31/08/2026
Goedvoelstorie 1 van 25 Oktober 2025.
Sowat 2 maande voor Charline se aankoms by Ecohealth, het ek begin om saam met parasiete die onderwerp swamme bestudeer.
Dis 'n verstommende onderwerp.
Dit is nie 'n plant nie, dis ook 'n dier nie. Die mikroskopiese organisme het 'n sellulose as 'n selwand nie, maar chitien soos 'n bosluis.
Wat beteken, antibiotika kan hom nie doodmaak nie.
Maar ek sal nou oor tyd skrywes plaas oor die onderwerp. Vele mense met long en asemhalingsprobleme, naas parasiete en wurms wat gate in jou longe vreet, is daar hierdie mikroskopiese organismes.
Hierdie is een suksesverhaal van heelpaar wat ek oor tyd sal plaas.
Lees die aangrypende verhaal van siektes en seer, van asemhaling en dood en totale verlies van lewenskrag en energie.
Dit was 'n lang pad, maar met genade van Bo, (dankbaar) kon ons die oorsaak van die probleem vind en dit aanspreek. Dankbaar dat Ecohealth fokus op n mens se immuunstelsel, en maak nie staat op pille om mens gesond te maak nie.
Hi Pierre
Dis Charline Swanepoel hier. Die Ierse-Afrikaanse dame.
Dit het bietjie langer gevat om my ons storie te skryf.
Ek wou net die volledige storie aan jou gee. Ek sluit voor muf, gedurende muf en my huidige foto in as bewys. Ons kan jou regtig nie genoeg bedank vir jou hart van diens aan jou medemens nie. Mag God jou ryklik seën!
Vriendelike groete, lekker naweek en sien jou volgende week DV .
Charline, Rico en kinders.
Ons verhaal met onsienbare muf/alge in ons huurhuis
Ons glo vas ons liggame is 'n tempel van God en dit is ons plig om ons liggame op te pas. Ons was 'n gesonde familie en het elke maaltyd 'n keuse gemaak om ons liggame te voed en nie te vergiftig nie, soos Ann Wigmore gesê het.
Met kosse so na as moontlik aan die natuur, niks geprosesseerde kosse, niks suiker te gebruik nie.
“Sourdough,” vars gedrukte groente en vrugtesap, “bonebroth” was elke dag vars in ons huis. Ons het geen toksiene of farmaseutiese produkte of medisyne in of om ons lewens gehad of gebruik nie.
Ons het elke dag 5,3 km gestap in ons klein dorpie in Ierland. Ons was die familie bekend “That family that walked the walk and talked the talk".
Met my en my man se groot droom om 'n “homestead” in Ierland te begin.
Het ons ons huis verkoop en net gewag vir die papierwerk om afgehandel te word. Toe gebeur Covid en die hele Ierland asook die wêreld word toegesluit.
Met die gevolg dat die verkopers toe gedwing was om nie meer hulle plot te verkoop nie. Ons het gestrand geraak in 'n huurhuis wat vir ons net ‘n tydelike opsie was.
Dit was 'n pragtige plek en ons was omring deur die natuur. Dit was ook somer gewees en daar was geen tekens van enige foute of vog in die huis nie.
Binne 2 tot 3 maande in die huurhuis, begin ek vreemde onnatuurlike gedrag.
Ek was vergeetagtig en het ook kort daarna erge hoofpyne ontwikkel. Ek kon later werklik nie meer enige volledige sinne sê of aan enige gesprek deelneem nie. Want die woorde wou net nie uit my mond en brein kom nie.
Ons het dit maar ‘n grap gemaak as gesin.
Want dit was vir die kinders baie snaaks as ma so na haar woorde hap. Die hoofpyne of kopsere het erger geword en meer intens begin pla. Dit het in verskriklike erge migraine begin verander wat ook dae lank kloppend aangehou het.
Dit was vir my persoonlik verskriklik erg dat ek in n donker kamer moes bly vir 2 dae, sodat dit kan weggaan en ek weer kan funksioneer.
