They are joined by exceptional commercial Bonsmara beef farmers: Chris Joubert, JB van den Berg and Andries Els. Ons is baie trots op die kwaliteit diere wat deurgaans aangebied was en kan ons ook bevestig dat elke dier, manlik en vroulik, deur Hennie Snyman van Paradigm Landboukundige Adviseurs geklas en gekeur was en dat ons ook in die toekoms van Hennie se professionele dienste gebruik sal maa
k. Die twee stoet- en vier kommersiële produsente het aan die begin van 2013 vergader en besluit om voortaan ons produksieveiling aan te bied onder die naam Valsrivier Bonsmara Telers. Die lede van die groep bly presies dieselfde as in die verlede maar W. en Cornay het besluit dat die waarde wat toegevoeg word deur die kommersiële telers van so aard is dat die missie en visie van almal ooreenstem en is daar besluit om weg te doen met die term gasverkopers en voortaan te verwys na Valsrivier Bonsmara Telers. Die lede van Valsrivier Bonsmara Telers glo dat ons aanbod, manlike en vroulike diere `n besliste positiewe bydrae tot die welvaart in u veevertakking teweeg sal bring. Sterkte met u boerdery aktiwiteite en ons hoop om u by ons produksieveiling te ontvang. Visie
Die visie van die Valsrivier Bonsmara Telers is om met ons teling aan die behoeftes van al die verbruikers te voldoen. Ons teel dus diere wat ekonomies bogemiddeld presteer, in hetsy die speenkalf stelsel of voerkraal stelsel, met vleiseienskappe wat op die ou end vir die endverbruiker van ons bedryf hoogs bevredigend is. Daarom streef ons voorturend om beter teelmateriaal te bekom en in die proses ons onderskeie kuddes te verbeter en sodoende die kwaliteit van ons aanbod jaarliks te verbeter. Missie
Die missie van die Valsrivier Bonsmara Telers is om jaarliks goed aangepaste, vrugbare diere met teelwaardes bo die nasionale gemiddeld aan te bied om sodoende `n positiewe bydrae te maak tot die kuddes van al ons lojale kliënte. Verder streef ons ook daarna om dragtige verse aan te bied waarvan die pelvis gemeet is en ‘verse bulle’ in die dekkingsproses te gebruik om sodoende kalwingsgemak te bevorder.