Ina Lessing Konfyte en Bakkery

Ina Lessing Konfyte en Bakkery Ina Lessing is sedert 1990 doenig met die kook van 'n wye verskeidenheid konfyte.
(1)

Kook en inlê vind plaas in Modimolle en die verspreiding vind plaas vanaf die pakstoor in Centurion.

Junie het ’n kenmerkende reuk. Dis daardie koue winterbriesie wat stadig deur die huis trek. Die ketel fluit, koffie wor...
02/06/2026

Junie het ’n kenmerkende reuk. Dis daardie koue winterbriesie wat stadig deur die huis trek. Die ketel fluit, koffie word geskink en iewers staan ’n vars bottel sitruskonfyt reg vir ontbyt.

Hier by Lessing Konfyte & Bakkery word elke bottel van die sitrusreeks met sorg gemaak, stadig geroer, noukeurig voorberei en met trots gebottel.

Probeer gerus ons Lemoenrolletjies of eet 'n lekker stuk Nartjiekonfyt op jou oggendroosterbrood vir daardie ware wintergevoel.

Bestel aanlyn: https://www.inalessing.co.za/

Vandag verjaar die skoonste Lessing sussie. Baie geluk Nerichè. Ons hoop jy word baie bederf vandag.Ons is baie lief vir...
27/05/2026

Vandag verjaar die skoonste Lessing sussie.
Baie geluk Nerichè. Ons hoop jy word baie bederf vandag.

Ons is baie lief vir jou. Dankie vir jou harde werk en geduld met jou skoonfamilie ❤️

Mag die Here jou in Sy Hand hou in die jaar wat voorlê.

Lekker verjaar!

Niks laat jou so tuis voel soos iets lekkers uit jou jonger dae nie ❤️Ons stuur die bekende na jou toe in Auckland 😀
26/05/2026

Niks laat jou so tuis voel soos iets lekkers uit jou jonger dae nie ❤️

Ons stuur die bekende na jou toe in Auckland 😀

Daar is iets spesiaals aan ’n pot konfyt wat stadig gekook is… ’n bakkie beskuit wat vars uit die oond kom… en ingemaakt...
25/05/2026

Daar is iets spesiaals aan ’n pot konfyt wat stadig gekook is… ’n bakkie beskuit wat vars uit die oond kom… en ingemaakte lekkernye wat proe asof dit uit jou ouma se huis kom.

Dit is presies wat jy kry by Lessing Konfyte & Bakkery.

Van tradisionele konfyte en blatjang tot koekies, beskuit, piekels en unieke geskenke – alles word met sorg en baie liefde gemaak. En die beste deel daarvan is, jy hoef nie eers die huis te verlaat nie!

👉 Bestel jou gunstelinge regstreeks aanlyn:
www.inalessing.co.za

Seun, Boetie, Eggenoot, Pappa, Skoonseun.... en hoof agter die konfytpotte verjaar vandag. Baie geluk Natan. Ons is baie...
22/05/2026

Seun, Boetie, Eggenoot, Pappa, Skoonseun.... en hoof agter die konfytpotte verjaar vandag.

Baie geluk Natan. Ons is baie lief vir jou. Dankie vir jou harde werk en die goeie voorbeeld wat jy vir ons en jou kinders stel.

Mag die Here jou dra in die komende jaar en mag Hy jou en jou gesin seën met gesondheid en voorspoed.

❣️

21/05/2026

Dankie Burre Burger vir jou mooi boodskap.

Luister dit gerus. Dalk moet jy dit vandag hoor.

Mooi loop
❣️

Hoe goed ken jy Lessing Konfyte & Bakkery regtig?Van nederige begin tot ’n geliefde naam in Suid-Afrikaanse kombuise, da...
19/05/2026

Hoe goed ken jy Lessing Konfyte & Bakkery regtig?
Van nederige begin tot ’n geliefde naam in Suid-Afrikaanse kombuise, daar skuil heelwat agter elke bottel, beskuit en bederfie.

Toets jou kennis en kyk hoeveel van hierdie Ina Lessing feite jy ken!

15/05/2026

😉

15/05/2026

Ag ons wou net beaam wat die vrou sê. Sy's heeltemal reg. Kyk net wat dóén 'n blazer 😜

Farming Blonde jys oulik 😁

bestel aanlyn 🦋
www.inalessing.co.za

Kyk, jy kan seker enige Suid-Afrikaner maklik verlei met ’n stukkie mango, want in ons land word van die beste mango’s v...
14/05/2026

Kyk, jy kan seker enige Suid-Afrikaner maklik verlei met ’n stukkie mango, want in ons land word van die beste mango’s verbou, vol geur en vol sommer net pure lekkerte.

Hier in ons kombuis raak ons self elke keer ’n bietjie verlief op hierdie ovaal vrugte. Daarom maak ons drie besonderse produkte wat die mango in sy beste vorm vier, Mango Blatjang, Mango Konfyt en Ingemaakte Mango.

🛒 Koop by ons produkhandelaars of aanlyn by: https://www.inalessing.co.za/?s=Mango&post_type=product&dgwt_wcas=1

Address

Centurion
0157

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ina Lessing Konfyte en Bakkery posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share