Berchtesgaden Lewenstyl Boerplaas

Directions

Berchtesgaden Lewenstyl Boerplaas Jou gunsteling werkende lewenstyl boerplaas in Limpopo. ���

11/10/2026

We started the week with a plan… 😂
The farm had other ideas. 🌿

En so word die familie nog ‘n donkie ryker! 🫏❤️Laat ons weet as julle in die area is dan kom doen julle ‘n plaastoer waa...
07/10/2026

En so word die familie nog ‘n donkie ryker! 🫏❤️

Laat ons weet as julle in die area is dan kom doen julle ‘n plaastoer waar ons julle aan al ons plaasdiere kan voorstel! 🥰

🌸🌸 Blommetjie 🌸🌸 Ons OG jersey koei. Sy het vannag besluit om die groentetuin in te vaar en al die afgelope paar maande ...
06/10/2026

🌸🌸 Blommetjie 🌸🌸
Ons OG jersey koei. Sy het vannag besluit om die groentetuin in te vaar en al die afgelope paar maande se harde werk op te eet. Sy het nie ‘n oop hek nodig gehad of vir ‘n uitnodiging gewag nie, syt besluit dat dit so lekker lyk sy spring sommer oor die heining. Tenminste het een van die koeie hulle groente ingekry vir die dag! 😆

RIP aan ons groentetuin.

Hou dop hoe ons oor gaan begin en watter nuwe groente nou geplant gaan word.

Kaalgat perskes, reguit uit ons boord. 🍑🌿Hierdie is een van die 16 verskillende soorte vrugtebome wat ons op die plaas g...
22/09/2026

Kaalgat perskes, reguit uit ons boord. 🍑🌿

Hierdie is een van die 16 verskillende soorte vrugtebome wat ons op die plaas groei — en hierdie boom dra hierdie tyd van die jaar behoorlik vrugte.

Daar is iets besonders daaraan om jou eie vrugte te sien groei, van ’n klein blommetjie tot iets wat jy uiteindelik sommer vars van die boom kan pluk. 🤎

Watter vrugte sou jy graag op ’n plaas wou hê? 🍑🍊🍋

16/09/2026

Ranger is vandag al 2 weke oud. 🐄🤎

Vir die wat nie weet nie, hy is die klein bulkalf van Melk, een van ons vier Jersey-koeie. Kort ná sy geboorte moes ons hom van sy mamma skei, want Melk moes weer haar melkproduksie, vir die melk wat ons verkoop, aan die gang kry. Dit beteken egter nie klein Ranger word nou groot sonder ’n mamma nie — hy kry steeds sy warm melk, net op ’n effens ander manier. 😉

Die week het hy vir die eerste keer begin om ’n bietjie verder die veld in te stap. Ons probeer hom stadig leer om meer onafhanklik te wees en self die wêreld om hom te ontdek.
Maar… daardie warm melk wen elke keer. 😂
Nie lank nie is hy weer terug kamp toe, reg vir sy volgende maaltyd.

Op die plaas raak ’n mens maar geheg aan jou diere. Hulle is deel van die alledaagse lewe hier, en mettertyd raak hulle deel van die familie. 🤎

🐔🌿 By Berchtesgaden Game Ranch & Lifestyle Farm is elke dier deel van ons storie. 🐓✨Van hoenders wat vry rondstap tot bo...
15/09/2026

🐔🌿 By Berchtesgaden Game Ranch & Lifestyle Farm is elke dier deel van ons storie. 🐓✨
Van hoenders wat vry rondstap tot bokke wat die plaaslewe verteenwoordig — hier beleef jy die eenvoud en skoonheid van die natuur. 🌄
📍 Berchtesgadengameranchandlifestylefarm
📞 Skakel:

📍 ,Vaalwater, Limpopo

Address

Berchtesgaden Lewenstyl Boerplaas, R33 Road, Witfontein District
Lephalale
0530

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Berchtesgaden Lewenstyl Boerplaas posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category