Gert van der Linde Ile De France Stoet

Gert van der Linde Ile De France Stoet Teel van GW-genetika diere wat oor die genetiese potensiaal beskik om fenotipies te presteer en winsgewend te produseer!

22/08/2026
11/08/2026

Lekker om jong ooie in produksie by stoet se teelmasjien te voeg

Hierdie ooitjies is Mei/Junie 2025 gebore en het April 2026 ram gekry.

Hulle lam dan op 16maande en kry dadelik weer ram om saam groot trop Mei maand te lam dws op 24maande behoort meeste van die jong ooie wat terug gehou word in stoet reeds twee maal te gelam het.

Met ‘n dankbare hart wil ek vir ieder en elk dankie sê vir die afgelope Overvaal veiling. Dit is ‘n groot voorreg om bet...
05/08/2026

Met ‘n dankbare hart wil ek vir ieder en elk dankie sê vir die afgelope Overvaal veiling. Dit is ‘n groot voorreg om betrokke te kan wees. Dankie aan elke koper en vriend wat die Overvaal veiling en ook myself so getrou ondersteun, sonder julle is dit nie moontlik nie.

Baie geluk aan oom Willem van Huyssteen (Osmand IDF Stoet, Piet Plessis) met die aankoop van GW 24 207. Mag die ram oom se wildste verwagtinge oortref.

Dankie ook aan elke koper van GW ramme en ooie. Ek vertrou julle sal hoogs tevrede wees met die diere en sien uit om te hoor hoe die diere vir julle doen.

31/07/2026

Lot3 GW4207 - Veiling Senior Kampioen ram

seën en genade

30/07/2026

Kommersiẽle lammerooie vir Overvaal veiling.

29/07/2026

* Lot 85 - GW 24 447 *

Baie mooi Victor kleindogter uit DM moederlyn met twee mooi ramlammers van DTC2018.

‘n Lekker toevoeging tot jou stoet

28/07/2026

** LOT101C - GW 25 258 **

Hierdie jong ooi is die maternale suster van die 2024 SA Junior en Res Grootkampioen ram. Beide kom uit GW21037 (kyk haar produksie syfers). Hierdie ooi se vader is DTC5056 - ‘n ram wat met groot welslae in my stoet gebruik is. Sommige van sy lammers is saam ooie op laas jaar se Nasionale veiling verkoop.

LMI 117
GI 107
RI 113

Moenie die jong ooi mis nie….. sy kan potensieel jou volgende stoetvaar teel….

27/07/2026

Lot 88A - GW 24 468 (links)
Lot 101A - GW 24 449 (regs)

Iets spesiaals vir ons stoettelers. Unieke geleentheid om baie skaars genetika te bekom. Hierdie twee SEC1003 dogters word met trots aangebied. ‘n Vaar wat in baie top diere se stamboom voorkom. Genetika wat terug gaan na ingevoerde CATAWBA, UMDI-EKKE en MIDWATERS lyne.

Address

Mareetsane

Telephone

0795247954

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Gert van der Linde Ile De France Stoet posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category