31/05/2026
10 LEKKER VINGERETES VIR JOU PLATTERS.................................
4 BOEKE - EEN ONGELOOFLIKE AANBOD
SLEGS R199.95 VIR AL 4.
Die Poeding Klub Resepte Boek is Gratis!!
Stuur Email vir Bestellings Na: [email protected]..................................
KORSLOSE SOUTTERTJIES
BESTANDDELE:
1 x 300 g soutbeesvleis (bully beef)
25 ml koekmeel
2 k gerasperde kaas
1 t mosterdpoeier
1 k melk
Knippie rooipeper
2 eiers, geklits
Fyngekapte pietersielie
METODE:
Verwyder die vet van die soutbeesvleis en maak die vleis goed fyn. Voeg die res van die bestanddele by en meng goed deur.
Skep die mengsel in vormpies of goedgesmeerde kolwyntjiepannetjies.
Bak vir 15 – 20 minute by 180°C tot gaar.
Lewer ongeveer 60 klein tertjies..............
SPEK EN KAAS TERTJIES
BESTANDDELE:
1 rol kitsblaardeeg
500 g ontbytspek, gesnipper
110 g gerasperde Cheddar-kaas
5 ml mosterdpoeier
Knippie rooipeper
4 eiers, goed geklits
60 ml melk
METODE:
Rol die blaardeeg uit en druk sirkels af wat groot genoeg is vir die holtes van ’n kolwyntjiepan.
Voer die holtes uit met die deeg.
Meng die res van die bestanddele saam en skep in die pannetjies.
Bak vir 25 – 30 minute by 180°C tot goudbruin..............
HOENDERFRIKKADELLETJIES
BESTANDDELE:
Bietjie olie
1 ui, gerasper
740 ml hoendermaalvleis
5 ml vars pietersielie, gekap
Knippie rooipeper
Knippie knoffelsout
250 ml gaar aartappel, fyngemaak
60 ml koekmeel
1 eier, geklits
375 ml droë broodkrummels
Olie vir diepvetbraai
METODE:
Verhit die olie en soteer die ui vir 3 minute.
Voeg die maalvleis by en braai tot gaar.
Verwyder van die hitte en roer die pietersielie, peper, knoffelsout en aartappel by.
Vorm happiegrootte bolletjies.
Rol in koekmeel, dan eier en laastens broodkrummels.
Braai in warm olie tot goudbruin.
Dreineer op kombuispapier en bedien saam met doopsous.................
STICKY HOENDERVLERKIES
BESTANDDELE:
12 hoendervlerkies
200 ml tamatiesous
150 ml Worcestersous
100 ml sojasous
100 ml blatjang
15 ml mayonnaise
2 huisies knoffel, fyngedruk
METODE:
Meng al die bestanddele saam.
Plaas die hoendervlerkies in ’n oondbak en gooi die sous oor.
Bak vir ongeveer 45 minute by 180°C en draai die vlerkies gereeld om..............
DIEPGEBRAAIDE MUSHROOMS
BESTANDDELE:
¾ k koekmeel
5 ml sout
5 ml bakpoeier
1 eier
¾ k melk
Mushrooms
METODE:
Meng die meel, sout, bakpoeier, eier en melk saam tot ’n loperige beslag.
Vee die mushrooms skoon met ’n klam lappie.
Doop in die beslag en braai in warm olie tot goudbruin...........
MAALVLEIS LOLLIPOPS
BESTANDDELE:
600 g maer maalvleis
100 g tandoori-smeer
175 ml natuurlike joghurt
2 t suiker
2 e olyfolie
6 sosatiestokkies, in water geweek
METODE:
Meng alles behalwe die olyfolie saam.
Vorm worsies om die sosatiestokkies.
Sprinkel olyfolie oor en plaas op ’n bakplaat.
Rooster vir 10 – 15 minute in ’n warm oond en draai gereeld om................
KAASSKONS WORSROLLETJIES
BESTANDDELE:
4 e olie
1 eier
¾ k melk
1 k koekmeel
2 t bakpoeier
1½ k gerasperde kaas
½ t sout
1 ui, fyn gekerf
Geel, rooi en groen pepers, fyn gekerf en gebraai
VULSEL:
Gaar worsies, Russians of kaasworsies
METODE:
Meng al die bestanddele goed saam.
Skep langwerpige hoeveelhede beslag op ’n bakplaat.
Druk ’n worsie in die middel.
Bak vir 8 – 10 minute by 200°C..............
CHILLI BITES
BESTANDDELE:
1½ k chana-meel
½ k koekmeel
1 k gekerfde blaarslaai
1 tamatie, geskil en gekap
1 ui, fyn gekap
1 aartappel, gerasper
1 e fyn knoffel
1 e bakpoeier
2 e gekapte koljanderblare
2 – 3 eiers
4 e gekapte chillies
METODE:
Meng al die bestanddele saam.
Skep lepels vol in warm olie en braai tot goudbruin...........
MINI CORNDOGS
BESTANDDELE:
1 eier, geklits
¼ k melk
¼ k maizena
¼ t sout
½ k koekmeel
½ t bakpoeier
1 t suiker
Halwe viennas
Stokkies
METODE:
Meng al die bestanddele saam.
Ryg die halwe viennas op stokkies.
Doop in die beslag en braai in warm olie tot goudbruin.
Bedien saam met verskillende s***e...........
BACON HAPPIES
BESTANDDELE:
Kersies
Spek
Tandestokkies
METODE:
Draai die spek om die kersies en steek vas met tandestokkies.
Braai in ’n pan of oor die kole tot gaar.
Jy kan ook gaar patatblokkies gebruik as goedkoper opsie.
BACON EN KAAS ROLLETJIES
BESTANDDELE:
2 e tamatiesmeer
1 rol blaardeeg
2 skyfies bacon, fyn gesny en bros gebraai
¼ k gerasperde kaas
METODE:
Voorverhit die oond tot 175°C.
Smeer die deeg met tamatiesmeer.
Sprinkel die bacon en kaas oor.
Rol op soos ’n rolkoek en sny wieletjies.
Plaas op ’n bakplaat en bak vir ongeveer 15 minute tot goudbruin.
Jy kan ook knoffel, jalapeños of ander vulsels byvoeg.