Hannah Kook

Hannah Kook My liefde vir kos kom van my skoonma, Rita. Daar is min dinge wat mense so om ’n tafel kan saambring soos lekker kos.

Ek maak graag eenvoudige, eerlike kos ek gebruik geen spoggerige bestanddele of geurmiddels nie, net goeie kwaliteit produkte. A stay-at-home mom... Super excited about all the new opportunities...

I am married and I have two beautiful boys... Family is important to me and by working from home, I am able to spend more time with people who are important to me. I am totally passionate about my work and love interacting with clients...

Thank you for supporting my business.

BOBOTIE ❤️Ek weet nie van julle nie, maar vir my is Bobotie een van daardie geregte wat altyd soos huis voel.Ek maak myn...
02/10/2026

BOBOTIE ❤️

Ek weet nie van julle nie, maar vir my is Bobotie een van daardie geregte wat altyd soos huis voel.

Ek maak myne eenvoudig, met gewone bestanddele wat ek sommer in my kombuis het.

En hier is nog iets wat ek altyd doen…

Ek maak ALTYD seker daar is Bobotie oor! 😂

Want die oorskiet word die lekkerste Bobotie-pasteitjies. Ek maak hulle, vries hulle rou en dan kan ek hulle bak wanneer ek hulle nodig het.

Soms maak ek sommer die Bobotie dubbel, net om seker te maak daar is genoeg vir die pasteitjies ook. 😋

Resep:

Bestanddele:

2 uie, gekap
Kookolie of botter vir braai
1 kg maalvleis
1 sny witbrood
250 ml melk
1 eier
15 ml kerriepoeier
1½ eetlepel suiker
10 ml sout
2,5 ml peper
7,5 ml borrie
30 ml asyn
125 ml rosyne (opsioneel)
45 ml blatjang
4 lourierblare of suurlemoenblare

Vir die bolaag:

125 ml melk – jy kan die melk gebruik waarin die brood geweek het
1 eier

Metode:

Verhit die oond tot 180 °C.

Week die brood in die 250 ml melk.

Braai die uie in ’n bietjie olie of botter tot sag en deurskynend. Voeg die kerriepoeier en borrie by en braai dit vir ongeveer ’n minuut.

Voeg die maalvleis, sout, peper, asyn, suiker, blatjang en rosyne by en braai tot die maalvleis gaar is.

Druk die oortollige melk uit die brood, maar hou die melk vir die bolaag. Krummel die brood by die maalvleismengsel en meng alles goed.

Skep die mengsel in ’n gesmeerde oondbak en druk die lourierblare of suurlemoenblare bo-op in die vleis.

Klits die eier en melk vir die bolaag saam en giet dit oor die maalvleis.

Bak vir 30–45 minute, of totdat die bolaag mooi gestol en goudbruin is.

En dan natuurlik…

Moenie alles opeet nie! 😂

Maak seker daar is ’n bietjie oor vir Bobotie-pasteitjies. ❤️

Ek hou niks daarvan om kos weg te gooi nie. En rys is een van daardie kosse wat jy altyd weer kan gebruik.Ek vries altyd...
29/09/2026

Ek hou niks daarvan om kos weg te gooi nie. En rys is een van daardie kosse wat jy altyd weer kan gebruik.

Ek vries altyd my oorskietrys. 🍚

Nie omdat ek op daardie stadium al presies weet wat ek daarmee gaan doen nie… maar omdat ek weet daar gaan ’n dag kom wat daardie sakkie rys baie handig gaan wees! 😂

En dan is gebraaide rys een van my gunsteling maniere om dit te gebruik.

Die lekker ding van gebraaide rys is dat daar eintlik geen vaste resep hoef te wees nie.

Ek kyk altyd wat ek het in my yskas...

🥕 ’n Wortel of twee
🫛 ’n Handvol ertjies
🧅 ’n Bietjie ui
🥚 ’n Paar eiers
🥩 Oorskietvleis, hoender, spek of wors
🌶️ ’n Bietjie soetrissie
🌽 Mielies
🧄 Knoffel
🥢 Sojasous of jou gunsteling geurmiddels

En voor jy jou kom kry, het daardie bakkie oorskietrys verander in ’n heerlike, nuwe ete.

