Housewives Corner

Housewives Corner For the domestic goddess at heart.

🧀🥓 Bacon & Rice Dish🧺 Ingredients (Serves 4–6)• 2 cups cooked rice• 1 large onion, chopped• ½ cup frozen peas• ½ cup fro...
23/02/2026

🧀🥓 Bacon & Rice Dish

🧺 Ingredients (Serves 4–6)

• 2 cups cooked rice
• 1 large onion, chopped
• ½ cup frozen peas
• ½ cup frozen corn
• 2 chicken breasts, cubed
• 250 g bacon, chopped
• ½ cup mixed sweet peppers
• 1 packet Potato Bake sauce
• 1 cup grated cheese
• Milk (as directed on packet)



👩‍🍳 Method

1️⃣ Fry onion until soft and golden. Add sweet peppers.
2️⃣ Add chicken and bacon and cook until done.
3️⃣ Add frozen vegetables with a little water and cook through.
4️⃣ Stir in cooked rice.
5️⃣ Prepare Potato Bake sauce with milk and mix into the dish.
6️⃣ Transfer to a greased baking dish.
7️⃣ Sprinkle cheese on top and bake at 350°F (180°C) until melted and golden.

🥗 TJOU-TJOU SLAAIBestanddele• 6 piesangs• 1 blikkie vrugte-kelkie / fruit cocktail (410 g), gedreineer• 1 blikkie konden...
11/02/2026

🥗 TJOU-TJOU SLAAI

Bestanddele

• 6 piesangs
• 1 blikkie vrugte-kelkie / fruit cocktail (410 g), gedreineer
• 1 blikkie kondensmelk (±397 g)
• 1 bottel Koo Piccalilli (390–400 g)
• ’n Knippie sout

Metode

1️⃣ Sit die piesangs met skille aan in ’n bak.
2️⃣ Gooi kookwater bo-oor en laat staan vir 1–2 minute totdat die skille swart word.
3️⃣ Haal uit die water, trek die skille af en sny die piesangs in skyfies.
4️⃣ Plaas die piesangskyfies, vrugte-kelkie, kondensmelk, Piccalilli en sout in ’n bak.
5️⃣ Meng alles liggies maar deeglik.
6️⃣ Verkoel en bedien koud.

Wenk: Hierdie slaai is nóg lekkerder as dit ’n rukkie gestaan het sodat die geure kan intrek.

🏉 Rugby SnackA salty, crunchy no-bake snack that’s perfect for rugby days, get-togethers and entertaining. Quick to make...
28/01/2026

🏉 Rugby Snack

A salty, crunchy no-bake snack that’s perfect for rugby days, get-togethers and entertaining. Quick to make and always a crowd favourite.

🧺 Ingredients

• Biltong powder
• 500 g soft Spitskop butter
• 1 large jar Marmite
• 2 packets Bacon Kips, roughly crushed
(do not crush too finely)

👩‍🍳 Method

1️⃣ Sprinkle an even layer of biltong powder into the base of a pan.
2️⃣ Mix the butter, Marmite and Bacon Kips thoroughly until well combined.
3️⃣ Press the mixture firmly on top of the biltong powder layer.
4️⃣ Sprinkle another thin layer of biltong powder over the top.
5️⃣ Cut into bite-sized squares.
6️⃣ Chill well until ready to serve.

🧊 Tip: Keep refrigerated until serving time for best texture.

KORSLOSE SUURLEMOEN TERTJIESBestandele:            1 blikkie kondensmelk        125 ml suurlemoensap            2 eiers....
20/01/2026

KORSLOSE SUURLEMOEN TERTJIES

Bestandele:
1 blikkie kondensmelk
125 ml suurlemoensap
2 eiers...geklits
60 ml gesmelte margarien..afgekoel
125 ml bruismeel
5 ml vanielje geursel
fyngerasperde skil van 1 suurlemoen

Verhit oond tot 180 grade celsius.
Klits kondensmelk..suurlemoensap.. eiers en
gesmelte margarien tot glad..roer vanielje
geursel en skil by.
Vou bruismeel in..meng liggies tot gladde beslag.
Verdeel beslag tussen 12 goed gesmeerde muffinpan holtes.
Bak ongeveer 20 minute tot goudbruin en gestol.
Laat tertjies afkoel in pan voor uitkeer.
Sif versiersuiker oor.

