Koekeloer

Koekeloer Ek spesialiseer in spesialiteitskoeke en fondant versierings. As jy dit kan uitdink, kan ek dit probeer maak!

Goeie, lekker en mooi koeke is nie goedkoop nie, maar ek kan waarborg dis die moeite werd ;) Kontak my gerus vir jou volgende koek-kasie!

Afrika-shic vir Adré se 40e. Elegant en kleurvol!Onderste een is 'n 30cm dubbellaag sjokoladekoek met sjokoladegegeurde ...
14/10/2025

Afrika-shic vir Adré se 40e. Elegant en kleurvol!
Onderste een is 'n 30cm dubbellaag sjokoladekoek met sjokoladegegeurde botterversiersel. En die boonste een 'n 18x21 Salted Caramel French Vanilla tall koek.

Prints is op glossy papier, nie eetbare prints nie. Maar die "lap" bo-op die koek is wel.

Kleurvolle blommekoek vir Tannie Zetta Dry se verjaarsdag. Alles behalwe die topper en wit roos is eetbaar. Salted Caram...
13/10/2025

Kleurvolle blommekoek vir Tannie Zetta Dry se verjaarsdag. Alles behalwe die topper en wit roos is eetbaar. Salted Caramel French Vanilla, natuurlik 😉

'n Spesiale verjaarsdag verdien 'n spesiale koek! En as jy so hard gewerk het om te kom waar jy nou is, moet dit sommer ...
24/07/2025

'n Spesiale verjaarsdag verdien 'n spesiale koek! En as jy so hard gewerk het om te kom waar jy nou is, moet dit sommer ékstra wees.

Nig Elmarie Rokitta Snyman se 50e verjaarsdagkoek was 'n fees om aan te werk. (Behalwe nou vir die ou klein, mini senuwee-ineenstorting wat ek beleef het toe die uitermatige baie vog in die lug die dag voor die tyd op die koek gekondenseer het terwyl ek hom gebou het, en dit toe nou op die dag oosweer is en die koek toe heeltyd wou smelt 😂😂😑) Maar ons het hulle gered gekry.

Die 2 koeke bevat hope simboliek van dinge wat na aan haar hart is en oor haar eie journey. En dit moes natuurlik nie net mooi lyk nie, maar bowenal lékker wees! Die vierkantige koek met die wynglase is die immergewilde Salted Caramel, French Vanilla, en die tall cake is 3 hooflae, met elk 2 lae van my spesiale, dekadente wortelkoek.

Nig Charlotte se spesiale 40e verjaarsdagkoek. Salted caramel, French vanilla met pienk en grys ombré-botterversiersel.
22/07/2025

Nig Charlotte se spesiale 40e verjaarsdagkoek. Salted caramel, French vanilla met pienk en grys ombré-botterversiersel.

Tweelingboeties Cornelus en Tobias het hul eerste verjaarsdag gevier met 'n lekker Boy Story-viering en mamma Adri het s...
21/07/2025

Tweelingboeties Cornelus en Tobias het hul eerste verjaarsdag gevier met 'n lekker Boy Story-viering en mamma Adri het soos altyd sóveel moeite gedoen! Salted caramel, French vanilla

Liefste Adri se 40e verjaarsdag moes in styl gevier word, en niks anders as blink, skitterend en wow sou doen om hierdie...
29/06/2025

Liefste Adri se 40e verjaarsdag moes in styl gevier word, en niks anders as blink, skitterend en wow sou doen om hierdie spesiale mens se spesiale dag vas te vang nie.

Natuurlik Salted caramel, French vanilla vir die onderste laag, red velvet en roomkaas vir die boonste een. Skakerings van roosgoud met fondantbykomstighede en 'n waferpaper-blom.

Hierdie McDonald's temapartytjie was soveel pret! McDonald's Hamburgerkoek met salted caramel French vanilla onder en re...
14/06/2025

Hierdie McDonald's temapartytjie was soveel pret! McDonald's Hamburgerkoek met salted caramel French vanilla onder en red velvet Vir die hamburgerbun self en sjokoladekoek met sjokoladeganache vir die patty.

Die onderste koek en burger buns is met fondant oorgetrek en die blaarslaai en kaas is versiersuiker. Alles eetbaar.

Die Hamburger-cupcakes is vanilla, met 'n sjokoladekoek en sjokoladeganache "patty". Die res is alles botterversiersel.

Mamma Adri het die soetkoekie chips gemaak en ek het 'n rooi botterversiersel-en-karamel-tamatiesous bygemaak.

Skooltjie toe is vanilla cupcakes met McDonald's-geel botterversiersel en fondant versierings.

Hierdie seuntjie is so trots op sy familie, dat hy graag sy familiewapen op sy verjaarsdagkoek wou hê!Alles op hierdie k...
12/06/2025

Hierdie seuntjie is so trots op sy familie, dat hy graag sy familiewapen op sy verjaarsdagkoek wou hê!

Alles op hierdie koek is met botterversiersel gemaak. Ek het die wapen op bakpapier "afgeteken" en toe "ingekleur" met rooi, swart, grys en wit versiersuiker. En toe gebid dat niks breek toe ek dit op die koek oorsit nie! 😂 Afwerkings met silwer kleursel.

Kleurvolle vanilla unicorn tall koek vir pragtige rooikop-krulkop liewe Abby se verjaarsdag.
10/06/2025

Kleurvolle vanilla unicorn tall koek vir pragtige rooikop-krulkop liewe Abby se verjaarsdag.

Unicorn pull-apart cupcake koek vir 'n 1e verjaarsdag. Mamma het die cupcakes gebak, en ek het haar net gehelp om dit al...
09/06/2025

Unicorn pull-apart cupcake koek vir 'n 1e verjaarsdag. Mamma het die cupcakes gebak, en ek het haar net gehelp om dit alles bymekaar te sit en te versier.

Salted caramel, French vanilla tall cake vir 'n 40e verjaarsdag. Kliënt het self blomme bygesit, want die koek moes eers...
08/06/2025

Salted caramel, French vanilla tall cake vir 'n 40e verjaarsdag. Kliënt het self blomme bygesit, want die koek moes eers Swakop toe reis, en vars blomme verlep vreeslik vinnig. Seuntjie het kort na mamma verjaar, so sy verjaarsdag is sommer saam gevier met sy eie dinosaur cupcakes 🦕🦖

Address

Windhoek

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Koekeloer posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share