19/10/2026
Pierre se skrywe oor:
Goedvoelstorie 1 van 12 Oktober, 2026.
Sarel Bester
Hierdie storie is, soos die Engelsman sê, “Very close to home”, want dit het te doen met een van my hartsvriende al baie jare.
Kan die jare nie onthou nie. Maar ons het op sy plaas oorgebly naby Vryburg, en ons het vet skaaprib geëet en groot vuur gemaak. Ons het al sy skaap opgeëet.
Vriend Sarel het drie stories. Daar is baie ander, maar 3 van gesondheid.
1. Covid
Toe Covid kom, word my vriend siek en is hy Vryburg toe om in intensief opgeneem te word. Daar is hy uiteindelik op suurstof geplaas en ek weet nie wat alles nie.
Behalwe dat die boodskappe na my toe deurkom dat my vriend drasties agteruit gaan en sy toestand versleg. Hy word nie beter nie.
Nina, sy vrou is ‘n apteker.
Kan nie presies onthou wat familie kon en nie kon doen nie, maar alles was gemasker en wie weet wat nog als. Niks mag die hospitaal in of uit gaan nie.
Want, kommerwekkend, wat hul ook al vir my vriend gegee het, het nie gehelp nie. Hy het net verswak. So vra Nina of ons Ecohealth se produkte kan oorweeg. Ek kan nie onthou of Sarel dit gevra het nie. Maak nie saak nie. Nina het die onheilige opdrag om dit in te smokkel, en te sorg dat hy dit inkry. Al is hy op suurstof.
So word die goed oornag gestuur, Viral Buster, Fulvicsuur, kolostrum, hippie Shake en, probiotika. Daar was nog goed.
Ons was baie bekommerd want Sarel word nie beter nie.
So voer Nina hom die produkte skelm en, daar begin die verbetering. Hul kan my nou korrigeer, maar dag 3 nadat Nina hom die smokkelgoed ingegee het, begin Sarel so te herstel dat hul hom ontslaan.
Ek verbeel my, dat daar kommentaar was dat hul nie verstaan hoe en waarom hy so vinnige kon herstel nie?
Storie 2
Sarel is ‘n beesboer wat wyd in die distrik boer.
Hy moet bees wyd besoek. En die dag, was die gras so hoog en het dit die sade die verkoeler van die Toyota Landcruiser se verkoeler verstop en, met die baie versigtige oopdraai van die verkoeler, was die druk so groot, die hele watermassa ontplof in Sarel se gesig en sy bors en verbrand hom heeltemal.
Dis net blase en vel wat verbrand het. Vryburg toe. Hospitaal toe.
Veloorplantings en alle soorte van snaakse dinge. ‘n Tweede veloorplanting vind plaas en weereens word die spulletjie onguur en vrot.
Vriend Sarel se bors is so breed soos die Kalahari self.
Vol hare ook nog en hier sit hy, met ‘n verbrande bors, en gesig, en vrot smetterige vel wat geen rigting toe gaan behalwe agteruit nie.
Daar en dan op 'n vlitende oomblik, ruk en pluk hy, tot sy bruid se ontsteltenis, als af en uit en hy sê, ek soek my vriend Pierre se raad vir brandwonde.
Dokters is ontsteld, susters en verpleegpersoneel is ontstig en ontsteld en sê, als gaan septies word en hy gaan wreed by die huis sterf.
As jy jouself uitboek, mag jy nie terug nie. Dink die gebeurtenis, as ek dit reg onthou, was in die Bloemfonteinse Hospitaal na klomp geld. Hoe dit ook al sy, vriend Sarel het my heuning en resep vir brandwonde en hy is huistoe. Nina is ontsteld en ontstig maar die rigting is noord, huistoe. Plaas toe. Ek praat weer onder korreksie, dink binne twee weke, dalk 3, was die brandwonde byna perfek gesond. Hy kan weer voluit boer, en hy maak ook so.
Storie 3.
Ek skrywe die storie onlangs oor hoe toksies en giftig groente is. En dat die menslike liggaam NIE sellulose kan afbreek nie.
Julle het almal die storie onder oë gehad.
Wat Sarel diep bedink het die goed wat ek, sy vriend kwytraak.