___________________🌹____________________

“Mac ‘n Cheese”.Hierdie bakkies Mac ‘n Cheese is altyd ‘n gunsteling.Mac ‘n Cheese met varkrepies en Chorizo.Genoeg vir ...
13/12/2025

“Mac ‘n Cheese”.

Hierdie bakkies Mac ‘n Cheese is altyd ‘n gunsteling.

Mac ‘n Cheese met varkrepies en Chorizo.

Genoeg vir omtrent 10-12 klein porsies

Bestanddele

230 g macaroni
2 koppies sterk cheddarkaas, gerasper
2 koppies volroommelk
4 E botter
2 E meel
1 koppie broodkrummels - ek gebruik Panko

Metode

Bring water in ’n groot pot tot kookpunt, voeg die sout en macaroni by en kook tot al dente (7–8 minute). Dreineer en hou eenkant.

Maak die witsous: Smelt die botter in ’n kastrol oor medium hitte en roer die meel by tot glad.
Voeg die melk bietjie-bietjie by tot die mengsel verdik.
Verwyder van die hitte en roer die kaas by tot gesmelt.
Roer die gaar macaroni by die kaassous.
Skep oor in ’n gesmeerde oondskottel en sprinkel die broodkrummels bo-oor en bak teen 175 °C vir 20–25 minute of tot goudbruin.

Nou kom die lekkerte:

4-6 varkrepies - sny die vet (rind) af en spesery saam met die vleis - jy kan ook Chorizo worsies braai en vir die krummels gebruik.
BBQ spesery van jou keuse - ek hou nogal Lemon + BBQ.

Braai die varkrepies en vet op ‘n oondpan by 180°C. Die vet moet baie droog en krakerig wees. Sny die vleis in Klein stukkies (bite-size) en krummel die gebraaide vet. (Crackling)

Skep nou bakkies van die Mac ‘n Cheese en 1-2 happies vark per porsie en bietjie van die crackling krummels.

LEKKER SOET MOSTERDBestanddele:1 blikkie (397 g) kondensmelk250 ml suiker45 ml mosterdpoeier (of na smaak)200 ml mayonna...
24/11/2025

LEKKER SOET MOSTERD

Bestanddele:

1 blikkie (397 g) kondensmelk

250 ml suiker

45 ml mosterdpoeier (of na smaak)

200 ml mayonnaise

200 ml wit asyn

Metode:

Meng die kondensmelk, suiker en mosterdpoeier saam tot goed gemeng.

Voeg die mayonnaise en asyn by en roer goed deur tot glad.

Plaas in die yskas tot bedien.

Wenke:

Hou dit in ’n geseëlde houer in die yskas – dit bly goed vir tot 3 maande.

Heerlik saam met kouevleis, worsbroodjies, frikkadelle of hoender.

KORSLOSE ONGEBAKTE MELKTERT1,5 l melk4 eiers250ml suikerSout5ml vanilla essens150ml mielieblom (Maizina)125ml koekmeelKa...
23/11/2025

KORSLOSE ONGEBAKTE MELKTERT

1,5 l melk
4 eiers
250ml suiker
Sout
5ml vanilla essens
150ml mielieblom (Maizina)
125ml koekmeel
Kaneel

Laat melk stadig opkom tot kook. Terwyl melk aangaan, klits eiers en suiker tot sponsagtig dik en lig. Gooi sout, vanilla, mielieblom en meelblom by eiermengsel en klits goed saam tot glad. Wanneer melk kook, draai af na lae hitte, gooi eiermengsel by en roer aanhoudend. Laat dit goed maar stadig deurkook en roer aanhoudend. Wanneer klaar deur gekook is, as daar klontjies is is, klits vinnig weer deur en gooi in bak. Sprinkel kaneel bo oor en laat afkoel. Laat natuurlik afkoel voor dit in yskas gesit word, anders "sweet" die kaneel af.

