Kabous Kitchen

Kabous Kitchen Bringing you delicious home-style meals from burgers to eisbein. Feel free to share your own or other Delicious recipes.

Follow for easy recipes, cooking tips, and mouthwatering meals made by Kabous and other Cooks /Chefs.

Pasta á la lekkerBestanddele:1 pak macaroni (500 g-pak)1 pak swoerdlose spekvleis (250 g-pak), in stukkies gesny2 middel...
21/08/2026

Pasta á la lekker

Bestanddele:

1 pak macaroni (500 g-pak)
1 pak swoerdlose spekvleis (250 g-pak), in stukkies gesny
2 middelslag-uie, gesny
3 knoffelhuisies, gepers
1 groen soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
250 g sampioene, in skyxes gesny
2 blikke tamatie-en-uiesmoor (410 g-blikke)
30 ml tamatiesous
30 ml blatjang
100 g gerasperde Cheddarkaas (250 ml)

Metode:

Stel die oond op 180 °C en spuit in oondbak liggies met kossproei.
Kook die macaroni en braai intussen die spekvleis in n groot pan.
Braai die uie, knoffel en soetrissie in dieselfde pan.
Gooi die sampioene by en braai nog 3 minute.
Roer die tamatie-en-uiesmoor, tamatiesous en blatjang by.
Dreineer die pasta en gooi dit terug in die kastrol.
Roer die sous by en skep alles in die oondbak.
Strooi die kaas oor en bak die dasta tot die kaas gesmelt is

HuiskosTuiskos

BOBOTIE JAFFELS 🔥🍞...........................As jy van bobotie hou, MOET jy hierdie een probeer! 😋Die heerlike geur van ...
19/08/2026

BOBOTIE JAFFELS 🔥🍞...........................
As jy van bobotie hou, MOET jy hierdie een probeer! 😋
Die heerlike geur van tradisionele bobotie, saam met bros geroosterde jaffelbrood – perfek vir middagete, ’n vinnige aandete of selfs ’n lekker braai-bederf.

🛒 BENODIG:

VIR DIE BOBOTIEVULSEL:
• 500 g maalvleis
• 1 groot ui, fyn gekap
• 1 eetlepel botter of olie
• 2 teelepels kerriepoeier
• ½ teelepel borrie
• 1 teelepel sout
• ½ teelepel swartpeper
• 1 teelepel gemengde speserye
• 2 eetlepels blatjang
• 1 eetlepel appelkooskonfyt
• 2 eetlepels tamatiesous
• ½ koppie rosyne
• ½ koppie water of beesvleisaftreksel
• 1 sny witbrood
• ¼ koppie melk

VIR DIE JAFFELS:
• 16 snye wit- of bruinbrood
• Botter, sag gemaak
• Bereide bobotievulsel
• Gerasperde kaas, opsioneel

👩‍🍳 METODE:

1. Week die sny brood in die melk en druk dit fyn met ’n vurk. Sit eenkant.

2. Verhit die botter of olie in ’n pan. Voeg die gekapte ui by en braai tot sag en deurskynend.

3. Voeg die maalvleis by en braai totdat dit gaar en lekker bruin is. Breek die maalvleis fyn terwyl dit braai.

4. Voeg die kerriepoeier, borrie, sout, peper en gemengde speserye by. Roer goed sodat al die speserye deur die vleis versprei.

5. Voeg die blatjang, appelkooskonfyt, tamatiesous en rosyne by.

6. Roer die geweekte brood by en voeg die water of aftreksel by.

7. Laat die mengsel oor lae hitte prut totdat die vloeistof weggekook het en jy ’n dik, geurige bobotievulsel het.

8. Laat die bobotievulsel effens afkoel voordat jy die jaffels maak.

🥪 TYD VIR DIE JAFFELS:

9. Verhit jou jaffelpan of jaffelyster.

10. Smeer die een kant van elke sny brood liggies met botter.

11. Plaas ’n sny brood met die gebotterde kant na buite in die jaffelpan.

12. Skep ’n goeie lepelvol bobotievulsel in die middel van die brood. Moenie dit te vol maak nie, anders loop die vulsel uit wanneer jy die jaffel toeknyp.

13. Sprinkel ’n bietjie gerasperde kaas oor die bobotie indien verkies.

14. Plaas nog ’n sny brood bo-op, met die gebotterde kant na buite.

15. Maak die jaffelpan toe en rooster totdat die brood goudbruin en lekker bros is.

16. Haal die jaffel versigtig uit en laat dit vir ’n minuut staan voordat jy dit voorsit.

🍽️ BEDIENING:

Bedien die Bobotie Jaffels warm saam met ’n vars slaai, tamatie-en-uieslaai of sommer net ’n lekker blatjang.

