Kabous Kitchen

Call Directions Contact the business

Kabous Kitchen Bringing you delicious home-style meals from burgers to eisbein. Feel free to share your own or other Delicious recipes.

Follow for easy recipes, cooking tips, and mouthwatering meals made by Kabous and other Cooks /Chefs.

Kerrie Botter Hoender1kg hoender fillette in blokkies gesny4 teelepels botter1eetlepel kerrie poeier1 Eettepel hoender s...
26/10/2026

Kerrie Botter Hoender
1kg hoender fillette in blokkies gesny
4 teelepels botter
1eetlepel kerrie poeier
1 Eettepel hoender speserye
1 koppie tamatie puree
2 eetlepel Borrie
2 eetlepel paprika
2 eetlepel lemonpeper
2 eetlepel garlic
2 eetlepels gemmer
2 koppie plain yoghurt
1 1/2 koppie room
1 medium uie
Garlic sout vir smaak
Cayenne pepper soos u smaak natuurlik

Metode

In n bak voeg die yoghurt in
Voeg nou al die speserye in en neng goed deur
Voeg nou die hoender in en last stasn vir so uur in die yskas
In n pan voeg nou die botter en bietjie olie en braai die uie
Voeg nou die hoender by en braai tot hoender wit is. Voeg nou tamatie puree in en room en kook tot die room dik word
Geniet.

Lynette/HuiskosTuiskos

Heerlike Maalvleisbredie met Romerige KapokaartappelsPORSIES: 4–5BESTANDDELEVir die maalvleisbredie:500 g beesmaalvleis1...
23/10/2026

Heerlike Maalvleisbredie met Romerige Kapokaartappels

PORSIES: 4–5

BESTANDDELE

Vir die maalvleisbredie:

500 g beesmaalvleis

1 groot ui, grof gekap

2 knoffelhuisies, fyngedruk

2 wortels, in blokkies gesny

1 groen soetrissie, in blokkies gesny

2 tamaties, gekap

2 eetlepels olie

2 eetlepels tamatiepasta

1 eetlepel Worcestersous

1 teelepel paprika

1 teelepel gemengde kruie

1 beesvleisaftrekselblokkie, opgelos in 1½ koppies warm water

1 eetlepel koekmeel

Sout en swartpeper na smaak

Vir die romerige kapokaartappels:

800 g aartappels, geskil en in blokkies gesny

3 eetlepels botter

½ koppie warm melk (voeg geleidelik by)

Sout en witpeper na smaak

METODE

1. Kook die aartappels

Plaas die aartappels in ’n kastrol met gesoute water. Kook vir 15–20 minute totdat dit heeltemal sag is.

Dreineer goed en druk fyn. Voeg die botter en warm melk geleidelik by. Meng totdat die kapokaartappels sag en romerig is. Geur met sout en witpeper.

2. Braai die maalvleis

Verhit die olie in ’n groot pan of kastrol oor matige hitte.

Voeg die ui by en braai vir 3 minute totdat dit begin sag word.

Voeg die knoffel en maalvleis by. Braai vir 6–8 minute totdat die maalvleis mooi bruin is.

3. Voeg die groente by

Roer die wortels, groen soetrissie en tamaties by.

Voeg die tamatiepasta, Worcestersous, paprika en gemengde kruie by. Meng goed en braai vir nog 2 minute.

4. Maak die lekker bruin sous

Sprinkel die meel oor die maalvleismengsel en roer goed deur.

Voeg die warm aftreksel geleidelik by terwyl jy roer.

Laat die bredie vir 15–20 minute saggies prut totdat die wortels sag en die sous lekker dik en geurig is.

Proe en geur met sout en swartpeper.

5. Bedien

Skep ’n ruim porsie romerige kapokaartappels op elke bord.

Maak ’n holtetjie in die middel en skep die warm maalvleisbredie met baie sous bo-oor.

Bedien dadelik terwyl alles lekker warm is!

WENK

Vir ekstra sagte en romerige kapokaartappels, gebruik warm melk en moenie die aartappels te veel meng nie – dit kan die kapokaartappels taai maak.

Wil jy die sous ’n bietjie ryker maak? Voeg ’n ekstra teelepel Worcestersous en ’n klein klontjie botter aan die einde by.

PORSIEGROOTTE: ± 200 g kapokaartappels met ’n ruim skeppie maalvleisbredie per persoon.

❤️ My Kombuis – eenvoudige bestanddele, heerlike huiskos!

