26/09/2026
PETRI & ANRI DE WET — ’N TROUE VIR DIE BOEKE! ✨🥂💍
Wat ’n extravaganza was dit nie! ’n Sprokieswêreld wat behoorlik opgetooi is, ’n bruid in wasige wit, gaste opgedollie tot die nege en ’n bruidegom met blink oë — hierdie was voorwaar ’n troue vir die boeke!
Canapés langs die rivier, gevolg deur ’n feesmaal in ’n sprokiesmooie onthaalruimte, en daarna is die dansskoene uitgehaal en is daar onder die sterre gedans. ✨
En toe… die ABBA-skouspel!
Die bruidspaar se ma’s en vriendinne het opgedress to the tee die verhoog betree en vir die gaste ’n vertoning gegee wat nog lank onthou gaan word. Wat ’n verrassing en wat ’n klomp pret!
Hierdie troue was pret van begin tot einde, en dit was duidelik dat geen enkele detail oorgesien is nie. Trouens, selfs die toiletpapier in die kleinkamertjie het prentjies van bruidspare gehad! 😂❤️
Geen detail onaangeraak. Geen moeite ontsien. Net liefde, lag, mooi mense en ’n hele klomp pret.
Petri & Anri, baie geluk. Mag julle lewe saam altyd net so mooi, vrolik en vol lag en liefde wees soos hierdie besondere dag.
Dankie dat Laughing Chefs deel kon wees van hierdie ongelooflike skouspel. Ons het elke oomblik geniet en die nuwe kombuis behoorlik ingewy! Meer as 160 magies is gevoed. 😀
We do it all and always with a smile!
How to Contact Us?
Laughing Chefs Caterers
📱Maggie 082 823 7846
📧 [email protected]
🌐 www.laughingchefs.co.za