26/12/2024
๐ฉ๐ฒ๐น๐ฑ๐๐ผ๐น๐น๐ถ๐ฒ๐ ๐๐ฒ ๐ป๐ฎ๐๐ถ๐ผ๐ป๐ฎ๐น๐ฒ ๐ธ๐ฎ๐บ๐ฝ๐ถ๐ผ๐ฒ๐ป ๐๐๐ ๐ผ๐ฝ ๐๐ถ๐๐ฑ๐ฎ๐ด๐ถ๐ป๐ด๐
Ofskoon hy kwaai prysdruk en 'n erge droogtejaar moes deurstaan, is Phoenix Farming as vanjaar se nasionale wenner van die Agra-speenkalfkompetisie (veld) aangewys.
Drimiopsis en Phoenix Farming se Lenn de Jager was tweemaal vantevore al die streekwenner in Agra se speenkalfkompetisie vir die sentrale dele van die land, terwyl hy ook al 'n wenner op boereverenigingvlak was.
Lenn, bekend vir sy Charity Braunviehs, glo die belangrikste kriterium vir goeie speenkalwers bly eenvormigheid. "Verder maak ek seker hulle is goed bewerk - onthoorn, gekastreer en mooi duidelik gebrand. Om goeie gehalte speenkalwers te teel gebruik ek 'n Braunvieh-bul op Brahman-tipe koeie. Die kalwers moet ook oor 'n sterk beenstruktuur beskik en goeie lengte en breedte vertoon."
Op 'n minder positiewe noot verwys hy na speenkalfprodusente wat sedert 2020 onder kwaai prysdruk verkeer. En dit duur onverpoos voort, ook midde in 'n rampdroogtejaar vir Namibiรซ. "Die bedryf bly in afwaarste spiraal. Ons produsente se somme klop nie meer nie. 'n Speenkalfboerdery is nie meer winsgewend nie."
Lenn voeg by Namibiese speenkalfprodusente is te afhanklik van Suid-Afrikaanse voerkrale wat tans self swaar trek. "Plaaslike koopkrag is ook swak, want die osboere wat normaalweg plaaslik speenkalwers koop, moes eers deur vanjaar se kwaai droogte kom."
Lenn glo net 'n goeie reรซnjaar kan speenkalfprodusente se situasie verbeter. "Dit sal plaaslike osboere in staat stel om opnuut tot die speenkalfmark toe te tree, veral met die vooruitsig van nuwe abattoirs wat begin oopmaak en die vraag na speenkalwers sal stimuleer."