Secret Garden Bloemfontein

Secret Garden Bloemfontein We welcome you to our Secret Garden. A place where every day is a special occasion. A place where the best recipes of our family are shared to enjoy.

A place where friendship, creativity, art, nature, beauty and life is celebrated! We welcome you to Secret Garden. A place where the best recipes from our family are enjoyed by our guests. A place where God takes all the glory and where we celebrate His abundance. For bookings or enquiries, please contact Andriëtte at 084 8900 140.

'n Soet herinnering van kinderdae, in koekvorm vasgevang. 'n Hap wat jou laat terugstap na tye vêr verlang. 'n Happie va...
12/06/2026

'n Soet herinnering van kinderdae, in koekvorm vasgevang.
'n Hap wat jou laat terugstap na tye vêr verlang.
'n Happie van 'n wolkie, soet en lig daarby.
'n Spesiaal ontwerpte soetding, hier by ons te kry.

Baie dankie dat julle ons deel maak van julle spesiale geleenthede by die huis en by die werk. Elke "Take Away Teetafel"...
10/06/2026

Baie dankie dat julle ons deel maak van julle spesiale geleenthede by die huis en by die werk. Elke "Take Away Teetafel" bestelling word met dieselfde liefde en oorvloed voorberei asof dit in ons eie tuin bedien sal word.

Hierdie "donker deuntjie" is beskikbaar as 'n "Take Away teetafel" opsie of as 'n nuwe bederf vir julle volgende tuinkui...
05/06/2026

Hierdie "donker deuntjie" is beskikbaar as 'n "Take Away teetafel" opsie of as 'n nuwe bederf vir julle volgende tuinkuier. ✨🌝🎼

Hierdie klein prinses word sommer vir die eerste keer by haar huis verwelkom met 'n teetafel fees. Gebak met baie liefde...
02/06/2026

Hierdie klein prinses word sommer vir die eerste keer by haar huis verwelkom met 'n teetafel fees. Gebak met baie liefde van haar Secret Garden ouma 🩷🩷🩷

Mag die jaar uitgestrek van oorvloed pronk, en sy dae genade bring. Mag tyd se arms nooit versuim om samesyn te bring. M...
29/05/2026

Mag die jaar uitgestrek van oorvloed pronk, en sy dae genade bring. Mag tyd se arms nooit versuim om samesyn te bring. Mag Sy wil jou wens vêr oorskry om jou op op Sy pad te kry, sodat elkeen van jou dae Hom loof en Hom verbly. 🦚🦚🦚

Mag elke dag van hierdie jaar, as geskenk geleen, oorvloed van die Here bring wat ander ook sal seën. Mag Hy jou getrou ...
20/05/2026

Mag elke dag van hierdie jaar, as geskenk geleen, oorvloed van die Here bring wat ander ook sal seën. Mag Hy jou getrou vind, gereed om uit te stuur, om ander wat Sy liefde kort se lewens te versier. Mag die Here hierdie jaar vooruit en langs jou ook kom loop, gevul met al Sy liefde, Sy plan en ook Sy hoop. 🩷🤍🩷

Baie geluk met Tannie se verjaarsdag

Mag hierdie klein prins net vreudge bring,mag hy volbors oor die lewe sing. Mag hy dapper kies en vas besluit, mag hy oo...
13/05/2026

Mag hierdie klein prins net vreudge bring,
mag hy volbors oor die lewe sing.
Mag hy dapper kies en vas besluit,
mag hy oorvloed deel vêr en wyd.
Mag hy in diens van die Allerhoogste Here staan,
waar klein moddervoetspoortjies heen mag gaan.
🤍💚🤍💚

'n Jaar bekroon met guns en seën, met oorvloed as geskenk geleen. 'n Jaar van kosbaar tye, 'n jaar van hart se mense. 'n...
06/05/2026

'n Jaar bekroon met guns en seën,
met oorvloed as geskenk geleen.
'n Jaar van kosbaar tye,
'n jaar van hart se mense.
'n Jaar vol van die Here,
spesiaal vir jou te wense.

Dankie dat Tannie en Tannie se 6 sussies by ons hierdie spesiale fees kom vier het.

Mag die guns van die Here op jou lewe rus, mag Sy goedheid jou kom lei. Om elke dag se stukkie Hemel reeds op aarde te k...
28/04/2026

Mag die guns van die Here op jou lewe rus, mag Sy goedheid jou kom lei. Om elke dag se stukkie Hemel reeds op aarde te kry. Mag jy daardie bevinding gaan uitdeel, die seën daarvan gaan stort. Sodat 'n aarde stukkend en hartseer, meer soos die Hemel kan word.

Baie geluk met Tannie se verjaarsdag 🩷🩷🩷

Mag U goedheid my lewe se dae vertel, mag ander daarby baat. Mag U wysheid my lei om U paaie te kry en weghou uit die kw...
22/04/2026

Mag U goedheid my lewe se dae vertel, mag ander daarby baat.
Mag U wysheid my lei om U paaie te kry en weghou uit die kwaad.
Mag ek altyd tot U diens wees, gereed, gesalf, geseën,
sodat ek U oorvloed op my pad aan ander uit sal leen.
🩷💙🤍

Address

Bloemfontein

Opening Hours

Monday 09:00 - 16:00
Tuesday 09:00 - 16:00
Wednesday 09:00 - 16:00
Thursday 09:00 - 16:00
Friday 09:00 - 16:00
Saturday 09:00 - 14:00

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Secret Garden Bloemfontein posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category