Die kombinasie van die bros brood, geurige bobotievleis, rosyne en daardie klein bietjie soetigheid is absoluut heerlik! 🤤

❤️ ’n Goeie ou Suid-Afrikaanse gunsteling met ’n lekker jaffel-draai!
Bron die armgat chef
Lekker resepte vir die jongergeslag

GRIEKSE SUURLEMOEN AARTAPPELSBestanddele8 aartappels, geskil en in wiggles gesnysap van 3 suurlemoene vars origanum semo...
17/08/2026

GRIEKSE SUURLEMOEN AARTAPPELS

Bestanddele

8 aartappels, geskil en in wiggles gesny
sap van 3 suurlemoene vars origanum
semolina-meel
hoenderaftreksel
knoffel, gekap
olyfolie
peper en sout

Metode

Rol die aartappels in olyfolie, sout, peper en origanum.
Plaas die aartappels op 'n bakplaat.
Meng die hoenderaftreksel, suurlemoensap en gekapte knoffel om 'n sous te maak.
Giet die sous oor die aartappels, en bak vir 20 - 30 minute teen 200°C.
Haal die aartappels uit die oond, en plaad dit op ‘n skoon bakplaat met olyfolie.
Giet die sous wat in die bakplaat oorgebly het in 'n bakkie en hou eenkant.
Sprinkel 3T semolina-meel oor die aartappels en bak vir 'n verdere 30 - 40 minute tot bros.
Giet die oorblywende sous oor

HuiskosTuiskos

Shout out to my newest followers! Excited to have you onboard! Bairena Venter, Cayleanne Salmon
15/08/2026

Shout out to my newest followers! Excited to have you onboard! Bairena Venter, Cayleanne Salmon

Vinnige Wors-en-Bone PotOp soek na iets goedkoop, vinnig en lekker vullend? Hierdie wors-en-bone pot is perfek vir ’n be...
14/08/2026

Vinnige Wors-en-Bone Pot

Op soek na iets goedkoop, vinnig en lekker vullend? Hierdie wors-en-bone pot is perfek vir ’n besige aand wanneer jy nie ’n fortuin op aandete wil spandeer nie. Bedien dit net so, of saam met rys, pap of vars brood om die ete nóg verder te rek. 😋



Resep: Vinnige Wors-en-Bone Pot

Bestanddele:

500 g gerookte wors of enige gaar wors van jou keuse, in skywe gesny

1 blik (410 g) rooi nierbone, afgespoel en gedreineer

1 groot ui, gekap

2 knoffelhuisies, fyngedruk

1 eetlepel olie

1 blik (410 g) gekapte tamaties

1 eetlepel tamatiepasta

1 koppie bees- of hoenderaftreksel

1 teelepel paprika

1 teelepel gemengde kruie

1 eetlepel Worcestersous

Sout en swartpeper na smaak

1 teelepel suiker, opsioneel

Metode:

1. Verhit die olie in ’n groot pan of pot. Braai die worsskywe vir ’n paar minute tot mooi goudbruin. Skep uit en hou eenkant.

2. Braai die ui in dieselfde pot tot sag. Voeg die knoffel by en braai vir ongeveer 30 sekondes.

3. Voeg die tamatiepasta, gekapte tamaties, aftreksel, paprika, gemengde kruie en Worcestersous by. Roer goed.

4. Voeg die nierbone en wors terug in die pot.

5. Laat alles vir 15–20 minute oor matige hitte prut totdat die sous lekker dik en geurig is.

6. Proe en geur met sout en peper. Voeg ’n teelepel suiker by as die tamaties effens suur is.

Budget-wenk: Bedien met rys, pap of brood – dit maak die gereg maklik genoeg vir 4–6 mense sonder om baie ekstra te kos.

