De Kraal Slaghuis Brandvlei

De Kraal Slaghuis Brandvlei Alle vleisprodukte waaraan jy kan dink asook tuisgebak en inlê produkte uit die area.

24/08/2026

Ons is op die kassie! Met ʼn lekker vleisie!

Jan Braai kom draai by De Kraal Slaghuis! Kom draai jy ook gou... want ons gee graag en net dalk is jy die gelukkige wen...
21/05/2026

Jan Braai kom draai by De Kraal Slaghuis!

Kom draai jy ook gou... want ons gee graag en net dalk is jy die gelukkige wenner van ʼn R500 geskenkpak deur De Kraal.

Môre, 22 Mei 2026 tussen 09:30 -10:30 word daar insetsels vir die tv program opgeneem by De Kraal. Die vure gaan hoog brand.

Wheel of fortune:
1. Neem ʼn foto saam met Jan, sy span of sy voertuig.
2. Post dit hier op De Kraal se Facebook blad.
3. Tag vir
4. Tag 4 van jou vriende.

Die wiel sal Maandag gespin word dalk is jy die gelukkige wenner.

Sien jou môre by De Kraal en later op die kassie!🤩🥩🍻

Elizma Krugel Williams Demetri Williams Christo Krugel Doreen Krugel Cheron Krugel Aspeling Lenie De Meyer Williams share hom wyd!

Aan ons geliefde Boeta — vandag vier jy nie net 30 jaar van lewe nie, maar ook jare van harde werk, deursettingsvermoë e...
17/05/2026

Aan ons geliefde Boeta — vandag vier jy nie net 30 jaar van lewe nie, maar ook jare van harde werk, deursettingsvermoë en ’n hart wat altyd oop is vir ander.
Van ’n klein begin in Augustus 2019, met net ’n paar varke en ’n droom by die huis, het jy met geloof en vasberadenheid iets besonders opgebou. Teen November 2021 het De Kraal Slaghuis sy deure amptelik oopgemaak — en vandag is dit nie net ’n besigheid nie, maar deel van die dorp se hart.
Jy is vir baie mense meer as net “Boeta van die slaghuis”. Jy is iemand wat altyd help waar jy kan, wat mense met respek behandel en wat met ’n omgee-hart ’n verskil maak in ander se lewens. Jou nederigheid, harde werk en liefde vir mense maak ons ongelooflik trots op jou.
Mag hierdie nuwe dekade vir jou net nog groter seën, groei en geluk bring. Gelukkig 30ste verjaarsdag, Boeta — ons is baie lief vir jou. ❤️

En die 3 wenners van ons Desember lucky draw is:3de plek: Willem vd Merwe (R500 koop bewys by De De Kraal Slaghuis Brand...
24/12/2025

En die 3 wenners van ons Desember lucky draw is:

3de plek: Willem vd Merwe (R500 koop bewys by De De Kraal Slaghuis Brandvlei

2de plek: Cecile Isaks (halwe lam)

1ste plek: Jomari Smit (heel lam)

Baie baie geluk aan die wenners en baie dankie vir elkeen se ondersteuning.

Nou maak ons pot vir die kleinspan!

En so het November gekom en amper heeltemal gegaan...Ons is so besig om te werkskaf dat ons amper die jaarlikse verjaars...
28/11/2025

En so het November gekom en amper heeltemal gegaan...

Ons is so besig om te werkskaf dat ons amper die jaarlikse verjaarsdagvieringe vergeet het... Maar, ons het nie!

De Kraal verjaar en is 4 jaar oud, maar dis dis mos lekker om te gee...
Soos altyd is daar lekker pryse en ʼn groot lucky draw in die pakkie!

Kom koop vanaf môre, 29 November 2025 vir R500 of meer en gooi jou slippie in die boks.

Op 24 Desember 2025 word die trekking gedoen.

Pryse is:
1ste - Heel lam
2de - ʼn halwe lam
3de - R500 koop bewys by De Kraal.

Baie dankie vir elkeen se ondersteuning om nog ʼn jaar suksesvol te maak.

06/10/2025

De Kraal Slaghuis se wors word vêr geniet. Fillepynse Ambassadeur het sy bokkie geskiet en ons het die wors gemaak. Geniet hom!

Hoe lekker is dit nie om sulke boodskappe te kry nie! Ons streef na die beste kwaliteit en goeie dienslewering! Dankie v...
14/08/2025

Hoe lekker is dit nie om sulke boodskappe te kry nie! Ons streef na die beste kwaliteit en goeie dienslewering!

Dankie vir die ondersteuning! Dankie dat julle hierdie besigheid se droom help bewaarheid!

Baie baie geluk met jou verjaarsdag Boeta! Mag dit ʼn super lekker en báié geseënde nuwe lewensjaar wees. Dankie vir jou ...
16/05/2025

Baie baie geluk met jou verjaarsdag Boeta! Mag dit ʼn super lekker en báié geseënde nuwe lewensjaar wees. Dankie vir jou omgee, hulp, ondersteuning en bydrae tot die gemeenskap, elke dag! Ons salueer jou!🥂🎉🥳🌟🙌🏻❤️🤗

Ek het n voëltjie hoor fluit...Was hy al by jou oor?Hier is grOOt dinge oppad! Hou jou oë en ore oop...Altyd nuwe, opwin...
15/04/2025

Ek het n voëltjie hoor fluit...

Was hy al by jou oor?

Hier is grOOt dinge oppad! Hou jou oë en ore oop...

Altyd nuwe, opwindende dinge aan die gebeur, hier onder De Kraal se dak...

Address

Brandvlei
8915

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when De Kraal Slaghuis Brandvlei posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to De Kraal Slaghuis Brandvlei:

Shortcuts

Share

Category