So moet hy weer 'n tyd terug hospitaal toe. Weer Bloemfontein waar hulle alles getoets het.Sarel het ’n vervette en vergrote lewer, skildklierprobleme, insulienweerstandigheid, en vriend Sarel se oë het begin ingee. Hy kan nie sien nie.
Sarel was ook ‘n diabeet en moes hom daagliks insulien spuit.
‘n Handvol pille vir bloeddruk, kolesterol, suiker, en ek is onseker wat nog. Maar Sarel, in die hospitaal ondervind ‘n diepe belewenis oor die dat alles in sy liggaam so agteruitgaan.
Alles, wat hom gesond en lewend moet hou, is besig om agteruit te gaan en veroorsaak verskeie inflammatoriese en metaboliese siektetoestande. ‘n Dieetkundige besoek hom in die hospitaal, en die dieet het wel sy suikervlakke verlaag, maar geen gewigsverlies nie en, hy moes nog steeds sy kroniese insulien en pille gebruik.
Nina, vertrek toe na hul kinders in Saudi-Arabië vir twee maande.
1. Sarel begin net vleis en eiers te eet. Maak alles in botter gaar.
2. Binne twee weke stabiliseer sy suiker sodanig, dat hy ophou om insulien te spuit en ook die Glucophage te drink.
3. Hy drink ook net sy eie plaas se wonderlike boorgatwater, en, Sarel begin om gewig te verloor. Hy het reeds tussen 18-20 kg verloor en is vir vele mense onherkenbaar.
4. Hy het al by tye 24-uur gevas, en kos dit ook al 36 uur regkry.
5. Eet sy eie hoenders se organiese eiers. Eet nie meer braaivleis nie, alhoewel hy mag, en kook sy vleis op met botter en goeie sout soos Baja, Himalalya, sout met gehalte biominerale is.
6. Drink water met suurlemoensap in. Sarel wil nog ‘n paar kg afskud, en doen maar vir nou eers wat hy doen, wyl hy werklik ander proteïen soos wild, avokado, goeie kaas en room ook mag gebruik.
Ek het genoem dat Sarel diepe nabetragting in die hospitaal oor homself gedoen het. Oor alles wat so agteruitgaan in sy liggaam en sy ongesonde toestand. En, dat as hy nie iets omtrent die leefstyl van hom, wat niks vreemds was nie, gaan doen nie, hy oud, blind en ‘n ‘n aaklige dood gaan sterwe en vir Nina net ‘n las en probleem gaan wees. Sy kinders hartseer sal maak.
‘n Diepe geloofsgesprek het in hom begin. Die pad kan nie meer so loop nie. Dit stuur op 'n ramp en afgrond af van hartseer en verlies vir diegene vir wie hy leef en baie lief voor is. En, hy is ook ‘n trotse oupa. En die enigste antwoord wat Sarel kon kry, van almal, in sy eie woorde, is “Dankie Pierre, wat my gesondheid aanbetref, het God het dit op my hart kom lê dat ek na my liggaam moet kyk. Dit is die tempel van die Here...”
“Moet jou ook sê dit is bitter moeilik en n mens kan dit net in geloof doen anders is dit onmoontlik. Alles in die winkels is verkeerd om te eet....”
Slotsom
Dit bring my vir ‘n vlietende oomblik by myself uit.
1. By dit wat ek skryf, predik, beweer en doen.”
2. Daar rus ‘n groot verantwoordelikheid op my. En ek moet besef wat ek dink en doen en skryf. Hoe dit mense wat my ken en glo, se harte, lewens en opinies raak. En hul volg dit.
3. En, ek wil niemand ooit met wie en wat ek is faal, of nie die waarheid predik nie.
“Die waarheid..”, so skrywe die wysgeer, “die maak jou vry...”
So leer ek van my vriende, dat dit slegs die waarheid is wat jou gesond maak.
Dit, en net dit, en niks anders nie. En, sou ek nie die waarheid na die beste van my vermoë skryf, praat en besig nie, mag ek dalk ‘n onskuldige mens en dier versaak...
Dit sal bitter moeilik dan wees om myself te vergewe.
Gaan jou goed my vriend, trots op jou Sarel Bester
Call now to connect with business.