GroenGetrou - herleef - herbou

GroenGetrou - herleef - herbou GroenGetrou is meer as net ons familieboerdery, dit is ‘n lewenswyse.
(1)

Kom neem saam met ons deel aan die opwindende proses om terug te keer na die natuur, sodat ons saam die goeie van die land kan geniet.

12/05/2026
“Heerlike Kefir ontbyt … met pekanneute van my pa se boom❤️” - Rika Mouton, Bellville
11/05/2026

“Heerlike Kefir ontbyt … met pekanneute van my pa se boom❤️” - Rika Mouton, Bellville

Bestel jou eie kefirplantjie en sorg vir lewendige kulture in jou spysverteringstelsel. Terloops, dis nogal lekker. 😋
11/05/2026

Bestel jou eie kefirplantjie en sorg vir lewendige kulture in jou spysverteringstelsel. Terloops, dis nogal lekker. 😋



09/05/2026

Na al die reën het ons 'n lekker sonskyn dag geniet. Die veld is steeds nat, maar droog genoeg om die hokke te kon skuif.

Blokkies en Akronieme Die son is nog lank nie op nie, net sy voorlopers blink teen die windpompskeppers. Die maan skyn v...
07/05/2026

Blokkies en Akronieme

Die son is nog lank nie op nie, net sy voorlopers blink teen die windpompskeppers. Die maan skyn vol deur die kantoorvenster en dit is net die voëltjies wat buite roer. Die wind is doodstil — ‘n aangename verademing na ‘n baie besige maand, ‘n oomblik van terugkyk, inkyk en vorentoe kyk.

Die maand het weggespring met ‘n babatee, veel meer aangenaam as die vorige jaar se hartseer en dit gee tog die mens ‘n rede om saam te kom en die nuwe lewetjie te vier. Met nog ‘n niggie op pad is daar baie vragies om ons kombuistafel en groot is ons almal se dankbaarheid dat daar werklik lewe na die dood is.

Ons kombuistafel het deesdae veelkleurige Rubik’s cube blokkies op. Iemand moet dit skommel en dan word daar resies gehou om te kyk wie dit die vinnigste kan oplos. Ek het nooit daaraan gedink dat daar ‘n dag gaan kom dat my kinders iets kan doen wat ek nie kan doen nie. Nou ja, nooit te oud om te leer nie, nè. By die kompetisie te Bloemfontein het ek darem gesien dat ek nie die enigste ouer is wat moet toekyk hoe die kinders, binne sekondes, ‘n oplossing vind vir iets waarvan ons nog nie eens kop of stert verstaan nie.

Op die plaas gaan dit amper ook so. Die basiese werk en die kognitiewe verstaan van wat alles moet gebeur is daar, maar soos ons boerdery groei en ons nuwe winkels bedien kom die vreemdste versoeke. Dis registrasies op platforms wat ek nie geweet het bestaan nie, vereistes met afkortings en sertifikate verlang met akronieme wat ‘n hele nuwe taal is. Dit voel kompleet soos my eerste keer op Milan se treinstasie. Ek hoor en sien, maar verstaan niks.

Die doel voor oë is romanties en groot genoeg om ons hierdeur ook te dra. Dit is wonderlik wat die mens alles sal verduur as hy wis waarheen hy op pad is. Al is die bestemming onbekend, is die rigting duidelik en stap mens dapper voort met ‘n vertroue in die leiding wat ons ontvang en die wete dat daar altyd ‘n weg gebaan word al is dit deur die see, deur die wildernis, of oor ‘n muur.

Die braaikuikenseisoen het geeindig, die laaste wors is gemaak en die hokke is uit die veld gehaal vir herstelwerk. Die lêhenne bring hul deel en die nuwe groepe henne pas mooi aan in die vled. Die nuutste kuikens het die reënweer net-net vrygespring en piep alte vrolik daar in die babakamer.

So is die lewe ook, die blink van die son teen die skeppers word weldra lig. Die lig gee warmte, die modderpoele droog op, die pad word weer sigbaar en ons kan in vrede ‘n stil herfsdag geniet.

Groete

Hendrik

03/05/2026

Sandbad in die son! Hoe dan anders? Dit is hoenderkind se ding dié.

Address

Jacobstraat 68A
Boshof
8340

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:30
Tuesday 08:00 - 16:30
Wednesday 08:00 - 16:30
Thursday 08:00 - 16:30
Friday 08:00 - 16:30

Telephone

+27630607586

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when GroenGetrou - herleef - herbou posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category