Ouma Nora Meat Factory

Ouma Nora Meat Factory Ons verkoop die lekkerste sosaties en die beste vleis. Sy het ingestem!! Ek wou GROOT gaan, maar het besef dat ek sal compromise op die kwaliteit.

Ek wil net gou vinnig vertel waar die sosaties vandaan kom:

My skoonma maak die sosaties al seker vir amper 30 jaar, ek is in Mei 2013 met maagkanker gediagnoseer en het dadelik begin met behandeling ens. Ek het toe daai tyd by VIP Payroll gewerk en die great maatskappy wat hulle is het hulle my “afgegee” teen betaling om ordentlik hierdie K te fight. Ek het self besluit om terug te gaan VIP toe,

maar het net later besef dat ek nie van my kinders wil wees nie, dus toe my skoonpa afsterf het ek my skoonma half gesmeek en gevra of ek die sosatie besigheid kan oorvat... oordat ek nie weet wat die pad vorentoe is nie, en oordat ek saam my gesin wil wees. Ons betaal vir Ouma Nora ‘n salaris elke maand, sy is nog baie betrokke by die maak van die sosaties. Die vleis en als word met die hand gesny, die sous word gekook volgens Ouma se resep en als bly dieselfde. Vleis is ook altyd ‘n issue vir ons, kry nie genoeg nie, mense verkoop nonsens aan jou ens ens. Ons maak eintlik die sosaties net van wild maar nou in die sommer maande maak ons dit van Bees. Ons gebruik ook net snitte wat so min as moontlik senings in het. Ons is ook in die proses om ander tuisgemaakte produkte te begin maak en bemark. Hou ons bladsy dop. Ons gaan binnekort ook Biltong en droewors begin verkoop. Ons sosaties is ook beskikbaar by Academia Engen, Pionierspark Total en ook by Olympia Engen.

Address

No 1 New Castle Street. Northern Industrial Area
Windhoek

Opening Hours

Monday 07:00 - 17:30
Tuesday 07:00 - 17:30
Wednesday 07:00 - 17:30
Thursday 07:00 - 17:30
Friday 07:00 - 17:30
Saturday 08:00 - 13:00

Telephone

0813063319

Website

Products

Sosaties
Maalvleis
Braai Spice
Hoender Sosaties
Biltong
Droe wors

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ouma Nora Meat Factory posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Ouma Nora Meat Factory:

Share

Category