Dis presies hoekom ek daarvan hou om met kos te werk wat reeds in die huis is.

Niks "fancy" bestanddele nie.
Nie noodwendig ’n spesiale resep nie.
Net ’n bietjie kreatiwiteit en ’n “kom ons kyk wat het ons”-houding. ❤️

Want soms is die lekkerste kos die kos wat jy maak met dit wat jy reeds het.

So, moenie daardie oorskietrys weggooi nie! 😉
Vries dit… en eendag maak jy gebraaide rys.

“En hoe het ek die bakkie roerbraai rys gemaak?” 😄

Eintlik is dit glad nie ’n resep met presiese hoeveelhede nie.

Ek het ’n klein bietjie olyfolie in my pan gesit en eers my vleis mooi bruin gebraai. 🥩

Toe het ek my ui, wortel en knoffel bygesit en dit gebraai tot alles lekker gaar en geurig was.

Daarna het ek my oorskietrys bygesit en alles lekker deurmekaar geroer.

Ek het ’n bietjie sojasous bygesit — en sommer net geproe en aangepas totdat dit vir my reg was.

Verder sit ek maar in wat ek op daardie stadium in my yskas het — ertjies, mielies, soetrissie, spek… eintlik enigiets wat ek dink lekker daarin sal werk. 😄

Dis mos die lekker van gebraaide rys — jy gebruik wat jy het! ❤️

Dis eintlik die lekkerte van gebraaide rys. ❤️

Jy hoef nie ’n resep te volg nie. Jy kyk wat jy het, jy gebruik jou oorskietkos, en jy maak vir jou iets nuuts en lekker.

En dis presies hoekom ek daarvan hou. 😊

EG • EERLIK • EENVOUDIG

En wat is nou lekkerder as ’n lekker braai saam met familie en vriende?En dan natuurlik… lekker roosterkoeke warm van di...
26/09/2026

En wat is nou lekkerder as ’n lekker braai saam met familie en vriende?
En dan natuurlik… lekker roosterkoeke warm van die vuur af! 😋

Hierdie heerlike roosterkoeke kan jy maak met een van die Buckets of Blessings-emmers se mengsels (al wat jy kort is water).

So, terwyl ons die somer en braaiseisoen tegemoet gaan… hoekom kry jy nie jou eie emmer met die 5-in-1 opsies nie - Ciabatta brood, Roosterkoeke, Vetkoeke, Potbrood en nog Pizzas ook!

🎄 SO VANDAG HET ONS ’N NUWE UITDAGING! 🎄

Ons wil vandag SLEGS 150 emmers verkoop. Elke emmer bevat TWEE pakke van die mengsel!

Dit is 150 persone of 10 besighede × 15 emmers elk

Dankie aan die volgende twee besighede wat ons ondersteun het met onderskeidelik 20 en 15 emmers - ons waardeer julle so baie!

❤️ ECD online - Sasolburg
❤️ Du Plessis Blasting – Upington

Watter besigheid kan ons vandag by hierdie lys voeg?

Vir nuwe mense wat dalk nie weet waaroor dit gaan nie:
Buckets of Blessings is deur Louis begin nadat hy met MS (Veelvuldige Sklerose) en Trigeminale Neuralgie gediagnoseer is. Sy gesondheidsuitdagings het dit vir hom moeilik gemaak om te werk, en hy het hierdie besigheid begin om ’n inkomste te probeer skep en sy gesin te ondersteun.

Ek het sy storie gehoor en besluit om saam met hom te help om hierdie spesiale Kersfees-uitgawe van die emmers te verkoop, sodat ons hom en sy gesin kan ondersteun.

🎄 Besigheidsaanbod (of enige individu wat 15 of meer emmers koop):
R125 per emmer
15 of meer = R120 per emmer
15 emmers = R1 800

Ideaal vir Kersgeskenke vir personeel, kliënte, verskaffers of sakevennote.

Ken jy ’n besigheid wat dalk wil inspring? TAG HULLE HIERONDER! 👇🏻

Kom ons kyk of ons vandag 10 besighede kan kry!

