om deel te kan wees van hierdie besonderse span. 🥂🍷

Tot volgende keer! 😉

10/08/2026

Ag sommer ons twee wat simpel is!! 😂🍷

HEERLIKSTE wyn, bokmelkkaas 🧀, en natuurlik ’n lekker lag — want mens kan nie altyd ernstig wees nie! 🤣

Soms is dit al wat ’n mens nodig het… goeie wyn, goeie kaas en ’n vriendin wat net so simpel soos jy is! ❤️🍷😂

09/08/2026

Ons moeg is nou MOEG-MOEG! 😂😂

Maar op hierdie Vrouedag, in die koue, sit ons vanaand met ’n baie dankbare hart. ❤️🍷

Die afgelope 3 dae was ’n GROOT sukses… en om saam met die hierdie pad te stap is steeds een van die lekkerste dinge wat ons in 'n lang tyd gedoen het.

My ogies hang behoorlik… ek d**k as ek nou gaan sit, is dit môre voordat ek weer opstaan. 😂

En Julia? Haar heup het amptelik bedank. Môre is dit voete omhoog, geen onnodige bewegings en verkieslik iemand wat die tee bring. 🤣

Oud word is NIE vir sussies nie… maar wat maak ons?

ONS VAT HOM! 💃🏼😂🍷

Nou gaan ons ons moë lywe parkeer, komberse nader trek en maak asof ons môre vars en uitgerus gaan wakker word. 😴😂

Vrouedag ✔️
Wynmeester ✔️
3 dae se harde werk ✔️
Heupe en voete nog min of meer aan ✔️
Krag vir môre ❌🤣

Dankbaar. Moeg. Gelukkig.
En sal dit weer doen? JA… 😂❤️🍷

Dag 2 done and dusted! 🍷✅En hierdie is hoe ons roll… TEE & KOFFIE! ☕😂Want ná twee dae se wynproe-happies is ons nog besi...
08/08/2026

Dag 2 done and dusted! 🍷✅

En hierdie is hoe ons roll… TEE & KOFFIE! ☕😂
Want ná twee dae se wynproe-happies is ons nog besig om onsself professioneel te gedra! 🤣

Maar moenie worry nie… môre is dit ons twee se b***t om wyn te proe! 🍷😜

Van kombuis-chaos tot wynmeester vibes — ons doen dit weer! 😂❤️

En BOKKE BO!!Al is ons moeg, moeg en ons wiskunde, wiskunde nie...BOKKE SAL ONS KYK!

07/08/2026

Eerste aand... oorleef! 😅🍷
En HIER is julle video🤭.
Fotos volg later...

Geen kombuis? Geen probleem! Ons het gemaak soos net ons kan... ons het sommer ons eie kombuis gemaak! 💪😂

Nou is dit vroeg bed toe, want môre wag Mosselbaai se sport, en môreaand speel ons weer MasterChef: Geen Kombuis-uitgawe! 👩‍🍳🤣

As daar koffie is, is daar hoop. ☕😉

06/08/2026

🍇 Framboos coulis – 1. EK&JY – 0... o wag, nee... EK&JY wen! 🤣

Ons eerste poging om framboos coulis was darem 'n sukses. 😅

Ons het half verwag dit gaan eindig as framboosstroop... of dalk konfyt... maar toe gebeur daar 'n klein wonderwerk. Dis coulis... en dis nogal flippen lekker! 😂

Nou is dit terug kombuis toe – voorbereiding vir hierdie naweek se -happies by die is in volle swang. As ons nie proe nie, weet ons mos nie of dit reg is nie... dis ons storie en ons hou daarby! 🤣

Wens ons sterkte toe... die wyn is vir die gaste, maar die proe-lepels is vir ons! 😜

En AS julle genoeg comments en shares gooi op DIE post...dan gaan ons vir julle weer 'n lekker WYN VIDEO maak🤣🤣🤣🤣

😅

🌸Kontak ons gerus vir enige navrae🌸
03/08/2026

🌸Kontak ons gerus vir enige navrae🌸

Address

Oudtshoorn
6625

Telephone

+27826683555

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ek & Jy posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Ek & Jy:

Shortcuts

Share

Category