07/07/2026
Wat 'n ongelooflike voorreg was dit vir ons by Yeboba Bubble Tea om deel te wees van die Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees ! π©·π§
Baie dankie aan die organiseerders en elke persoon wat by ons kom inloer het vir 'n heerlike bubble tea. Julle ondersteuning beteken vir ons ongelooflik baie. π«Άβ¨
Dankie, Innibos, vir 'n onvergeetlike fees vol lekker kuier, mooi herinneringe en baie bubble tea!
Ons sien julle beslis weer volgende jaar en ons sal reg wees met al julle gunsteling bubble tea geure! ππ§π
Dit is βn wrapβ¦πΏπ¦π
Dankie aan elke feesganger wat gekom het om saam te vier. Dankie aan ons ongelooflike borge, uitstallers, kunstenaars, tegniese spanne, diensverskaffers, vrywilligers en elke lid van die Innibos-span wat maande lank gewerk het om hierdie fees moontlik te maak.
En dankie aan Suid-Afrika. Dankie dat julle wys hoe mense van oral af kan saamkom om kultuur, musiek, teater, kuns en mekaar te vier. Dis iets waarop ons trots kan wees.
Toyota Innibos bestaan nie sonder julle nie. β€οΈ
Hierdie is nie totsiens nie. Ons het nog baie fotoβs, videoβs en spesiale oomblikke om met julle te deel, so hou ons sosiale media dop.
Dankie dat julle saam met ons gewys het wat dit beteken wanneer ALLES WAT IN IS⦠werklik IN is.
Tot volgende jaar. π
LaeveldNasionaleKunstefees Mbombela Mpumalanga FestivalLife SouthAfrica OnsIsIN