De Rustique Self Catering Accommodation

De Rustique Self Catering Accommodation De Rustique offers modern rustic self catering units in a tranquil environment and with our warm hospitality you will feel at home.

14/08/2022

Nadat ’n skip gesink het, het die enigste oorlewende van die bemanningslede op ’n afgeleë eiland uitgespoel. Sy aanvanklike vreugde dat hy oorleef het, het egter gou in skok en vrees verander toe hy besef dat hy alleen op ’n onbewoonde eiland vasgevang sit met min natuurlike voedsel. Met groot moeite het die matroos vir hom ’n primitiewe hut gebou en elke dag tot God gebid vir ’n uitkoms om van die eiland af gered te word.

Al het verskeie skepe in die vêrte by die eiland verbygevaar, was die matroos se wanhopige pogings om hulle aandag te trek tevergeefs.

Eendag, toe die matroos rasend van honger op pad terug na sy hut is, sien hy dat sy hut aan die brand geraak het. Sy sakspieëltjie wat in die son gelê het, moes ’n vonk veroorsaak het. In trane het die matroos wanhopig na God geroep en desperaat gevra waarom Hy dit toegelaat het dat hy oorleef as hy van honger op die eiland gaan sterf?

Ure later het die matroos mismoedig op ’n heuwel gesit en in die vêrte uitgestaar toe hy sien hoe ’n groot skip nader na die eiland vaar, anker gooi en ’n roeibootjie neerlaat om in die rigting van die eiland te roei. Hy het vinnig nader gehardloop. “Hoe op aarde het julle geweet hier is iemand op die eiland?” het hy gevra toe die bemanningslede uit die roeibootjie klim. Hulle het geglimlag: “Ons het jou rookseine gesien!”

God is in staat om ’n slegte situasie in ’n regte situasie om te draai. Jou “afgebrande huis” kan dus jou grootste deurbraak word. Luister maar na die Psalmdigter se woorde in Psalm 68:20-21: “Ons wil die Here prys, Hy dra ons elke dag. Dit is God wat ons red. Hy is ons God, die God wat ons altyd help.” (Die Bybel vir Almal)

God is ons Redder. Hy kan jou uit jou finansiële krisis red. Hy kan ’n gebroke verhouding herstel. En Hy kan ’n krisis in ’n geleentheid om te groei omskep. God kan jou gesondmaak, want Hy is ons Geneesheer. Gaan jy vertrou dat Hy in beheer is van elke situasie – selfs al verstaan jy nie dadelik hoekom dinge in jou lewe gebeur nie?

Here my God, baie dankie dat U enige slegte situasie in ’n goeie situasie kan omdraai. Help my om nooit mismoedig te word nie, maar om my oë te alle tye op U te hou. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

07/08/2022

'n Klein straat seuntjie staan op 'n bitter koue dag op 'n straathoek en koerante verkoop. Dit was so koud dat hy nie eers regtig probeer het om koerante te verkoop nie.

Hy vra toe vir 'n polisieman wat verby loop; "Meneer weet jy dalk waar kan 'n arm seuntjie 'n warm slaapplekkie kry vir die nag? U sien, ek slaap altyd hier om die hoek in die gangetjie maar dit is bitter koud daar en 'n warm slaapplekkie sal darm lekker wees".

Die polisieman sê toe vir hom; "Net af in die straat is 'n groot wit huis, klop aan die deur en wanneer hulle oopmaak, sê net Johannes 3:16 en hulle sal jou inlaat".

Hy gaan klop aan die deur en 'n ou dame maak die deur oop en hy sê; "Joh 3:16" en die ou dame nooi hom binne. Sy laat hom toe in 'n groot ou rystoel sit, regvoor die kaggel. Die seun d**k by homself; Joh 3:16.....ek verstaan dit nie, maar dit maak 'n koue seuntjie warm.

Later vra sy of hy honger is en hy antwoord; "Net 'n bietjie, ek het net vir twee dae nie geëet nie" en sy neem hom kombuis toe en laat hom eet na hartelus aan die kos op die tafel. Hy d**k toe, Joh 3:16 ek verstaan nie maar dit maak 'n honger seuntjie se magie vol.

Sy tap toe vir hom 'n bad warmwater en terwyl hy lekker in die bad lê d**k hy by homself; Joh 3:16....ek verstaan nie maar dit maak 'n vuil seuntjie lekker skoon. Sy neem hom toe kamer toe en sit hom in die groot ou verebed tussen die warm komberse. Hy d**k toe: Joh 3:16 ek verstaan nie maar dit laat 'n arm seuntjie warm slaap.

Die volgende oggend het sy vir hom heerlike ontbyt gegee en hom weer in die rystoel laat sit en gevra; "Verstaan jy Joh3:16?" Sy maak toe die bybel oop by Joh 3:16 en vertel vir hom van JESUS en net daar gee hy sy hart vir JESUS en d**k by homself; ek verstaan nie, maar dit laat 'n arm seuntjie goed voel om te weet dat Jesus my liefhet.

Ek verstaan dit ook nie, dat GOD gewillig was om SY eniggebore SEUN gestuur het om vir my te sterf en dat JESUS ingestem het daartoe. Ek verstaan nie die VADER en ook die engele se hartseer om JESUS se leiding en sterwe aan die kruis te aanskou nie. Ek verstaan nie JESUS se intense liefde vir my wat JESUS aan die kruis gehou het tot die einde toe nie. Ek verstaan dit nie maar dit alles maak die lewe die moeite werd, ongeag wat oor jou pad kom.

Want so lief het GOD die wêreld gehad, dat HY SY eniggebore SEUN gegee het, sodat elkeen wat in hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Johannes 3:16

14/03/2019
23/02/2017
21/11/2016

Address

Plot 205 Ianstraat
Klerksdorp
WILKOPPIES

Telephone

0828547373

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when De Rustique Self Catering Accommodation posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to De Rustique Self Catering Accommodation:

Share