04/07/2026
๐๐ผ๐ธ๐๐ ๐ผ๐ฝ ๐ธ๐๐ฎ๐น๐ถ๐๐ฒ๐ถ๐ ๐๐ถ๐ฟ ๐๐ถ๐ป๐๐ด๐ฒ๐๐ฒ๐ป๐ฑ๐ต๐ฒ๐ถ๐ฑ
Kwaliteit-genetika en produserende diere speel 'n sleutelrol in die winsgewendheid van 'n beesboerdery, mits somme deeglik gemaak word om winsgrense te verhoog ten einde verliese te absorbeer. Sรณ meen Hella Coetzee van Hochfeldstreek Bonsmaras wat 'n insiggewende toespraak tydens hul jaarlikse beesindaba gelewer het.
"Baie boere moes die afgelope paar jaar gereeld diere uitskot weens wisselvallige reรซn. Dit is altyd lekker om grootraamkoeie aan te hou, maar hulle kry eerste swaar in droogtes en sukkel om kondisie te hou en weer beset te raak," het Hella gesรช.
Op Omantumba gebeur dit ook waar groot koeie aangehou word om groter diere te teel, voeg sy by. "Kenners sal vir jou sรช as 'n koei nie die eerste keer dragtig is nie, moet sy gaan. Kyk na wat sy in haar lewe gedoen het, na haar stamboom en haar potensiaal, maar haal emosie uit jou besluit. Hierdie diere is besig om produksie en winsgewendheid negatief te beรฏnvloed."
Hella en Streicher het wel opgemerk daar is grootraamkoeie wat hul kondisie hou. Hulle het diรฉ diere onder die loep geneem en bepaal watter eienskappe hiervoor verantwoordelik is. 'n Bloedlyn is toe geรฏdentifiseer met uitstekende bouvorm en raamtipe vir aanpasbare, vrugbare diere wat net so goed in droogtes presteer.
"Aanpasbaarheid is 'n kragtige woord. Dit beskryf eienskappe wat jy nie met die oog sien nie. Dit het ons jare gevat om slegs diรฉ tipe diere in ons koeikudde te akkommodeer wat 'n werklike bate in ons beeskudde is. Ons het ook gekyk na watter diere ons gemaklik laat voel en watter vir ons slapelose nagte gee wanneer die volgende droogte op ons voorstoep lรช. Ons kyk veral na wat werk as dit droog is en hoe ons anderkant wil uitkom. Ons stel ook 'n plan B op en lys bates en risiko's."
FOTO: 'n Tipiese beeld van 'n boer op 'n rustige Sondagmiddag met familie en vriende, want boer is lekker. Sรณ meen Hella Coetzee van Hochfeldstreek Bonsmaras. "Boere staan by die hek en kyk na hulle beeste. Alles lyk rustig. Die lekbak is vol, die drade is reg en die hart is vol vrede. Maar onthou om gereeld tussen jou diere te stap en op hul kondisie en diรฉ van die veld te let."