27/07/2026
𝗥𝗔𝗔𝗜 𝗗𝗜𝗘 𝗘𝗘𝗥𝗦𝗧𝗘𝗦𝗣𝗔𝗡 𝗘𝗜𝗡𝗗𝗧𝗘𝗟𝗟𝗜𝗡𝗚 𝗘𝗡 𝗪𝗘𝗡 '𝗡 𝗟𝗔𝗠!
Interskole is hier, en ons maak dit nog lekkerder. Spandeer R500 of meer by Goede Hoop Slaghuis, raai die eindtelling van die Interskole eerstespan-rugbywedstryd, en staan 'n kans om 'n lam te wen!
Dis maklik om in te skryf. Spandeer R500 of meer in een transaksie, vul jou inskrywingsvorm in, raai die eindtelling en plaas jou inskrywing in die kompetisieboks in die winkel.
Die kompetisie skop af op Maandag 27 Julie om 08:00 en sluit Saterdag 1 Augustus om 14:00. Die wenner word op Maandag 3 Augustus om 09:00 op ons Facebook- en Instagram-bladsye aangekondig.
Sterkte aan al die spelers, afrigters, skole en ondersteuners. Geniet die Interskolegees, en mag die beste span wen!
Bepalings en voorwaardes:
• Minimum aankoop van R500 in een transaksie. • Een strokie is gelyk aan een inskrywing. • Die prys kan nie vir kontant geruil word of aan 'n ander persoon oorgedra word nie. • Indien meer as een persoon die korrekte eindtelling raai, sal die wenner deur 'n gelukstrekking bepaal word. • Indien niemand die korrekte eindtelling raai nie, wen die naaste telling. • Goede Hoop Slaghuis se beslissing is finaal.