Klein Vrijheid Landskaap

Klein Vrijheid Landskaap Klein Vrijheid dra ‘n spesiale betekenis. Dis vanuit ons van Kriel, wat in Duits klein beteken.

Die woord Vrijheid verwys na hierdie stukkie grond waar ek die voorreg het om naby aan die natuur te leef & te werk - ‘n plek waar ek ook geestelike vrede vind

21/06/2026

Happy Father’s Day.
To the fathers raising the next generation, the grandfathers who shaped the last one, and the mentors who helped along the way, thank you.
Strong families, strong farms, and strong traditions are built across generations.
Here’s to those who came before us, those leading today, and those still to come.

🐑 Happy Father’s Day from LANDSKAAP. 💙

Mis, stilte en my skapies. Die perfekte begin van 'n nuwe dag. 🤍🐑
08/05/2026

Mis, stilte en my skapies. Die perfekte begin van 'n nuwe dag. 🤍🐑

Lamtyd by Klein Vrijheid Landskaap Stoet is altyd ’n besondere tyd van nuwe lewe, min slaap en groot dankbaarheid. 🌿🐑Ter...
05/05/2026

Lamtyd by Klein Vrijheid Landskaap Stoet is altyd ’n besondere tyd van nuwe lewe, min slaap en groot dankbaarheid. 🌿🐑

Terwyl die son opkom oor die veld en klein lammetjies hul eerste tree gee, is daar ook klein “herdertjies” wat met groot opgewondenheid deel is van elke oomblik. Met modder op hul skoene en sagte hartjies vol liefde, help hulle waar hulle kan — van lammetjies oppas tot trots vertel hoeveel nuwes daar gebore is.

Dis in hierdie klein handjies en groot avonture waar plaasliefde gebore word. ’n Lewe van verantwoordelikheid, omgee en herinneringe wat vir altyd sal bly.

By Klein Vrijheid is lamtyd nie net ’n seisoen nie — dis waar geloof, familie en ‘n nuwe begin elke jaar saam blom. 🤍🐑✨

Klein Vrijheid Landskaap StoetDie Klein Vrijheid Landskaap Stoet het begin in 2023 toe ek die skaapboerdery by my man oo...
10/03/2026

Klein Vrijheid Landskaap Stoet

Die Klein Vrijheid Landskaap Stoet het begin in 2023 toe ek die skaapboerdery by my man oorgeneem het.
Wat begin het as ’n nuwe verantwoordelikheid, het vinnig ontwikkel in ’n passie vir Landskape en stoetboerdery.

In 2024 het ek my eerste stoetooie aangekoop by Oom Bennie du Plessis se Maksi Merino Landskaap veiling, en daarmee is Klein Vrijheid Landskaap Stoet amptelik gestig.

Die naam Klein Vrijheid dra ’n spesiale betekenis. Dit spruit uit ons van Kriel, wat in Duits “klein” beteken. Die woord Vrijheid verwys na hierdie stukkie grond waar ek die voorreg het om naby aan die natuur te leef en te werk – ’n plek waar ek ook geestelike vrede vind, naby aan die Vader se voete.

Ons visie met Klein Vrijheid is om kwaliteit Landskape te teel met goeie genetika, funksionaliteit en aanpasbaarheid, terwyl ons die waardes van nederigheid, sorg vir die natuur en dankbaarheid vir die voorreg van boer uitleef.

Address

Heilbron
9650

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Klein Vrijheid Landskaap posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category