Lecker Bosveld Plaas

Directions Website

Lecker Bosveld Plaas Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Lecker Bosveld Plaas, Farm, Potgietersrus.

VYE KONFYT 🌿Wat is dan nou lekkerder as tuisgemaakte vye-konfyt van die plaas, tradisioneel gemaak net soos jou ouma dit...
29/05/2026

VYE KONFYT 🌿

Wat is dan nou lekkerder as tuisgemaakte vye-konfyt van die plaas, tradisioneel gemaak net soos jou ouma dit sou doen!

Bestel gerus vandag jou botteltjie en proe die smaak van egte plaasgoed.

Jentina
073 286 3889

Welkom by Lecker Boskamp & perdry-avontuur! 🌿🐎Kom ontsnap uit die geraas van die alledaagse lewe en beleef die rustighei...
04/05/2026

Welkom by Lecker Boskamp & perdry-avontuur! 🌿🐎

Kom ontsnap uit die geraas van die alledaagse lewe en beleef die rustigheid van die natuur. Hier tussen die bome; wag ’n unieke ervaring waar jy kan ontspan, verken en weer asemhaal.

Perdry in die natuur is ’n unieke manier om die buitelewe te ervaar. Die rit skep ’n gevoel van vryheid en verbondenheid met die natuur, terwyl die sagte ritme van die perd jou help ontspan. Dit is nie net ’n ontspannende aktiwiteit nie, maar ook ’n geleentheid om die omgewing op ’n meer intieme en rustige manier te verken.

Kontak gerus vir meer inligting

Dries Becker 084 565 4106
Jentina Becker 073 286 3889

Lecker Boskamp is ideaal vir mense wat lief is vir die bosveld en kamp. 🏕🌿Daar is verskeie kampstaanplekke beskikbaar, a...
09/03/2026

Lecker Boskamp is ideaal vir mense wat lief is vir die bosveld en kamp. 🏕🌿

Daar is verskeie kampstaanplekke beskikbaar, asook ’n groot braaivuurput waar jy lekker ’n vuurtjie kan maak en gesellig kan kuier.

Ablusiegeriewe en elektrisiteit is op die perseel beskikbaar.

Ons het ook ’n klein swembad waar jy in die warm somerdae kan afkoel, wat ook verhit kan word wanneer die dae bietjie koeler is.

Lecker Boskamp is troeteldiervriendelik (op eie risiko), so jou viervoetkinders is ook welkom.🐾

Geniet die pragtige bosveldnatuur waar meer as 60 voëlspesies al waargeneem is. 🦜

As jy wil wegbreek van die gejaag van die alledaagse lewe en net in die natuur wil kom sit en ontspan, is Lecker Boskamp die plek vir jou!

Kontak gerus:

Dries Becker
084 565 4106

Bestel gerus vir jou ’n botteltjie heerlike plaas-tuisgemaakte konfyt. Die volgende konfyte is beskikbaar: • Vye• Perske...
08/03/2026

Bestel gerus vir jou ’n botteltjie heerlike plaas-tuisgemaakte konfyt.

Die volgende konfyte is beskikbaar:

• Vye
• Perske
• Tamatie
• Druiwe
• Glippertjie

Pryse:
750 ml – R120
375 ml – R60

Kontak gerus om jou bestelling te plaas en bring daardie lekker plaas smaak na jou tafel. 🍑🍇🍞

Jentina Becker
073 286 3889

MATTEUS 6:26 Kyk na die wilde voëls: hulle saai nie en hulle oes nie en hulle maak nie in skure bymekaar nie; julle heme...
19/02/2026

MATTEUS 6:26
Kyk na die wilde voëls: hulle saai nie en hulle oes nie en hulle maak nie in skure bymekaar nie; julle hemelse Vader sorg vir hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie? 🌿🐦

📸 Fotokrediete - Elize Mostert

In Mei 2025 het Paul & Elsie by ons kom kamp by Lecker Boskamp. Gedurende hulle tyd hier het hulle begin om ’n lysie te maak van elke voëlspesie wat hulle gesien het – en teen die einde van hulle kuier het hulle meer as 60 verskillende spesies afgeteken!
As jy lief is vir kamp, die bosveld en voëlkyk, dan is Lecker Boskamp die ideale plek vir jou. Kom ontspan, geniet die stilte en ervaar die pragtige bosveld op sy beste. 🏕️🌿🐦

Kontak ons gerus:

Dries Becker
084 565 4106

Jentina Becker
073 286 3889

Daar is darem niks mooier onder die son as jong liefde nie 🤍Fotograaf: Wildri Potgieter Photography 📸
18/02/2026

Daar is darem niks mooier onder die son as jong liefde nie 🤍

Fotograaf: Wildri Potgieter Photography 📸

Familie-oomblikke soos hierdie is kosbaar—dit vang liefde, lag, en herinneringe. 🤍🌿Lusernlande bied ‘n pragtige, natuurl...
18/02/2026

Familie-oomblikke soos hierdie is kosbaar—dit vang liefde, lag, en herinneringe. 🤍🌿

Lusernlande bied ‘n pragtige, natuurlike agtergrond vir fotos, met sagte groen kleure.

Fotograaf: Wildri Potgieter Photography 📸

Kontak ons gerus:

Brumilda Becker
084 049 8999

Dries-Jan Becker
064 386 4098

Die lusernlande is ’n droom vir fotosessies. Die helder groen spruite vorm ’n sagte tapyt oor die land, terwyl die lig v...
07/01/2026

Die lusernlande is ’n droom vir fotosessies. Die helder groen spruite vorm ’n sagte tapyt oor die land, terwyl die lig van die middagson alles in ’n goue gloed dompel. Of dit nou portrette, familiefoto’s of natuurfoto’s is, elke hoek bied ’n skilderagtige agtergrond. Die sagte briesie wat deur die lusern waai, die kleurvolle blomme en die rustige atmosfeer maak elke foto natuurlik en vol lewe. Hier word herinneringe nie net vasgevang nie, maar ook gevier. 🤍

Kry vir jou 'n fotograaf van jou keuse & kom neem foto's hier op die plaas!

Kontak my gerus om te bespreek.
Brumilda Becker
084 049 8999

📷 Fotograaf: Sonne Photography

Ouers is wortels diep in grond,wat hou wanneer die wind ons toets.Hulle gee sonder om te vra,en wys die pad met sagte mo...
07/01/2026

Ouers is wortels diep in grond,
wat hou wanneer die wind ons toets.
Hulle gee sonder om te vra,
en wys die pad met sagte moed.
In stil oomblikke is hul daar,
met raad, met hoop, met oop arms.
Deur elke seisoen van ons lewe
bly hul liefde ons veilige tuiste. ♥️

📷 Fotograaf: Sonne Photography

Address

Potgietersrus

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Lecker Bosveld Plaas posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category