CREMORA TERT MET PYNAPPEL EN GRENADILLABESTANDDELE:500 gram Cremora1 ½ koppie yswater1 blik kondensmelk¾ koppie suurlemo...
12/08/2026

CREMORA TERT MET PYNAPPEL EN GRENADILLA

BESTANDDELE:

500 gram Cremora
1 ½ koppie yswater
1 blik kondensmelk
¾ koppie suurlemoensap
1 blik stukke of crushed pynappel
1 blikkie grenadilla pulp
Tennisbeskuitjies

METODE:

Klits die Cremora en yswater baie goed saam.
Meng kondensmelk in
Klits die suurlemoensap bietjies bietjies by tot glad en styf

Pak tennisbeskuitjies onder in 'n tertbord of verkrummel en meng met gesmelte botter vir kors
Plaas gedreineerde pynappel bo oor
Skep die vulsel bo oor
Skep pulp bo oor en plaas in yskas(ongeveer 30minute) tot stewig

HuiskosTuiskos

Romerige Hoenderlewertjies met SampioeneAs jy van lewertjies hou, gaan hierdie een beslis ’n wenner wees! 😋 Sagte hoende...
11/08/2026

Romerige Hoenderlewertjies met Sampioene

As jy van lewertjies hou, gaan hierdie een beslis ’n wenner wees! 😋 Sagte hoenderlewertjies en sampioene in ’n heerlike, romerige sous – vinnig, goedkoop en propvol geur. Perfek saam met rys, pap, kapokaartappels of vars brood.



Resep: Romerige Hoenderlewertjies met Sampioene

Bestanddele:

500 g hoenderlewertjies, skoongemaak

2 eetlepels olie of botter

1 groot ui, gekap

2 knoffelhuisies, fyngedruk

250 g sampioene, in skywe gesny

½ rooi soetrissie, gekap

1 teelepel paprika

½ teelepel gemengde kruie

1 eetlepel tamatiepasta

1 eetlepel Worcestersous

½ koppie hoenderaftreksel

½ koppie vars room

Sout en swartpeper na smaak

Vars pietersielie

Metode:

1. Verhit die olie of botter in ’n groot pan. Braai die hoenderlewertjies in sarsies totdat dit mooi verbruin is. Haal uit en hou eenkant.

2. Braai die ui, knoffel en soetrissie vir 2–3 minute. Voeg die sampioene by en braai totdat hulle begin sag word.

3. Roer die paprika, gemengde kruie, tamatiepasta en Worcestersous by.

4. Voeg die hoenderaftreksel by en laat dit vir 2–3 minute prut.

5. Plaas die lewertjies terug in die pan en laat liggies prut totdat hulle heeltemal gaar is.

6. Roer die room by en laat die sous nog 3–5 minute liggies prut totdat dit lekker romerig en effens verdik is.

7. Geur met sout en swartpeper en strooi vars pietersielie oor.

Bedien met warm brood om daardie heerlike romerige sous op te vee!

Frikkadelle Met Monkeygland Sous250 g beesmaalvleis250 g varkmaalvleis7 ml (1½ t) soutvars gemaalde swartpeper na smaak1...
07/08/2026

Frikkadelle Met Monkeygland Sous
250 g beesmaalvleis
250 g varkmaalvleis
7 ml (1½ t) sout
vars gemaalde swartpeper na smaak
125 ml (½ k) natuurlike jogurt
250 ml (1 k) vars broodkrummels
1 appel, geskil, ontkern en gerasper
1 ui, gerasper
1 eier, geklits

SOUS:

250 ml (1 k) blatjang
125 ml (½ k) water
30 ml (2 e) sjerrie
30 ml (2 e) rooiwynasyn
3 ml tobasco-sous

Voorverhit die oond tot 160 ºC en smeer ’n middelslag- oondbak met olie.

FRIKKADELLE METODE:

1. Meng al die bestanddele vir die frikkadelle in ’n bak.
2. Vorm gholfbalgrootte-bolletjies en pak in die bak.
3. Bak 30-40 minute tot gaar.

SOUS METODE:

1. Verhit al die bestanddele vir die sous tot kookpunt en roer aanhoudend.
2. Giet oor die frikkadelle en sit vir 5-10 minute terug in die oond.

Sit voor op rys of kapokaartappel

Bon appétit!

Bron Huisgenoot/HuiskosTuiskos

GEEN FIETERJASIE HOENDERVerhit oond tot 180°C Neem 8 hoenderstukke en druk droog met papierhanddoekPlaas in enkellaag in...
05/08/2026

GEEN FIETERJASIE HOENDER

Verhit oond tot 180°C

Neem 8 hoenderstukke en druk droog met papierhanddoek

Plaas in enkellaag in n oondbak

Meng saam

250ml tamatiesous
125ml bruinsuiker
250ml water
1 pakkie bruinuiesoppoeier

Skep mengsel oor hoender

Bak onbedek tot goudbruin & gaar

Resep kan gehalveer word en met sukses in airfryer ook gaar gemaak word

HuiskosTuiskos

Address

Pennington
4184

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Kabous Kitchen posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category