Xamarin

Xamarin Accommodation, Camp sites and a wedding venue in Lambert's Bay

Farm Accommodation, Seafront Accommodation, Wedding venue, Functions, Restaurant, Xamarin Country Club, Sir Lambert Wine

Sandveld Golf dag by Xamarin Country Club
20/09/2025

Sandveld Golf dag by Xamarin Country Club

Enjoy the videos and music you love, upload original content, and share it all with friends, family, and the world on YouTube.

Wees asb versigtig vir die SCAM!"Kolonel Pieter van Zyl" het my gekontak ivm akkommodasie vir 8 SAPD lede vir spanbou . ...
13/09/2023

Wees asb versigtig vir die SCAM!

"Kolonel Pieter van Zyl" het my gekontak ivm akkommodasie vir 8 SAPD lede vir spanbou . Hulle wou 10 aande by ons kom bly.

Pieter het baie vriendelik en bedagsaam voorgekom. Hy het sy mags nr en ID nommer gestuur. Na vele gesprekke wat ons telefonies gehad het, het hy gevra of ek asb vir hulle inkopies sal gaan doen omdat hulle eers laat uit die Kaap kan vertrek. Ek het gesê dit is reg omdat ek dit al in die verlede vir gaste gedoen het. Hy het gevra dat ek hom asb sal kontak as ek in die winkel is. Die inkopies was genoeg vir 10 volwassenes vir 'n lekker kuiertjie.

Hy het gesê hulle sukkel vreeslik met hul seine en kan nie ry voordat dit uitgeklaar word nie en dat hulle nou 'n vergadering gehad het en dat hulle besluit het die beste opsie is om vir almal persoonlike lugtyd te gee. Hy het gevra dat ek 8 x R275 Vodacom lugtyd sal koop en vir hom sal stuur. Agv die inkopies wat ek besig mee was het ek nie rooi ligte dadelik sien fl***er nie.

Hy het my later weer gekontak en gevra of ek asb 1 x R180 MTN lugtyd sal koop. Ekt dit ook gedoen. Hy het weer geskakel en gesê dat ek verkeerd verstaan het dit moet ook 8 wees vir as die vodacom seine nie lekker is nie. Ek het gesê ek kan ongelukkig nie nog koop nie. Hy was baie verstaanbaar.

Hy het my die volgende oggend gekontak en gesê die geld is inbetaal en dat ek asb my rekening moet dophou. Hy het 'n bewys van betaling vir my gesms.
Hy het gevra dat ek die R1260 vir die 7 x R180 vouchers wat ek nie gekoop het nie vir hom sal terug betaal. Dit is ook in my rekening inbetaal.
Hy het seker 4 keer gebel of die geld al in my rekening is.
Ekt gesê dit is nog nie in nie.
Sy lugtyd het opgeraak en toe skakel hy my op die nommer wat op die foto is.

Hy wou gehad het ek moet die geld inbetaal al is die geld nog nie in my rekening nie. Ekt gesê ek gaan eers die polisie bel en vra of hulle iets weet van hulle wat kom.

Die polisie het dadelik geweet dit is 'n SCAM, hulle het al met vorige gevalle ook daarmee tedoen gekry.
Hulle het hom gebel en hy het gebly by die storie. Toe hulle vrae te moeilik geraak het, het hy die foon doodgedruk.

Wees asb op die uitkyk.

11/08/2020

Good day

We would like to inform everyone that our email address ([email protected]) has been hacked, if you received a strange email from us please ignore it and please don't pay money into any account.

Pragtige groot seefront huis nog beskikbaar in Lambertsbaai vir Desember 2016.3 x slaapkamer (6 persone).Kontak ons as u...
05/10/2016

Pragtige groot seefront huis nog beskikbaar in Lambertsbaai vir Desember 2016.
3 x slaapkamer (6 persone).
Kontak ons as u enige navrae het.

Spacious Seafacing 3 x bedroom house

15/08/2016
15/08/2016
15/08/2016
15/08/2016
15/08/2016
15/08/2016
15/08/2016

Address

Main Street
Lambert's Bay
8130

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Xamarin posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Xamarin:

Share