24/09/2026
🐑 Wat maak 'n goeie stoetooi? Deel 3: Sy is die fabriek agter jou kudde
'n Ram beïnvloed een generasie. 'n Ooi beïnvloed almal daarna. Elke lamoes, elke kilogram gespeen, elke rand se inkomste begin by haar — sy is nie net 'n dier in die kraal nie, sy is die fabriek agter jou hele teelprogram.
Dis waarom produktiwiteit nie-onderhandelbaar is in ons seleksie proses. Enige ooi wat twee lammers met 'n speenindeks onder 90 speen, word uit die kudde verwyder.
Moeder eienskappe, melkproduksie en lamgroei moet almal klop.
By Ruswater is dit presies die filosofie agter elke ooi wat ons teel: Bouvorm, Vrugbaarheid en Produktiwiteit.
📅 Ruswater Dormers 8ste Produksieveiling
🗓️ Saterdag, 3 Oktober
📍 BKB Potschefstroom
🔗 [katalogus / aanlyn-bod skakel]
Kom sien hierdie ooie self of neem deel online. https://auctions.meerkatonline.co.za/auctions/2888