Ek het dokter toe gegaan. Hul het bloed geneem en analiseer.
Dit het gewys my lewer sukkel n bietjie maar, dat daar ek vele inflammasie merkers het wat hoog is. Ek is huistoe gestuur en daar is bevind dat daar nie rêrig veel fout is nie. Ek sal OK wees en iewers herstel.
Ek het ongelooflike simptome van moegheid begin ervaar. Ongelooflike diepe moegheid. Ek kon glad nie wakker bly nie en nog minder kon ek in die oggende vir die dag opkom. Ek het vele kere in die teenwoordigheid van my gesin aan die slaap geraak wyl ons nog besig was met ‘n gesprek.
Moegheid of “fatigue” het my lewe oorgeneem.
Vreemd genoeg, ek het nie in die aande aan die slaap geraak nie en was slaaploos. Slaap het my heeltemal ontvlug en dan daarna kon ek myself eers 12 uur die middag met moeite uit die bed uit sleep.
In Ierland het ek my kinders tuis onderrig. My moegheid en werklike “fatigue” was so erg, dat ek my kinders vanuit my bed moes onderrig.
Want ek kon glad nie meer gewoon opstaan en sorg of normaal funksioneer nie.
Die kilogramme het, soos die foto’s vir jou sal wys, om my lyf begin saampak. Veral my gesig wat ronder geword het en my om my buik. Alle kosse het my opgeblaas sodat ek 7 maande swanger gelyk het.
Om gesond te eet en te oefen, het niks gehelp nie.
Vroeg in die oggende was die ergste. Want my lyf was so geswel van waterretensie deur my hele lyf, so erg dat ek selfs nie my oë met gemak kon oopmaak nie. My gewrigte, my hele lyf was vol inflammasie en het erg gepyn. My ruggraat het naderhand begin voel dat dit met sement aanmekaar gesit is van die spasma en die pyne wat ek ervaar het. Dieselfde het vir my nek en skouers gegeld. Dit het erg gebrand.
Ons hele gesin se velle het begin om geïrriteerd te raak.
Ons almal het begin jeuk en krap vir geen goeie rede nie. My hare het in massas begin uitval. Dit was vir my erg en traumaties. Want ek is siek onderliggend en dit word erger.
Ek was weereens dokter toe. Bloed getrek.
Skildklier was volgens die toetse problematies en daar was tekens dat my lewer tekens dat dit nie behoorlik funksioneer nie.
Ek het spesialis wat in sportbeserings spesialiseer gaan sien vir die pyne en inflammasie en ook vir behandeling. Ons het ook ‘n Natuurlike Gesondheidspraktisyn gaan besoek om die lewer te behandel met kruie.
Dit moet ek erken, het baie gehelp, behalwe dat die vergeetagtigheid, die hare wat uitval, en die lyfpyne nie wou ophou nie.
Ek het “ pins and needles” in my hande ontwikkel wat ongelooflik gebrand het dag en nag.
My palm het soos vuur gebrand. Die area van my lewer in my buik was seer en opgeblase. My galblaas het erge afskeiding van geel gal begin uitskei. Ek het in die proses ook ‘n voedselintolleransie teen meeste voedselsoorte ontwikkel.
Die ergste ervaring wat die sensitiwiteit en totale intoleransie te harde geluide. Ek wou van my kop af raak en hoogs geïrriteerd met alles.
Ons het as ‘n gesin baie gesukkel hiermee. Dit was werklik ‘n oorlog.
Ons moes die pad alleen stap want min mense het enige benul watter rol klamheid, swamme en muf op jou algemene gesondheid het. Die kinders het begin siek word. Sommer so uit die bloute. Met geen rede waaroor en waarvoor nie.
My seun het geen groei getoon of enigsins gewig aangesit nie. Ongeag die meer kosse wat ons hom gevoer het. Hy het so begin vermaer, dat sy ribbes deur sy vel gewys het. My meisiekind daarenteen, het skielik drasties gewig opgetel en het net soos ek, ‘n ronde gesig ontwikkel en die lyfie het ook begin om waterretensie op te bou.