Shout out to my newest followers! Excited to have you onboard! Hanna Pretorius, Debbie Van Niekerk, Zuretha Jansen
21/10/2026

Shout out to my newest followers! Excited to have you onboard! Hanna Pretorius, Debbie Van Niekerk, Zuretha Jansen

21/10/2026

Sjokolade Makva pudding
Bestanddele

400ml suiker
80g botter
2 ekstra groot eiers
500ml koekmeel
7ml koeksoda
10ml bakpoeier
50ml kakao
500ml melk
30ml asyn
40ml appelkooskonfyt

Sous:

150g botter
300ml room of melk
180ml suiker

Stel jou oond op 180°C.

Smeer oondbak met botter of spuit met kleefwerende kossproei.

Klits botter en suiker tot romerig.

Klits eiers by.

Sif meel, koeksoda, bakpoeier en kakao.

Meng melk, asyn en konfyt.

Voeg die nat en droë bestanddele om die beurt by eiermengsel.

Metode

Skep in oondbak en bak vir 30 minute.

Bring sous bestanddele tot kookpunt en prut oor lae hitte totdat al die suiker gesmelt is.

As poeding uit oond kom, sny die poeding in groot blokke en giet warm sous oor.

Plaas terug in die oond (wat reeds afgesit is) vir 5 minute.

PK/HuiskosTuiskos

Pynappelhoender en rysBestanddele:590g hoenderborsies, in blokkies gesny1K pynappel, in blokkies gesny1E olyfolie1 ui, g...
19/10/2026

Pynappelhoender en rys

Bestanddele:

590g hoenderborsies, in blokkies gesny
1K pynappel, in blokkies gesny
1E olyfolie
1 ui, gekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
1 rooi soetrissie, in blokkies gesny
1K rys
2K hoenderaftreksel
1E sojasous
1T gemmer, gerasper
Sout en peper na smaak
1/4K gesnipperde spring onions
1E sesamsaad

Metode:

Verhit die olyfolie oor medium hitte in 'n groot pan.
Voeg die hoenderblokkies by en kook tot goudbruin en gaar.
Verwyder die hoender en sit eenkant.
Voeg die ui, knoffel en rooi soetrissie in dieselfde pan by.
Kook tot die groente sag is.
Voeg die pynappel by en kook vir nog 2 minute.
Roer die rys, hoenderaftreksel, sojasous, gemmer, sout en peper by. Bring tot kookpunt.
Verlaag die hitte tot laag, bedek en prut vir 18-20 minute, of tot die rys gaar is.
Plaas die hoender terug in die pan, meng goed en verhit deur.
Versier met groen uie en sesame saad.

HuiskosTuiskos

EVELINA SE HOENDER PASTEIJy neem so 4 gaar hoenderborsies, pluis vleis uitmekaar of sny in blokkies.Braai nou so 2 uie (...
16/10/2026

EVELINA SE HOENDER PASTEI
Jy neem so 4 gaar hoenderborsies, pluis vleis uitmekaar of sny in blokkies.

Braai nou so 2 uie (fyn gekap) en 'n pakkie sampioene (gesny) in bietjie olyfolie.

Voeg hoender by en ook 'n blikkie ideal melk.

Jy kan 'n lepel meel byvoeg indien jy dit bietjie wil verdik.

Kook deur vir so 2 minute en skep in voorbereide pasteikors.

Bedek met oorblywende deeg, smeer bietjie geklitste eier bo-oor en bak vir 45 minute by 200°C tot lekker goudbruin.

HuiskosTuiskos

Bestanddele1kg gemaalde lewer (skaap, bees of volstruis) 4 groot aartappels, gerasper 2 uie, gerasper 2 eetlepels asyn 1...
14/10/2026

Bestanddele

1kg gemaalde lewer (skaap, bees of volstruis)
4 groot aartappels, gerasper
2 uie, gerasper
2 eetlepels asyn
1 koppie koekmeel, gesif
2 eiers
6 teelepels bakpoeier
Sout en pepper na smaak
Metode

Meng alles goed saam.
Maak koekies en bak in 'n bietjie olie.
Dit vries baie goed.

Lewer ongeveer 50 koekies

Bron
Jeanette Hough Meyer/Watertand Resepte

RESEP 2
LEKKER LEWERKOEKIES
1kg Skaaplewer
2 Uie
2 Snye brood
1 Groterige aartappel
Genoeg pietersielie
Sout en peper
Vars koljander
Groot pak kaas-en-uie skyfies
Koekmeel, na gelang van tekstuur van beslag
2 Eiers
Laat lê die lewer in soutwater om bloed uit te trek.
Maal die lewer, uie, brood en aartappels fyn.
Maak skyfies fyn.
Voeg al die bestanddele by lewer en meng goed.
Meng eiers en koekmeel by om die beslag styf te kry.
Vorm koekies en bak in diep olie.
Plaas op kombuispapier om te dreineer.

