27/05/2026
’𝗻 𝗠𝗲𝗿𝗸𝘄𝗮𝗮𝗿𝗱𝗶𝗴𝗲 𝘀𝘁𝗼𝗲𝘁 𝘄𝗼𝗿𝗱 𝗻𝗶𝗲 𝗼𝗼𝗿𝗻𝗮𝗴 𝗴𝗲𝘁𝗲𝗲𝗹 𝗻𝗶𝗲. 𝗗𝗶𝘁 𝘃𝗲𝗿𝗴 𝗱𝗲𝘂𝗿𝘀𝗲𝘁𝘁𝗶𝗻𝗴𝘀𝘃𝗲𝗿𝗺𝗼𝗲̈, 𝗻𝗼𝘂𝗸𝗲𝘂𝗿𝗶𝗴𝗲 𝗯𝗲𝘀𝗹𝘂𝗶𝘁𝗻𝗲𝗺𝗶𝗻𝗴 𝗲𝗻 𝗷𝗮𝗿𝗲 𝘀𝗲 𝗵𝗮𝗿𝗱𝗲 𝘄𝗲𝗿𝗸.
Hierdie is jou kans om erkenning te geniet vir jou toewyding en bydrae tot die stoetbedryf.
Die LRF is trots daarop om telers te help om beter teelbesluite te neem op grond van betroubare data. Hul jaarlikse Veeskool en die LRF/Santam Landbou Stoetteler van die Jaar-kompetisie is daarop gemik om uitnemende telingspraktyke aan te moedig en te bevorder.
Skryf in vir die LRF se Santam Suider-Afrikaanse Stoetteler van die Jaar 2026-kompetisie en deel jou telingspraktyke en stoetsuksesse met jou mede-produsente!
Sluitingsdatum: 17 Julie 2026
- Eerste plek: R25 000 & ‘n gratis kaartjie vir die 2027 LRF Veeskool
- Tweede plek: R10 000
Maak seker jy gebruik die kans om hierdie gesogte toekenning los te slaan!
Klik op die skakel in die kommentaarafdeling om in te skryf 👇.
Livestock Registering Federation Plaas Media Santam Insurance