19/03/2026
Rooiwyn & Green Sigrettes met Christof van der Berg en Kate Rok skryf, deur musiek en poësie, die teer verhaal van ’n eerste liefde: ’n padkaart van ontwakende liefde, in poësie geskets met papier en pen, teen die agtergrond van die keiser se vervalle huis en die rivier wat net dromers kan sien. Maar al was sy sy heel mooiste storie, is die liefde vol illusies. Die skuitjie wag, vasgemaak aan die houtkruis, want die keiser is kaal en sy kleed vaal. Al wat hy vir haar het om te gee, is sy stukkende hart, ’n paar groen si*****te en ’n bietjie rooiwyn uit ’n halfgedrinkte boks.
Saterdag 25 April 2026
Clarens Golf Estate
20:00-21:30
R200 (Kaartjies by [https://tickets.tixsa.co.za/events/32919](https://tickets.tixsa.co.za/events/32919) of deur die skakel op ons profiel te koop)
Kapasiteit: 180
Verversings teen eie koste beskikbaar.