Om te bestel: 066 117 3820

Dit is langnaweek en ek is bietjie lui vir kosmaak… 😄Maar almal kyk met leep-ogies na mamma wat altyd ietsie lekkers opt...
26/09/2026

Dit is langnaweek en ek is bietjie lui vir kosmaak… 😄

Maar almal kyk met leep-ogies na mamma wat altyd ietsie lekkers optower!

Vanoggend flous ek hulle met hierdie baie maklike resep…

Ek maak dit al jare en in ons huis noem ons dit Wipkoekies. 😂

Hulle bak aan die een kant tot goudbruin en woep-waps — daar tiep hulle sommer vanself om om aan die ander kant ook mooi te bak.

En hulle is baie lekker!

Hier is wat ek doen:

🥣 Wipkoekies

Jy benodig:

* 500 ml koekmeel
* 2,5 ml sout
* 10 ml bakpoeier
* 125 ml suiker
* 250 ml melk
* 1 eier
* 15 ml dik room
* Olie vir diepbraai

Metode:

Sif die droë bestanddele saam.

Klits die melk, eier en room goed saam. Roer die droë bestanddele hierby in.

Meng liggies, maar goed. Die deeg moenie te slap wees nie.

Skep teelepelsvol in warm, diep olie.

Wanneer die vetkoekies halfpad gaar is, wip hulle vanself om! 😉

Dis dit. Geen moeite nie, maar ’n lekker ietsie vir die langnaweek.

Nou weet ek sommer die vraag gaan wees: Wat is dik room en moet ek dit gebruik?

Hier is ‘n paar opsies:

As jy nie dik room het nie, moenie bekommerd wees nie! ❤️

Jy kan die 15 ml dik room in my Wipkoekie-resep maklik vervang.

Jy kan gebruik:

• 15 ml gewone volroom-jogurt – dit is my eerste keuse.
• 15 ml suurroom – dit werk ook baie lekker en hou die wipkoekies sag.
• 15 ml ekstra melk – die eenvoudigste opsie. Voeg dit net bietjie vir bietjie by sodat jou deeg nie te slap word nie.
• 15 ml karringmelk – dit werk ook baie goed.

En as jy nie karringmelk in die yskas het nie, kan jy sommer jou eie vinnige karringmelk maak.

Meng 60 ml melk met ¾ teelepel wit asyn of suurlemoensap en laat dit vir 5–10 minute staan. Die melk sal effens verdik en skei. Nou het jy karringmelk! Jy gebruik net 15 ml daarvan in die resep en kan die res vir iets anders gebruik.

Maar as dit ek is? 😄

Ek sal sommer die volroom-jogurt gebruik as ek dit het. Dit gee vir die wipkoekies ’n lekker sagte binnekant en jy hoef niks spesiaals aan te maak nie.

Dis mos waarvoor ’n mens resepte deel — sodat ons kan werk met wat ons in die huis het! ❤️

Mooi Saterdag vir almal! ❤️

❤️ ’N EERLIKE OPDATERING VAN MY AF…Ek gaan vandag sommer net eerlik wees… ek is ’n bietjie teleurgesteld.Nie omdat ek pe...
25/09/2026

❤️ ’N EERLIKE OPDATERING VAN MY AF…

Ek gaan vandag sommer net eerlik wees… ek is ’n bietjie teleurgesteld.

Nie omdat ek persoonlik iets verloor as ons nie 1 000 emmers verkoop nie. Ek kan aangaan met my lewe.

Maar ek het hierdie ongelooflike platform van mense wat my volg en ondersteun, en toe ek Louis se storie hoor, het ek regtig gevoel: Hier kan ek iets doen.

Want vir Louis en sy gesin beteken hierdie verkope soveel meer as net ’n emmer wat verkoop word.

Dit beteken mediese uitgawes. Dit beteken medikasie. Dit beteken mediese fonds. Dit beteken ’n inkomste vir ’n man wat weens sy gesondheid nie meer kan werk nie.

En dit is wat my vandag hartseer maak.

