03/05/2026
Bloemskou 2026.
Dit was weereens ‘n stresvolle uitdaging, lekker rond hardloop, maar tog lekker om deel te wees van ‘n dinamiese span Bloemskou, wat nooit moed opgee nie. Baie dankie Elmarie Prinsloo vir elke idee wat jy gegee het om die leemte wat die landbou gelaat het te vul, dit het beslis gewerk. Dankie ook aan elke liewe personeellid wat Pienaar Spyseniers so ondersteun het.
Eldré Claassens en Elmarie Rossouw, vir die mooi decor in Country Kitchen, ek waardeer al jul moeite spesiaal vanaf Ladybrand.❤️ Baie dankie ook aan Bennie en my personeel, jul mag maar, ou Liesbet, jy is ‘n yster!!! Adri vir baie jare se lekker saamwerk en al jou hulp vir my in Presidentskamer. Inge en Adriaan van Bloemfontein Coffee Roasteries, jul is die beste in Bloem!! Baie dankie vir die lekker saamwerk.