Oswald Brangus

Oswald Brangus Breeding Brangus in the heart of the Free State since 2007. Our aim is to cultivate hardy, adaptive cattle that will be an asset to any herd.

09/10/2026

Wat โ€™n voorreg om deel te wees van die Reinet en Vriende Veiling! ๐Ÿ‚๐ŸคŽ

Baie dankie aan almal wat opgedaag het, ons ondersteun het en saam met ons die liefde vir Brangus deel. โ€™n Spesiale dankie aan die kopers van ons drie bulle, julle ondersteuning beteken vir ons die wรชreld!

06/10/2026

Oswald Brangus

Anton, Elma, Stefan & Anmari Herbert

Oswald Brangus is โ€™n familiebeesstoet, gestig en bestuur deur die Herbert-familie in Bloemfontein, in die hart van die Vrystaat. Vanuit โ€™n nederige begin het die stoet geleidelik gegroei deur harde werk en โ€™n opregte passie vir kwaliteit beeste.

Die uitdagende Vrystaatse klimaat vorm die basis van hul teelbenadering, waar doelbewus gefokus word op veerkragtige, aanpasbare diere wat konsekwent onder druk presteer. Die fokus bly op morfologies korrekte, mediumraam beeste wat โ€™n praktiese balans tussen funksionaliteit en visuele aantrekkingskrag bied.

Deur deeglike seleksie, kunsmatige inseminasie en die gebruik van eie bulle word โ€™n diverse genetiese basis gehandhaaf, met klem op langlewendheid en veelsydigheid. Die diere word onder dieselfde toestande grootgemaak waarin daar van hulle verwag word om te presteer.

Geteel vir aanpasbaarheid. Gebou om te hou.

02/10/2026

๐—ฅ๐—ฒ๐—ถ๐—ป๐—ฒ๐˜ ๐—ฒ๐—ป ๐˜ƒ๐—ฟ๐—ถ๐—ฒ๐—ป๐—ฑ๐—ฒ ๐—•๐—ฟ๐—ฎ๐—ป๐—ด๐˜‚๐˜€ ๐—ฉ๐—ฒ๐—ถ๐—น๐—ถ๐—ป๐—ด - done & dusted.โญ๏ธ

Dankie aan almal wat daar was en die veiling ondersteun het. โ€™n Spesiale dankie aan elke koper, verkoper en onderbieรซr wat tot die sukses van die dag bygedra het.

Ons waardeer elkeen se ondersteuning! ๐Ÿ‘๐Ÿป

๐Ÿ“ธ: Landi | Agri Bemark
โ€ข
โ€ข
โ€ข

01/10/2026
๐Ÿ‚ Rustig, kalm en gemaklik | Lot 6^H>23 4 staan sommer rustig en geniet sy borsel.Daardie kalm temperament, saam met ste...
25/09/2026

๐Ÿ‚ Rustig, kalm en gemaklik | Lot 6

^H>23 4 staan sommer rustig en geniet sy borsel.

Daardie kalm temperament, saam met sterk bouvorm, goeie bespiering, gehardheid en aanpasbaarheid, is van die eienskappe waarvoor ons Brangus so waardeer. ๐ŸคŽ

๐Ÿ“… Op veiling: 1 Oktober 2026
๐Ÿ“Sangiro Lodge, BFN
Reinet en vriende veiling

23/09/2026
๐Ÿ‚ BW2376 | โ€™n BUL VIR DIE TOEKOMS | LOT 16Hierdie diep rooi Brangus-bul kombineer goeie teelwaardes vir groei en vleisei...
22/09/2026

๐Ÿ‚ BW2376 | โ€™n BUL VIR DIE TOEKOMS | LOT 16

Hierdie diep rooi Brangus-bul kombineer goeie teelwaardes vir groei en vleiseienskappe met lae geboortegewigsyfers, wat hom โ€™n uitstekende opsie maak om op verse te gebruik.

Sy Veldbulindeks van 106 beklemtoon sy waarde as โ€™n funksionele veldbul, wat veelsydigheid en produksie kombineer.

๐Ÿ”ธ Besonder diep rooi
๐Ÿ”ธ Lae geboortegewigsyfers - geskik vir verse
๐Ÿ”ธ Goeie groei- en vleisteelwaardes
๐Ÿ”ธ Veldbulindeks: 106

โ€™n Veelsydige Brangus-bul met โ€™n sterk pakket van produksie-eienskappe.