Louis is self tans nie op ’n baie goeie plek nie, en ek weet hoe graag ek hierdie uitdaging vir hulle wou laat werk.

Ons het gister so mooi begin — 43 emmers — en vandag is daar nog geen nuwe bestellings nie.

Maar ek wil nie hê hierdie moet ’n hartseer plasing wees nie.

43 is nie nul nie. ❤️

43 mense het reeds gesê: “Ek wil help.”

En ek glo steeds daar is mense wat hierdie boodskap nog moet sien.

Miskien is dit jy. Miskien is dit jou besigheid. Miskien ken jy iemand wat kan help.

En as jy nie self ’n emmer kan koop nie, deel asseblief hierdie plasing. Tag iemand. Stuur dit vir ’n besigheid.

Want dalk is dit juis jóú deel wat hierdie boodskap by die volgende bestelling bring.

Ek het nog nie opgegee nie.

🎄 43 / 1 000
🔥 957 om te gaan.

Kom ons kyk wat kan ons nog saam doen. 🇿🇦 ❤️

ONS GAAN STEEDS VIR 1 000!

En ek glo steeds ons kan dit doen.

Vir dié van julle wat dalk nou die eerste keer van Buckets of Blessings hoor:

Louis is ’n Suid-Afrikaner wat met MS (Multiple Sclerosis) en Trigeminale Neuralgie leef. Hy het Buckets of Blessings begin om ’n inkomste te skep en terselfdertyd ander te help.

Dis hoekom ek hierdie projek so graag ondersteun.

Hannah Kook gaan nie ’n verkoopsblad word nie. Ek deel my resepte, kos en stories hier — maar hierdie is iets wat vir my baie na aan die hart lê, en daarom gee ek dit graag ’n bietjie ekstra blootstelling.

Ons eerste doelwit is steeds 1 000 emmers.

En onthou, jy as individu kan ook ’n emmer of twee koop! Dit maak ’n baie oulike Kersgeskenk vir ’n onderwyser, kollega, vriend, familielid… of sommer net iemand wat jy graag wil bederf.

Maar nou wil ek ook ’n spesiale uitdaging aan besighede rig:

Ons het nog 950 emmers nodig.

As net 64 besighede elk 15 emmers neem, is ons oor die 1 000!

So ek vra vandag vir elkeen wat hierdie lees:

Dink aan EEN besigheidseienaar wat jy ken en stuur hierdie plasing vir hulle.
Jou dokter.
Jou haarkapper.
Jou loodgieter.
Jou eiendomsagent.
Jou gunsteling winkel.
’n Vriend met ’n besigheid.

Net een boodskap: “Ek het gedink jy sal dalk hierin belangstel.”

En wie weet… dalk is jou een deel van die 64 besighede wat ons help om daardie eerste 1 000 te bereik.

En daarna?

10 000 voor Kersfees.

Ek glo ons kan dit doen.

Vir enkel bestellings, R125 per emmer en vir bestellings van 15 of meer: R120 per emmer - 15 emmers = R1 800.

Stuur vir my ’n boodskap vir meer inligting - WhatsApp 0661173820.

ONS GAAN STEEDS VIR 1 000!En ek glo steeds ons kan dit doen.Vir dié van julle wat dalk nou die eerste keer van Buckets o...
25/09/2026

ONS GAAN STEEDS VIR 1 000!

En ek glo steeds ons kan dit doen.

Vir dié van julle wat dalk nou die eerste keer van Buckets of Blessings hoor:

Louis is ’n Suid-Afrikaner wat met MS (Multiple Sclerosis) en Trigeminale Neuralgie leef. Hy het Buckets of Blessings begin om ’n inkomste te skep en terselfdertyd ander te help.

Dis hoekom ek hierdie projek so graag ondersteun.

Hannah Kook gaan nie ’n verkoopsblad word nie. Ek deel my resepte, kos en stories hier — maar hierdie is iets wat vir my baie na aan die hart lê, en daarom gee ek dit graag ’n bietjie ekstra blootstelling.

Ons eerste doelwit is steeds 1 000 emmers.