Met tyd het my man en kinders ook erge simptome begin toon van vergeetagtigheid. My toestand het bly vererger. My hele lyf het gevoel of ek ‘n erge elektriese skok opgedoen het. Aanraking van my gesin het soos elektriese skokke gevoel. My ore het permanent gesuis en gevoel of my kop onder iets vasgedruk word.
Ek, my man en ons 2 klein kinders het begin hoes vir geen rede nie.
Ongeag, niemand was verkouerig sodoende ‘n rede te hê daarvoor nie. Dit wou ook glad nie opklaar nie. Komende van n gesonde gesin wat doelbewus gesond leef, na ‘n gesin met erge oorinfeksies, verkoue simptome gepaardgaande met ‘n horribale hoes wat jou laat snak na jou asem.
En net mooi niks het gehelp nie. Nie enige dokter, natuurlike praktisyns, nie enige antwoorde in enige toeste nie, nie bloedtoetse nie, besoeke aan soutgrotte was nutteloos. Geen detoks program, geen sauna, geen rooiligterapie nie.
Ons het orals antwoorde gesoek maar nêrens gevind nie.
Toe die Ierse winter toeslaan, en vier kleure muf asook klammigheid/vog deur die mure van ons kamer aangeslaan, het ons skielik besef wat aangaan. Daar was ook twee lekke agter twee verskillende mure net in ons kamer gewees. Wat die swamme en gisse en muf erg laat groei het.
So ook op ander plekke onder andere ons badkamer se mure.
Ons het dadelik begin oplees en navors oor die effek van swamme en gisse, of muf op ons liggame. Ons was geskok. Skielik het baie dinge van ons gesondheid oor die laaste 2-3 jaar vir ons begin sin maak.
Ons moes vir jare in ‘n huis woon het klammigheid in die huise se mure en dakke absorbeer. Ongeag hepa-filters wat dag in en nag uitgeloop het vir ons longe se onthalwe. Die eienaar het geweier om die huis reg te maak.
Met die beperkinge weens Covid wat nog aan die gang was, mag niemand nêrens heen getrek het nie. En in Ierland was daar ook 'n behuisingskrisis. Waar geen huise beskikbaar was vir huur nie.
Ons het raad orals gevra by departemente, by die Huurraad.
By maatskappye wat spesialiseer of swamme en muf. In Ierland en ook elders oorsee. Selfs ander huise gesoek maar ons was gestrand in daai siek huis.
Na 3 lange jare kon ons eers uittrek na 'n ander huurhuis toe. Ongelukkig binne 2 dae het 3 van ons so siek te word dat ek geweet het iets is fout. Want ons simptome was baie erger as in die ander huurhuis. Ek het die huis begin omkeer. Ek het vermoed dat in hierdie huis ook muf was.
Ek was reg. Die klammigheid en swamme en alge en muf in hierdie huis was nog erger as in die vorige huis.
Die was ‘n pikswart klam en duidelik ‘n toksiese muf. Dis in die huis waar ek glad nie kon funksioneer, of ooit gesond gevoel het nie.
Weereens het ons die eienaar genader en dit was verskonings op verskonings en bewerings dat daar niks fout met die huis nie. Selfs na foto’s wat die swart klam alge op die mure bewys.
In hierdie huis het my persoonlike gesondheid die grootste knou gekry.
Hier, met die blootstelling aan die alge en swamme wat ek weet ook in miljoene mikroskopies in die huis ronddryf, het ek ervarings gekry wat ek net kan beskrywe as pyne wat voel soos ‘n mes wat diep in my kop insteek.
Ek het migraine gekry, onbeskryflik, wat my twee tot drie dae in ‘n donker kamer ingedwing het.
Totaal disfunksioneel. Ek het net gelê. Kon nie eet nie. Niks drink nie. Kon nie praat nie. En op ‘n kol, toe ek myself in die spieël sien, het ek vas geglo dat ek ‘n beroerte gehad het.
Ons het binne dae vanaf die 2de huurhuis se intrek, die grootste besluit ooit gemaak.