RSG

OUTYDSE GEMMERKOEKIESBestanddele• 1 kg Koekmeel• 2Eetlepels Fyn Gemmer • 2Teelepels Koeksoda• 2Teelelpels Kremetart• 1Te...
12/10/2026

OUTYDSE GEMMERKOEKIES

Bestanddele

• 1 kg Koekmeel
• 2Eetlepels Fyn Gemmer
• 2Teelepels Koeksoda
• 2Teelelpels Kremetart
• 1Teelelepel Sout
• 500 g Donkerbruinsuiker (soos treaclesuiker vir daardie ryk kleur en smaak)
• 250g Botter of margarien (by kamertemperatuur)
• 250g Stroop (goue stroop)
• 3 Groot eiers (geklits)

Metode:

1. Sif die koekmeel, gemaalde gemmer, koeksoda, kremetart en sout saam in 'n groot mengbak. Roer die bruinsuiker goed by en vryf enige klonte uit.
2. Vryf die botter met jou vingertoppe in die meelmengsel in totdat dit soos fyn broodkrummels lyk.
3. Voeg die goue stroop en die geklitste eiers by die mengsel. Kneid alles goed saam totdat dit ’n gladde, stywe deeg vorm. (As die deeg te sag voel, draai dit in kleefplastiek toe en laat dit vir 30 minute in die yskas rus).
4. Voorverhit jou oond na 180 °C en smeer jou bakplate liggies (of gebruik bakpapier).
Rol die deeg in klein balletjies (grootte van 'n okkerneut) en plaas hulle so 5 cm uitmekaar op die bakplaat, aangesien hulle platbak en uitsit.
Druk hulle sommer so liggies met jou duim of 'n vurk plat as jy wil.
5.Bak vir 12 tot 15 minute tot hulle goudbruin is en mooi oopgebars het.

Haal die koekies uit sodra hulle liggoudbruin is.
Hulle sal nog sag voel as hulle warm is, maar sal lekker bros word sodra hulle op 'n draadrakkie afkoel

HuiskosTuiskos

ROMERIGE HOENDERLEWERTJIES OP RYS’n Geurige aandete met sagte hoenderlewertjies en ’n romerige tamatiesous. Maak dit lek...
09/10/2026

ROMERIGE HOENDERLEWERTJIES OP RYS

’n Geurige aandete met sagte hoenderlewertjies en ’n romerige tamatiesous. Maak dit lekker matig, of voeg ’n bietjie brandrissie by vir ekstra skop! 🌶️

🇿🇦 AFRIKAANS | Lewer 4 porsies

Bestanddele:

• 500 g hoenderlewertjies, skoongemaak
• 1 eetlepel sonneblomolie
• 1 eetlepel botter
• 1 medium ui, fyngekap
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 1 teelepel paprika
• 1 eetlepel tamatiepasta
• 200 g gekapte geblikte tamaties
• 100 ml hoenderaftreksel
• 125 ml room
• Brandrissie na smaak, opsioneel
• Sout en swartpeper na smaak
• Gaar rys vir opdiening

Metode:

1. Sny enige senings van die lewertjies af en druk droog met kombuispapier.
2. Verhit die olie en botter in ’n groot pan. Verbruin die lewertjies in twee sarsies vir ongeveer 1–2 minute per kant. Skep uit; hulle is nog nie klaar gaar nie.
3. Verlaag die hitte. Braai die ui in dieselfde pan tot sag. Voeg die knoffel, paprika, tamatiepasta en opsionele brandrissie by en roer vir 1 minuut.
4. Voeg die tamaties en aftreksel by. Laat vir 8–10 minute prut tot die sous effens verdik.
5. Roer die room by en plaas die lewertjies terug in die pan. Laat liggies prut tot heeltemal deurgaar. Die middel van die grootste stuk moet 74 °C bereik wanneer jy dit met ’n voedseltermometer toets.
6. Geur met sout en peper en bedien op warm rys.

🌸 Wenk: Hou die sous by ’n sagte prut nadat jy die room bygevoeg het.

Address

Pennington
4184

Telephone

+27622115160

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Kabous Kitchen posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Kabous Kitchen:

Shortcuts

Share

Category