22/09/2026

๐‹๐Ž๐“ ๐…๐Ž๐“๐Ž'๐’ ๐ข๐ฌ ๐ง๐จ๐ฎ ๐›๐ž๐ฌ๐ค๐ข๐ค๐›๐š๐š๐ซ ๐จ๐ฉ ๐Œ๐ž๐ž๐ซ๐ค๐š๐ญ ๐ฏ๐ข๐ซ ๐‘๐ž๐ข๐ง๐ž๐ญ ๐ž๐ง ๐•๐ซ๐ข๐ž๐ง๐๐ž ๐๐ซ๐š๐ง๐ ๐ฎ๐ฌ ๐•๐ž๐ข๐ฅ๐ข๐ง๐ !

๐Ÿ“† 01 Oktober 2026
๐Ÿ•š 11:00
๐Ÿ“ Sangiro Lodge, Bloemfontein

Laai die Meerkat ๐—ฎ๐—ฝ๐—ฝ af om aanlyn te kan bie of bie op ons ๐˜„๐—ฒ๐—ฏ๐˜„๐—ฒ๐—ฟ๐—ณ | Download the Meerkat ๐—ฎ๐—ฝ๐—ฝ to bid online or bid on our ๐˜„๐—ฒ๐—ฏ๐˜€๐—ถ๐˜๐—ฒ:
https://auctions.meerkatonline.co.za/auctions/1545

๐•๐ข๐ซ ๐„๐ง๐ข๐ ๐ž ๐•๐ž๐ข๐ฅ๐ข๐ง๐  ๐๐š๐ฏ๐ซ๐š๐ž:
Reinet Meyer: 082 923 2639
CR Botha: 079 051 5171
Hennie Goosen: 079 490 4693
AJ Du Plessis: 073 091 3878

๐Œ๐ž๐ž๐ซ๐ค๐š๐ญ ๐“๐ž๐ ๐ง๐ข๐ž๐ฌ๐ž ๐Ž๐ง๐๐ž๐ซ๐ฌ๐ญ๐ž๐ฎ๐ง๐ข๐ง๐ :
Suzaan van Eeden: 082 264 3435
Leanie van Ronge: 082 570 2910

๐Ÿ‚ KWALITEIT. BALANS. POTENSIAAL | LOT 11โ€™n Geharde jong Brangus-bul wat โ€™n sterk, gebalanseerde pakket bied. Hierdie bul...
16/09/2026

๐Ÿ‚ KWALITEIT. BALANS. POTENSIAAL | LOT 11

โ€™n Geharde jong Brangus-bul wat โ€™n sterk, gebalanseerde pakket bied. Hierdie bul het goeie bespiering, โ€™n sterk manlike voorkoms en lengte van lyf. Met Clydesdale Red Baron en Popeye (L00438) in sy bloedlyne, is sy genetiese agtergrond โ€™n verdere pluspunt.

Ons het hom self in ons eie stoet gebruik, en is trots om hom nou by die Reinet en Vriende Veiling aan te bied.โ€™n Geleentheid vir die teler wat op soek is na โ€™n geharde jong bul met goeie tipe en baie potensiaal.

๐Ÿ“… 1 Oktober 2026
๐Ÿ“ Sangiro Lodge, Bloemfontein

๐Ÿ‚ โ€™N BUL MET BALANS | ^H> 23 4 | LOT 6โ€˜N goeie Brangus bul is veel meer as nรฉt sy voorkoms, hy is die kombinasie van โ€˜lo...
11/09/2026

๐Ÿ‚ โ€™N BUL MET BALANS | ^H> 23 4 | LOT 6

โ€˜N goeie Brangus bul is veel meer as nรฉt sy voorkoms, hy is die kombinasie van โ€˜looksโ€™, genetika, funksionaliteit en reproduksie.

Hierdie donkerrooi bul bring dit alles saam.
Uit die invloedryke RCM1642 en ons eie 14 2, kom hy uit โ€™n moederlyn met โ€™n sterk reproduksierekord: 10 kalwers, โ€™n TKP van 358 dae en erkenning as โ€™n 2025 Superkoei in die Brangus Nasionale Joernaal.

Hy spog verder met treffende bespiering, breedte en kapasiteit.

โ€™n Bul wat ons self gebruik het, en een wat nou vir sy volgende kudde beskikbaar is.

๐Ÿ“ Sangiro Lodge, Bloemfontein๐Ÿ“… 1 Oktober 2026๐Ÿ‚ Reinet en Vriende Veiling

Address

Bainsvlei
Bloemfontein

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Oswald Brangus posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category