The Quirky Hedgehog Co.

The Quirky Hedgehog Co. The Finest Sweet Treats
All our products are made with love to provide the best possible products. We deliver nationwide

09/08/2026
05/08/2026

EXCITING NEWS! ALL OUR DELICIOUS FUDGES FLAVOURS IN ONE TUB!



02/08/2026

Dankie Langebaan vir 'n ongelooflike eerste twee dae! 🙏 Ons is oorweldig deur julle ondersteuning!
​Maar wees gewaarsku: ons warm fudge is REGTIG VERSLAWEND! 😍 Probeer dit oor malvalekkers, Speckled eggs, Neute ens vir 'n groot bederf.
​Moenie uitmis nie! Kom kuier vir ons by Laguna Mall en kry jou daaglikse dosis soetigheid.

01/08/2026

So blessed!🙏🦔 @ Langebaan Laguna mall

🦔✨ DIE GROOT NUUS IS UIT! ✨🦔​Die wag is amper verby, Langebaan! The Quirky Hedgehog Co. se amptelike kiosk maak hierdie ...
28/07/2026

🦔✨ DIE GROOT NUUS IS UIT! ✨🦔
​Die wag is amper verby, Langebaan! The Quirky Hedgehog Co. se amptelike kiosk maak hierdie Saterdag, 1 Augustus, oop in Laguna Mall! 🎉
​Ons bring vir julle die lekkerste, varsste en smaaklikste bederfies — regstreeks uit ons kombuis:
​🧈 Ons GROOT heerlike blokke Fudge is terug! Jy koop NIE net 'n vaste pakkie met een geur nie! Kom kies jou eie gunsteling blokke, blokkie vir blokkie, en stel jou eie droom-pakkie saam!
Ons bekende Chocolate Salami
Smullekker Clusters & Klapperbolletjie kapperjolle, verskeidenheid fudge truffles ens

Moenie ons heerlike HOT FUDGE IN A CUP met jou gunsteling topping vergeet nie!

​Of jy nou 'n soet tand het, 'n unieke bederf vir iemand spesiaal soek, of sommer net hallo wil kom sê — kom kuier gerus by ons stalletjie! Ons kan nie wag om julle te ontmoet en julle name te leer ken nie.
​📍 Waar: Laguna Mall, Langebaan
Wanneer: Vanaf Saterdag, 1 Augustus (7 dae per week oop!)
​Kyk uit vir ons krimpvarkie en kom kies jou eie fudge-kombinasie! 🦔❤️

Die geheim is UIT! Sy is nie meer skaam nie!🦔​Ons klein krimpvarkie het die deur wawyd oopgestoot om te wys waaraan sy s...
12/07/2026

Die geheim is UIT! Sy is nie meer skaam nie!🦔
​Ons klein krimpvarkie het die deur wawyd oopgestoot om te wys waaraan sy so hard gewerk het agter die skerms: Heerlike dekadente hot fudge-in-a-tub! 🤤
​Sy is ongelooflik opgewonde om dit vanaf 1 Augustus by ons nuwe kiosk in Laguna Mall met julle te deel. Maar nou het sy 'n bietjie hulp nodig om die perfekte toppings te kies...
​As jy jou eie warm fudge-koppie kon saamtel, watter topping sal jou hart laat smelt? 👇

​A) Geroosterde neute en karamel 🥜
B) Kleurvolle sprinkels vir 'n bietjie pret 🌈
C) 'n Titseltjie Himalaja-pienksout vir daardie perfekte soet-en-sout balans 🧂✨
D) Ek hou van my fudge net soos hy is – plain & dekadent!

​Laat weet ons in die kommentare watter een jou gunsteling is! 😉👇A,B,C,D of dalk n ander voorstel?

Die geheim is halfpad uit die mou! 🤫Julle het baie mooi dopgehou, en ons klein krimpvarkie het die moed bymekaar geskraa...
04/07/2026

Die geheim is halfpad uit die mou! 🤫

Julle het baie mooi dopgehou, en ons klein krimpvarkie het die moed bymekaar geskraap om 'n bietjie verder by die deur uit te loer! 🌸

Ons kan nie meer die opgewondenheid vir onsself hou nie... The Quirky Hedgehog Co. kry 'n splinternuwe, permanente plekkie! Vanaf 1 Augustus kan julle ons eie, oulike kiosk by Laguna Mall kom opsoek! 🛍️🎉

Ons is reeds kliphard besig om alles pragtig in te rig sodat ons julle binnekort self kan verwelkom en lekker op julle name kan groet.

Maar wag... dit is nog nie al nie. Sy hou nog iets lekkers agter haar rug weg... Kan jul raai watse NUWE bederfie sy hierdie keer saambring Laguna Mall toe? 😉👇 Los jou antwoord vir ons 'n comment

🦔

🦔 Sjoe, ons het julle gemis! ❤️Aan al ons lojale vriende, ou bekendes en al die soettande daar buite... daar broei iets ...
29/06/2026

🦔 Sjoe, ons het julle gemis! ❤️

Aan al ons lojale vriende, ou bekendes en al die soettande daar buite... daar broei iets BAIE opwindends agter die skerms! 🤫

The Quirky Hedgehog Co. is reg vir 'n splinternuwe hoofstuk, en ons kan nie wag om binnekort weer julle gesigte te sien en lekker te gesels nie.

Hou hierdie spasie baie mooi dop... 1 Augustus gaan groot (en baie lekker!) wees!

14/12/2025

As jy in die Vryheid KZN omgewing is gaan maak gerus n draai by Route 33 Padstal asook die Teacup Padstal, jy sal nie spyt wees nie

Address

Langebaan
7357

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 16:00
Wednesday 09:00 - 16:00
Thursday 09:00 - 16:00
Friday 09:00 - 16:00
Saturday 09:00 - 15:00
Sunday 09:00 - 14:00

Telephone

+27714376874

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when The Quirky Hedgehog Co. posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to The Quirky Hedgehog Co.:

Shortcuts

Share

Category