16/10/2024
NUUS VANAF N RAADSLID:
Die groot lek op die hoof pyplyn langs Roots op MC Roode is verlede week 100% herstel, toe daar nie water was nie.
Ek ontvang egter vanoggend vele klagtes van min water/swak waterdruk.
Daar is weer 'n groot lek op die hooflyn by De Land. Die Munisipale loodgieter is bewus daarvan en sal vandag nog ondersoek gaan instel.
Onthou om asb steeds eers self enige probleme by die Munisipaliteit aan te meld.
Die Munisipale landlyne werk glad nie, behalwe die volgende nr:
018 1000 105.
Die probleem word dan deur geradio na die relevante Munisipale departement.