‘n Stap in die geloof. Ons het besluit om ons lewens in Ierland heeltemal op te pak weens ons gesondheidstoestande. Die afsterwe van my pa het ons ook laat besef my 80-jarige moeder het nou hulp nodig.
Binne 2 maande na ons verhuising na SA, is ek met erge duiseligheid en 'n erge kopseer simptome verplig was om weer dokter toe te gaan vir antwoorde. En dit is net hier waar ons gesinslewe inmekaar getuimel het.
Ek is gediagnoseer met maag en longkanker.
Ek het vir ‘n tweede opinie gegaan. Die resultate was dieselfde. Beide medici het bevestig dat die groot faktor en katalisator alg en swamme was wat ek heeldag moes inasem.
Ek was meer kwesbaar as my ander lede van my gesin.
My siektetoestand het ook meegebring dat ek hiermee ‘n ligte beroerte opgedoen het, altans al die simptome dui daarop.
Die diagnose was ‘n skok. Absoluut vreesaanjaend. My lyf is duidelik baie siek en vol ongure swamme en protiste, bakterie en ander ongure organismes oorgeneem.
Ons het net een uitweg gehad. Ons moet dringend antwoorde iewers soek en oplees . Ons moes natuurlike maniere vind om die kanker wat nou in my liggaam is te beveg.
In byna elke soektog het die naam Pierre at Ecohealth opgeduik. Ons het ook ander behandeling by 'n funksionele dokter ontvang maar was nie gemaklik met haar prosesse nie. Ons het daarna net op behandeling by Pierre van Ecohealth besluit.
Vandat ek die eerste dag by Pierre ingestap het, het ek tuis gevoel.
Die berg wat op my skouers gedruk het, het hy net gewoon laat verdwyn. Die staf is wonderlik, vol glimlagte en professionalisme. Alles was so mooi verduidelik. Al die hoekoms, die waaroms en al my vrae was beantwoord.
Pierre soek die oorsaak van my siektetoestand.
Die simptome het ‘n rede en die oorsake moet aangespreek word en uitgeskakel word. Pierre beklemtoon dat dit nie hy is nie, maar dat dit my immuunstelsel is wat met voeding geaktiveer moet word om die dodelike swamme en giste wat so hardnekkig my lewe oorneem, moet vernietig en doodmaak.
Jy sal hom bly hoor sê, dit is minerale wat jou selle se enjin moet aktiveer met koper, water suurstof en magnesium.
As jou selle energie het, verrig jou liggaam self wonderwerke.
Ecohealth het oor die 5 maande wat ons besig is, my familie geword. Ek is nou vyf maande met Ecohealth se behandeling besig.
Pierre beklemtoon dat hy nie ‘n wonderwerker is nie. Dat hy ook nie towerstokkies swaai nie want daar bestaan nie sulke stokkies nie, en ook nie sulke medikasie nie.
My bloed se onlangse toetse het byna ‘n 80% verbetering getoon. Ek begin weer lewe en die mens wat ek ken en wil wees, kom lewe weer terug in my hele menswees, vrouwees en wese. Ek het 15kg verloor. Ek noem dit 15kg ongure inflammasie deur na Ecohealth te luister.
Ek besef vandag ten duurste, dat ons persoonlike gesondheid ‘n geskenk is. ‘n Skatkis wat ons self moet versorg en oppas.
Ek het reeds van dag 1 my dieët verander soos deur Pierre en Ecohealth se terapeute aanbeveel.
Ek drink die voorgeskrewe produkte sonder verskonings of uitsondering. Deur konstant te wees, sien mens resultate. Ek beweeg my lyf daagliks met oefening, met trampolien spring en ook aktiewe tuinwerk.
Ek het hierdie aspek van Pierre duidelik hard en duidelik geleer, soos aan my verduidelik.
Jou limfvatstelsel se belangrikheid. Waar jou immuunselle vervaardig in word. Jy mag nie ongure swamme, gisse, wurms en metaboliese afval in jou limf ooit versamel nie. Dis waar meeste vroue se moeilikheid met byna elke siektetoestand begin. Hul lewers en limfvate wat hul tweede belangrike dreineringstelsel is.
