15/03/2026
Funny hoe dinge werk…
DieKlankMan (DKM) het begin toe ons vir vriende met hul troue se klank gehelp het. Die gaste was mal daaroor, die terugvoer was ongelooflik, en voor ons ons oë kon uitvee… het ’n klein idee iets groters geword.
Ons doel was nog altyd eenvoudig: om mense te help en regte verhoudings te bou. Baie van ons kliënte word vriende, en party voel later sommer soos familie.
Ons is dalk nie een van die groot klankmaatskappye daar buite nie, maar ons passie is net so groot (en ons speakers is nog steeds lekker hard😁).
En omdat ons weet hoe duur funksies kan raak, probeer ons altyd ons pryse billik en bekostigbaar hou.
DieKlankMan - goeie klank, goeie vibes en nog beter mense.