18/06/2026
🌄 DIE PAD NA HERSTEL | R43 Worcester – Villiersdorp
Na weke van opoffering, koste en ompaaie bring die herstel van die R43 groot dankbaarheid en vreugde. Die pad, beskadig tydens die verwoestende vloed van 11 Mei 2026 wat die Breëriviervallei en ander dele van die land getref het, staan nou op die punt om weer oop te gaan.
✨ Goeienuus: Die pad behoort môre, Vrydag 19 Junie, teen voormiddag weer vir verkeer oop te wees! Dankie vir almal betrokke wat die spoedige herstel moontlik gemaak het!
Ons d**k terselfdertyd aan ander gemeenskappe wat steeds deur die vloede geraak word – mag hul paaie en lewens gou herstel.