Vandag, na my ervaring en dure ondervindinge
Die vrees dat my kinders en my familie my kan verloor, maak ek 'n punt daarvan om soveel as moontlik te leer van natuurlike gesondheid en my verantwoordelikheid daarin.
Ek het ek al baie kennis opgedoen by Pierre, net om te weet hoe min ek werklik weet. Kennis is mag, nee, soos Pierre sê Kennis in Aksie in Mag. En hierdie is duidelik, en wanneer jy werklik van beter weet, maak jy gesonde besluite.
In die proses was daar aan my kant baie persoonlike veroordeling.
Ek moes ook leer dat ek myself moet vergewe. Daar was vele faktore en omstandighede buite mens se beheer wat mens so beïnvloed het.
Is die keuse om gesond te wees en gesond te lewe 'n maklike pad om te stap?
Nee beslis nie.
Is dit die moeite werd om hard te werk daaraan?
Absoluut.
Het ek nog 'n pad om te stap tot volkome herstel?
Absoluut, gesond word is n maraton, nie n 100m resies van sekondes nie. Dit is ook nie een van minute en ure nie. Miskien meer eerder een van weke en maande, selfs jare om te herstel.
Om gesond te lewe is hard. Om om siek te voel is baie harder.
Ons word elke dag gedwing om die hard wat ons wil hê, self te kies. Die harde pad is nie maklik nie. Die maklike pad word net bitter hard op die einde.
Ek is die Here so dankbaar ek het by Pierre ingestap 5 maande terug vir hulp.
Ons het met baie meer as antwoorde daar uitgestap. Ons het met behandeling en geloof en vertroue die wêreld weer aangepak. Ons het met nuwe hoop daar uitgestap. Ons het met nuwe ware vriende daar uitgestap, wat net een belang het, en dit is om my en ander gesond te kry. Net dit. Niks anders nie.
God het ons liggame so wonderlik geskape.
Pierre leer ons dat die liggaam wil homself herstel, maar dan moet jy die regte besluite neem. Die regte kos eet. Jy moet bereid wees om ter wille van jouself en jou gesin, sekere goed op te offer.
Ons moet leer om te luister na die as ons liggame met ons praat En vir ons met pyne en skete fluister, sodat ons nie hoef paniek later hoef te trek wanneer jou liggaam nie meer jou onkunde kan verdra nie en jy hom dwing om net in te gee nie.
Ons moet almal elke dag hard werk vir ons gesondheid, omdat ons ons liggame liefhet. Dit verg aktiewe keuses oor die aspekte in ons lewe wat ons kan beheer.
Toe Pierre my vra om my storie te vertel, was ek huiwerig.
Omdat ons 'n private gesin is en dit so verkies. Maar deur stil te bly, baat niemand hierby en by my onnodige swaarkry en lyding nie. My moontlike pynlike wete dat my familie my dalk kan verloor.
Kennis het dit aangespreek. Werklike kennis.
Neem kennis van klammigheid en swamme in jul huise. Badkamers, makers, dakke wat lek, toilette. Dit blyk dat min mense kennis hiervan dra. Ons families en kinders is die moeite werd. Om hieroor uit te praat is ‘n ware gebed dat ons verhaal ander mense, en diere baie drama, hartseer en pyn gespaar kan word.
Ek wil jul graag bewus maak oor swamme en muf, oor alge.
Uit die diepte van my hart is ons ewig dankbaar aan jou Pierre, dankie vir jou hart van omgee om ander te help, dankie vir jou visie van jou kliniek en ook duisende dankies aan jou wonderlike staf vir elke druk, elke bemoediging, elke behandeling en glimlag!
God se rykste seën bid ons julle toe!
Foto 1 voor sy siek geword.
Foto 2 en 3 en 4, soos sy in die storie beskrywe
Laaste foto, hier is sy weer vandag, die week nogal, weer vol glimlagte en sprankel.