Real Life Roxie

Real Life Roxie Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Real Life Roxie, Food & Drink, George.

A weekend well spent brings a week of content! 🤍🤍🤍       ❤️
20/04/2025

A weekend well spent brings a week of content!

🤍🤍🤍

❤️

Saterdae is ons absolute gunsteling. Deur die week trotseer ons met liefde alles net om hierdie oomblik te mag sweef tus...
29/03/2025

Saterdae is ons absolute gunsteling. Deur die week trotseer ons met liefde alles net om hierdie oomblik te mag sweef tussen realiteit en veranwoordelikheid. Full disclosure: Vreeslike wond wat opgedoen is tydens die herstel van die blinding.

Ons het hierdie verrassing nou terdeë geniet! Liqueurs for days! Dankie Annelize en Breaking Bad Manie dat julle Posboom...
17/03/2025

Ons het hierdie verrassing nou terdeë geniet! Liqueurs for days! Dankie Annelize en Breaking Bad Manie dat julle Posboom se amazing geure met ons gedeel het. Julle is ‘n ware inspirasie!!!

Ons geniet ons gate uit op ons wegbreek by Dasklip in Heroldsbaai! Ons het al baie op die strand gelê en wonder HOE kom ...
17/03/2025

Ons geniet ons gate uit op ons wegbreek by Dasklip in Heroldsbaai! Ons het al baie op die strand gelê en wonder HOE kom mense hier uit teen hierdie gesellige heuweltjie….nou weet ons hoe on hier uit te kom en hoekom mense so lief is vir hierdie plek! Ons is werklik so geseënd om hierdie wonderlike lewe saam te kan ervaar.

Dankie Ronel en Sandra🩷

Orinoco flowing through Saturday 💙💙💙
01/03/2025

Orinoco flowing through Saturday 💙💙💙

As lelik lag ‘n siekte was…
01/03/2025

As lelik lag ‘n siekte was…

Februarie kan in een woord beskryf word as HECTIC. Hierdie naweek by   kon vir ons nie op ‘n beter tyd gekom het nie. Di...
21/02/2025

Februarie kan in een woord beskryf word as HECTIC. Hierdie naweek by kon vir ons nie op ‘n beter tyd gekom het nie. Die kalmte, natuur en vars plaaslug gee mens weer nuwe krag. Ons sien sommer klaar kans vir die uitdagings van die komende week en dis nou eers Vrydag. As jy links kyk sien jy uitgestrekte boorde. As jy regs kyk sien jy ‘n olyfboom laning waarvan mens nog net in storieboeke gelees het. Kyk jy op sien jy die mooiste berge en jy besef weer hoe klein jy is in hierdie groot, groot prentjie. Die afgelope ruk se rotresies word onmiddellik in perspektief geplaas en gereduseer tot ‘n paar vergete sandkorrels in jou uurglas. Ek beveel hierdie aan vir elkeen wat lus is om bietjie weg te breek, maar nogsteeds nie ‘n petsitter wil reël nie. Dis naby, dis sentraal en dis die ideale plek om jou bearings te kom vind.

Lame Valentines Post Alert:🤍Ek dank my sterre elke dag vir jou! 🤍
14/02/2025

Lame Valentines Post Alert:
🤍Ek dank my sterre elke dag vir jou! 🤍



Ek knyp myself nog elke dag.
04/02/2025

Ek knyp myself nog elke dag.

Falling asleep to the sound of the waves and waking up to endless ocean views—this Captain’s Cottage in Keurbooms is pur...
03/02/2025

Falling asleep to the sound of the waves and waking up to endless ocean views—this Captain’s Cottage in Keurbooms is pure bliss. Soft linens, fresh sea air, and the perfect escape from the everyday.

What a blessing om saam met jou die lewe te doen Renic van Rooyen-Du Toit.  So dankbaar vir die geleentheid om my beste ...
02/02/2025

What a blessing om saam met jou die lewe te doen Renic van Rooyen-Du Toit. So dankbaar vir die geleentheid om my beste lewe te kan leef. Ek skuld jou vir ewig. Hierdie is ons 15jr en 6maande celebration: To dodging bullits!

Vanaand braai ons by Stefan se huis in Hoekwil. Vir braai: Daar was baie elemente op die vuur en Stefan se braaisout, ko...
01/02/2025

Vanaand braai ons by Stefan se huis in Hoekwil.

Vir braai: Daar was baie elemente op die vuur en Stefan se braaisout, kole toe, het alles mooi deurgetrek. Toe Stefan se pa vra hoe ons, ons vleis geniet, wou ek amper huil van blydskap, want myne moet nog klop en Nikki s’n moet in ‘n kunsprojek gebruik kan word vir houtskool. Die feit dat ons vir onsself kon opskep was ‘n pluspunt, want hoe sou hulle kon raai hoe baie aartappelslaai ek wou hê? Hulle was ten alle tye in beheer van die kole en hulle het nie met gas gebraai nie. Daarom gee ons vir hulle ‘n 5.

Vir smaak: Stefan se eie sousie het alles perfek afgerond en die aartappels was ook op die vuur gemaak. Stefan se ma het self die deeg van die roosterkoeke geknie en dit kon mens proe. Die soet gereg was nie te soet nie en dit was ook nie op die tafel neergesit terwyl ons geëet het nie. Die koeksisters was ook op die vuur gemaak en hulle het tuisgemaakte roomys daarmee bedien. Daarom gee ons vir hulle vir smaak ‘n vyf.

Vir onthaal: Ons het onmiddellik welkom gevoel en ons het gekuier asof ons mekaar al lankal ken. Toe ons by die deur instap het ons dadelik ‘n verwelkomingsdrankie gekry en sommer dadelik die speletjie, ching chong cha, gespeel wat die ys gebreek het. Dis definitief’n speletjie wat ons weer gaan speel, want dit was so lekker en ons het heeltyd gewen. Hulle het ons nooit alleen gelos nie en hulle het gesorg dat ons glasies permanent vol is. Selfs toe die tyd min raak het hulle nogsteeds vriendelik met mekaar gepraat. Die tema het mooi reflekteer op die tafel en daarom gee ons vir hulle ‘n vyf.

Ek voel hulle is beslis kompetisie vir ons, want ons kan eintlik geen elemente gaar maak op die vuur nie. Dankie Van Wyks vir ‘n heerlike braai!!!

Address

George
6529

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Real Life Roxie posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category