Annelien Pienaar Food Consultant

Annelien Pienaar Food Consultant Food Science Lecturer, Author, TV and Radio presenter, Food studio for creative cooking classes, photography and prop shop! Epos adres: [email protected]

Ek is die eienaar van BoereKosTwist en hier leer ek mense om gesond te leef deur my uitgebreide kook klasse. As Voedsel Dosent en Konsultant het ek die behoefte by volwanssenes gesien wat nie Huishoudkunde / Gasvryheids / Verbruikers op skool gehad het, om meer vaardig te word in die kombuis. Ek het 13 jaar gelede die tuig neer gelê en my eie Ateljee begin waar ek mense leer bak en minder brou. Da

aruit het die BKT blog en groep op Bakkies blad gebore geword. Vandag is dit 'n sosiale media sukses en die van 'n Resep met 'n les is ongekend. Elke resep word eers vooraf gegaan met 'n verduideliking van waarvoor jy versigtig moet wees en hoe die resep werk. Daarna wys ek in die metode weereens haakplekke uit. Daar is twee kookboeke beskikbaar in beide Afrikaans en ook Engels:
1. Boerekos met 'n Twist (2017 en in 4de druk tans vir Afrikaans en 2de druk Engels). Hoofstukke: Omskakelings tabelle, kopkrappers met antwoorde. Soppe, s***e, smere, vleis, groente soet en sout, gebak, koeke, terte, nagereg, kolwyntjies, bottel en bere, spyskaarte en vele meer

2. Vleis: die omvattende gids (2021) handel oor die opvoedkundige en praktiese deel van vleis in SA. Bees, vark, skaap, pluimvee, wild, afval, invryf en gegeurde soute, s***e, marinades en bykos. Aandag aan die identifikasie van Vleis snitte, gaarmaak metodes en vele meer.. Besoek gerus ook die blog by www.annelienpienaar.co.za vir meer details oor klasse, artikels en resepte.

My hart is diep seer oor my kosbare vriend Portchie, Rus sag my sagmoedige reus!
12/06/2026

My hart is diep seer oor my kosbare vriend Portchie, Rus sag my sagmoedige reus!

Portchie 🕊️
23 November 1963 – 12 June 2026

Dis met ‘n diepe hartseer dat ons die afsterwe van ons geliefde broer, mentor en vriend deel.

He touched countless lives through his faith, his art, his kindness, his wisdom, and his unwavering passion for life. His legacy will live on in the hearts of all who knew him and in the beauty he brought to the world.

"Fietsry is soos die lewe — hoe harder jy trap hoe meer kry jy daar uit.” Portchie

We will miss him dearly, but his spirit, inspiration, and joy will remain with us forever.

Rus in vrede ons liewe broer en vriend, Portchie. 🕊️

11/06/2026

Jou werk is net so mooi! Ek is bly jy deel jou kennis met hierdie vorm van Waterverf kuns. Charl Marais

Van al my skoene is hierdie skoene soene vir my moë voete na lang skofte op my voete! Die leer skaap vel skoene is perfe...
05/06/2026

Van al my skoene is hierdie skoene soene vir my moë voete na lang skofte op my voete! Die leer skaap vel skoene is perfek vir binne en buitenshuis. Vra hierdie boer-vrou! Altyd op 'n drafstap en netjies gesool. Dankie One•fine•beginning dat julle my voete so mooi versorg.

Nuwe Suurdeeg Werkswinkels Saterdag 6 Junie en 11 Julie, is 'n voldag klas rakende die geheime van Suurdeegplantjies, di...
28/05/2026

Nuwe Suurdeeg Werkswinkels Saterdag 6 Junie en 11 Julie, is 'n voldag klas rakende die geheime van Suurdeegplantjies, die volhoubare praktyke en dalk 'n besigheid op die kantlyn. Ons kyk ook na Guthealth en allergiese reaksies tov kommersiele meel vs organiese steengemaalde meelsoorte. Navrae kan ook gerig word by [email protected]. Die volle les plan en kostes is by die onderstaande skakel beskikbaar.

https://annelienpienaar.co.za/shop/klasse/suurdeeg-werkswinkel-saterdag-6-junie-2026-09h00-16h00/

23/05/2026
23/05/2026

Sê dankie vir al die harde werk! 🌟 Bederf jou huishulp met ‘n waardevolle en leersame Huishulp Kursus saam met die bekende Annelien Pienaar by die Victoria-Wes Wildsfees. ☕🍰

Hierdie is die perfekte geleentheid om haar op te skerp met praktiese kombuisraad terwyl sy lekker saam kuier!

📅 Datum: Vrydag, 26 Junie 2026
⏰ Tyd: 14h00-16h00
📍 Plek: Skougronde
💰 Koste: Slegs R100 (Sluit koek en tee in! 🍰☕)
Toegang ingesluit

Wat sy gaan leer en ontvang:
* Opleiding in kombuishigiëne en die korrekte stoor van kos 🧼🍏
* Praktiese maaltydbeplanningsraad 📅
* ‘n Heerlike resep om dadelik te probeer! 🍳

Plekke is beperk vir hierdie spesiale bederf-sessie, so bespreek sommer nou!
🌐 https://vicweswildsfees.co.za/product/huishulp-kursus/

Address

S43, R560, Skeerpoort
Madibeng
0232

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Annelien Pienaar Food Consultant posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Annelien Pienaar Food Consultant:

Share