KAAS KNOFFEL KRUIEBROODBestandele:        500 ml meel          30 ml suiker          15 ml bakpoeier            5 ml sou...
23/11/2025

KAAS KNOFFEL KRUIEBROOD

Bestandele:
500 ml meel
30 ml suiker
15 ml bakpoeier
5 ml sout
15 ml fyn knoffel (crushed garlic)
10 ml Italiaanse kruie
310 ml melk
2 groot eiers
60 ml gesmelte margarien...afgekoel
625 ml gerasperde cheddarkaas

Voorverhit oond tot 180 grade celsius.
Meng droë bestandele saam..roer gerasperde kaas deur tot met meelmengsel bedek is.
Klits eiers..voeg melk..gesmelte margarien en fyn knoffel by.
Klits mengsel deeglik...voeg by meel-kaasmengsel.
Roer tot net gemeng...beslag moet klonterig wees met geen sigbare meelstrepe.
Gooi beslag in gesmeerde 20cm broodpan.
Bak brood ongeveer 60 minute tot tandestokkie skoon uitkom.
Laat brood 10 minute in pan afkoel voor uitkeer.

______________________________

Ertjie Slaai resep!Bestanddele:• 3 koppies bevrore ertjies, ontdooi• ½ koppie cheddarkaas, in blokkies gesny of gerasper...
21/11/2025

Ertjie Slaai resep!
Bestanddele:

• 3 koppies bevrore ertjies, ontdooi

• ½ koppie cheddarkaas, in blokkies gesny of gerasper

• ⅓ koppie rooi ui, fyn gekap

• ½ koppie bros spek, gekrummel

• ⅓ koppie mayonnaise

• 1 eetlepel suurroom

• 1 teelepel appelasyn

• ½ teelepel sout

• ¼ teelepel swartpeper

Metode:

1. Meng die ertjies, cheddarkaas, rooi ui en spek in ’n groot bak.

2. Meng in ’n aparte klein bak die mayonnaise, suurroom, appelasyn, sout en swartpeper tot glad.

3. Giet die slaaisous oor die ertjie-mengsel en roer goed tot alles egalig bedek is.

4. Bedek en verkoel vir minstens 30 minute voordat dit bedien word.

Beskuit: Vinnig en maklik. 1 kg Sasko Bran Rich Bruismeel25 ml bakpoeier7.5 ml sout375 ml bruin suiker750 ml Allbran fyn...
02/11/2025

Beskuit:
Vinnig en maklik.
1 kg Sasko Bran Rich Bruismeel
25 ml bakpoeier
7.5 ml sout
375 ml bruin suiker
750 ml Allbran fyner gedruk
125 ml sonneblomsaad
65 ml poppiesaadjies

Meng alles saam. Maak g*t in die middel van die droe bestanddele.

Smelt 500g botter. Gooi warm botter in g*t. Moenie roer nie.
Meng 500 ml karringmelk en
30 ml vanilla Gooi oor die gesmelte warm botter.
Roer nou alles saam.

Smeer n oondpan en druk die beslag stewig in jou pan.
Bak by 180C vir 30 min. Toets of dit gaar is. Laat die beskuit afkoel in die panne. Sny in netjiese porsies en droog uit by 100C vir 3 na 4 uur.

Vinnige Kaas Broodtjie 500 ml meel  15 ml bakpoeier2,5 ml sout  45 ml margarien375 ml cheddar kaas gerasper160 ml melk  ...
16/10/2025

Vinnige Kaas Broodtjie

500 ml meel
15 ml bakpoeier
2,5 ml sout
45 ml margarien
375 ml cheddar kaas gerasper
160 ml melk
2 eiers...effens geklits

Voorverhit oond @ 180°C
Meng droë bestandele saam.
Voeg margarien by en vryf in met vingerpunte tot meel soos GROWWE broodkrummels lyk.
Voeg kaas by en meng deeglik.
Meng eier en melk.
Voeg by meel - kaasmengsel.
Meng liggies tot meelmengsel bedek is.
Gooi beslag in goed gesmeerde 20 cm broodpan
Bak 35 - 40 minute tot goudbruin.

OATS EN KLAPPER KOEKIESDRUK JOU OATS LEKKER STYF VAS2 k meel4 k.oats hier het ek twee koppies oats en twee koppies muesl...
08/06/2025

OATS EN KLAPPER KOEKIES

DRUK JOU OATS LEKKER STYF VAS
2 k meel
4 k.oats hier het ek twee koppies oats en twee koppies muesli gebruik.
2 k klapper
2 k. suiker
250 g botter of margarine ek het bietjie meer gebruik se so 2 eetlepels
5 teelepels stroop opgehoop
2 teelepels koeksoda

Smelt botter en stroop. voeg koeksoda by.
Meng droee bestanddele gooi stroop by meng, gooi in oondpan drukvas, bak vir 10/15 min op 180grade.

Address

Cape Town

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Housewives Corner posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category