De Keur

De Keur De Keur is a proudly South African agricultural business that produces, packs and distributes quality fresh fruit and vegetables.

We are passionate about our people, our produce and sustainable farming.

21/08/2026
πŸ‰ DE KEUR STAAN 100% AGTER DIE BOKKE! πŸ‰Dis BOK FRIDAY by De Keur en ons dra ons groen en goud met trots! πŸ’šπŸ’›Met die Sprin...
21/08/2026

πŸ‰ DE KEUR STAAN 100% AGTER DIE BOKKE! πŸ‰

Dis BOK FRIDAY by De Keur en ons dra ons groen en goud met trots! πŸ’šπŸ’›

Met die Springbokke wat gereed maak vir die eerste wedstryd in β€œRugby's Greatest Rivalry”, is daar geen twyfel waar ons ondersteuning lΓͺ nie.

Van die boorde tot die pakstore en kantore – De Keur is 100% agter die Bokke!
(Ons het 'n paar All Black ondersteuners ook in ons midde...mag dit 'n goeie, lekker rugby wedstryd wees.)

Sterkte, Bokke! Speel met trots, speel vir mekaar en speel vir Suid-Afrika! πŸ†

GO BOKKE! πŸ’šπŸ’›

🌿 WITZENBERG PRESTIGE LANDBOUTOEKENNINGS 2026 🌿By De Keur glo ons dat die hart van landbou in sy mense lΓͺ. Daarom is dit...
18/08/2026

🌿 WITZENBERG PRESTIGE LANDBOUTOEKENNINGS 2026 🌿

By De Keur glo ons dat die hart van landbou in sy mense lΓͺ. Daarom is dit vir ons ’n besondere voorreg om erkenning te gee aan ons kollegas wat tydens die Witzenberg Prestige Landboutoekennings met hul harde werk, kundigheid en toewyding uitgestaan het.

Ons is geweldig trots op elkeen van julle! Julle prestasies getuig nie net van persoonlike uitnemendheid nie, maar ook van die passie en trots waarmee julle elke dag jul werk aanpak.

πŸ† Algemene Werker
πŸ₯ˆ Adrowaan Noorman – Leeuwrivier | 2de plek

🚜 Drywers
πŸ₯‰ Dedire Kamfer – De Keur | 3de plek

πŸ’§ Besproeiingspesialis
πŸ₯‡ Ricardo-Lee Franse – De Hoop | 1ste plek
πŸ₯ˆ Merwin Davids – Rocklands | 2de plek

βš™οΈ Tegniese Operateur
πŸ₯ˆ Abongile Mbikahlobo – Leeuwrivier | 2de plek

🌱 Junior Bestuur
πŸ₯‡ Absalom Snyers – Leeuwrivier | 1ste plek

’n Baie spesiale gelukwensing gaan aan Ricardo-Lee Franse van De Hoop, wat boonop aangewys is as die Landbouwerker met die Beste Potensiaal. 🌟

Ricardo-Lee, dit is voorwaar ’n besondere prestasie en ’n wonderlike erkenning van jou potensiaal, harde werk en toewyding. Ons sien met trots uit na wat die toekoms vir jou inhou!

Aan elkeen wat De Keur en ons onderskeie plase so uitstekend verteenwoordig het: ons sien julle harde werk raak, ons waardeer julle bydrae en ons is ongelooflik trots om julle deel van die De Keur-familie te kan noem.

Baie geluk – julle maak ons trots! πŸŒΏπŸ‘













🌱 UIE PLANTTYD IN DIE KOUE BOKKEVELD πŸ§…Daar is iets besonders aan uie planttyd. Want elke klein plantjie wat vandag in di...
12/08/2026

🌱 UIE PLANTTYD IN DIE KOUE BOKKEVELD πŸ§…

Daar is iets besonders aan uie planttyd. Want elke klein plantjie wat vandag in die grond kom, dra die belofte van môre. 🌱

Dit is lang dae, vroeΓ« oggende en harde werk – ure op die lande terwyl daar geplant, gespuit, besproei en beplan word.

Boerdery leer ’n mens om te glo in dit wat jy nog nie kan sien nie. Om vandag jou beste te gee en te vertrou dat die toekoms mooi en goed sal wees.

πŸ§… Uie-planttyd in die Koue Bokkeveld – waar harde werk en hoop hand aan hand loop.

Mag dit ’n geseΓ«nde seisoen wees en die begin van ’n mooi oes. 🌱🚜










Ons vier 'n besondere mylpaal by De Keur! 'n Hartlike dankie aan ons toegewyde werknemers wat 10, 20, 30 en 'n VOLLE 40 ...
04/08/2026

Ons vier 'n besondere mylpaal by De Keur!

'n Hartlike dankie aan ons toegewyde werknemers wat 10, 20, 30 en 'n VOLLE 40 jaar deel van die De Keur-familie is. Julle lojaliteit, harde werk en toewyding het oor dekades 'n onskatbare bydrae tot ons besigheid gelewer.

Baie dankie dat julle saam met ons groei, bou en 'n verskil maak. Ons waardeer elkeen van julle opreg. Ons glo dat ons nog baie jare van saam-boer sal beleef!

40 jaar
Moos Salmon

30 jaar
Appie Snyders
Matselela Spilimani

20 jaar
Tseliso Moeketsi
Buyisile Stefans
Nceba Mkhithik

10 jaar
Denver Paulse, Gerhardus Beukes, Sara Van Der Merwe, Thabo Mpatsi, Jaydee Nel,
Jennifer Kamfer, Jayson Boer, Alecia Noorman, Engela Titus, Teboho Mohlokonya,
Wezeka Kandlo, Marilyn Ersterhuizen, Jeremy Louw, Gertruida Heyns, Mlindeni Simelane, Thobelani Nqwiliso, Pedia Olivier, Samkelo Jika, Leabua Makoa, Jason Janse, Jonathan Willemse, Vuso Simelane, Granville Davids, Gerrit Mars & Lwazi Zenzile






03/08/2026
Die volgende vakature het by De Keur Landgoed ontstaan.  Die geskikte kandidaat sal op Rocklands plaas diens verrig.  Al...
23/07/2026

Die volgende vakature het by De Keur Landgoed ontstaan. Die geskikte kandidaat sal op Rocklands plaas diens verrig. Alle relevante aansoeke is welkom.

Baie geluk Tony, Jacobus en Pieter.  Dankie vir 10 jaar se saamboer, saam somme maak en saam pak.   Ons waardeer al jul ...
29/06/2026

Baie geluk Tony, Jacobus en Pieter.

Dankie vir 10 jaar se saamboer, saam somme maak en saam pak. Ons waardeer al jul harde werk!

De Keur Verpakking
10 Jaar
Jacobus Spamer
Tony Mariano

De Keur Landgoed
10 Jaar
Pieter Goliath




09/06/2026

De Keur se Bejaarde Bederfdag!

Address

Boerneef Street
Ceres
6835

Opening Hours

Monday 08:00 - 17:00
Tuesday 08:00 - 17:00
Wednesday 08:00 - 17:00
Thursday 08:00 - 17:00
Friday 08:00 - 16:00

Telephone

+27233155603

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when De Keur posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to De Keur:

Shortcuts

Share

Category