11/05/2026
In Maandag, 11 Mei se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende:
* Casper Schmidt, hoof van veilings en eiendomme by BKB, gesels oor hoe bek-en-klouseer veilings geaffekteer het.
* Prof Johan Willemse is aan die woord met sy weeklikse markverslag.
* John Melville gesels oor die rooikat se sosiale gedrag.
* Johan gesels met Danie Strauss van Central Saleyard oor die Savanna-ram wat n rekordprys van twee miljoen rand gegaan het en oor die vooruitsigte in die bokbedryf.
* Wandile Sihlobo, hoofekonoom by Agbiz, deel sy ekonomiese oorsig.
Vandag se program word aan jou gebring deur BKB - die betroubare tuiste van landbou. Klik op die skakel in die kommentaarafdeling om na LandbouRadio se nuutste uitsendings te luister! 👇
BKB Plaas Media Central Saleyard Agbiz (Agricultural Business Chamber)