En onthou, jy as individu kan ook ’n emmer of twee koop! Dit maak ’n baie oulike Kersgeskenk vir ’n onderwyser, kollega, vriend, familielid… of sommer net iemand wat jy graag wil bederf.

Maar nou wil ek ook ’n spesiale uitdaging aan besighede rig:

Ons het nog 950 emmers nodig.

As net 64 besighede elk 15 emmers neem, is ons oor die 1 000!

So ek vra vandag vir elkeen wat hierdie lees:

Dink aan EEN besigheidseienaar wat jy ken en stuur hierdie plasing vir hulle.
Jou dokter.
Jou haarkapper.
Jou loodgieter.
Jou eiendomsagent.
Jou gunsteling winkel.
’n Vriend met ’n besigheid.

Net een boodskap: “Ek het gedink jy sal dalk hierin belangstel.”

En wie weet… dalk is jou een deel van die 64 besighede wat ons help om daardie eerste 1 000 te bereik.

En daarna?

10 000 voor Kersfees.

Ek glo ons kan dit doen.

Vir enkel bestellings, R125 per emmer en vir bestellings van 15 of meer: R120 per emmer - 15 emmers = R1 800.

Stuur vir my ’n boodskap vir meer inligting - WhatsApp 0661173820.

Toe ek begin dink het aan Erfenisdag en wat ek vandag met julle op Hannah Kook wil deel, het my gedagtes natuurlik eerst...
24/09/2026

Toe ek begin dink het aan Erfenisdag en wat ek vandag met julle op Hannah Kook wil deel, het my gedagtes natuurlik eerste na ’n lekker braai gegaan.

Want kom ons wees eerlik… ’n Suid-Afrikaanse braai en Erfenisdag loop darem hand aan hand. 😄

Maar toe dink ek verder… nie almal gaan vandag kan braai nie. Ons kan ook nie.

En tog beteken dit nie dat ons nie Erfenisdag rondom kos kan vier nie.

Want as ek aan Suid-Afrika dink, dink ek nie net aan ’n braai nie.

Ek dink aan kos waarmee ek grootgeword het. Kos wat herinneringe dra. Kos wat van een geslag na die volgende aangegee word en wat ons sommer net oor die jare deel van ons eie huise en families gemaak het...

En nie al hierdie disse het noodwendig hulle oorsprong in Suid-Afrika gehad nie, maar tog het dit so deel van ons geword...

Ek dink aan pampoenkoekies, melktert, vetkoek, waterblommetjiebredie, en sommer nog baie ander disse ook.

Dis die tipe kos wat vir my sê: Suid-Afrika.

En daarom het ek besluit — hoekom móét Erfenisdag noodwendig ’n braai wees?

Vandag gaan ek eerder iets maak wat vir my baie aan my eie kinderdae laat terugdink: Pampoenkoekies!

Hier is wat ek gedoen het:

Ek sny een groot butternut en kook dit tot lekker sag. Ek laat dit nou koud word. Ek kry gewoonlik so 2 koppies fyn, gaar butternut.

Nou voeg ek by:
¾ koppie meel
2 t bakpoeier
1 t sout
1 eier

En dan bak ek hulle in olie tot hulle mooi goudbruin is.

Onder in ’n plat opdienbak begin ek sommer met kaneelsuiker wat ek strooi. Dan pak ek die pampoenkoekies bo-op en strooi weer lekker met kaneelsuiker.

Ek maak dit toe met foelie sodat die suiker lekker kan “insmelt”.

PS. Die foelie oor die pampoenkoekies keer ook dat pampoenkoekie-diewe nie kort-kort enetjie kom proe nie! 😂

Oooo! Dit is soos poeding saam met jou ete! 😋 Heerlik!

Vandag gaan mos ook daaroor om die klein dingetjies wat vir ons iets beteken, te onthou en voort te dra. ❤️🇿🇦

❤️Opdaterings in die comments❤️Ek het vanoggend met hierdie 'wilde' idee wakker geword... kom ek vertel julle...Dit is v...
24/09/2026

❤️Opdaterings in die comments❤️

Ek het vanoggend met hierdie 'wilde' idee wakker geword... kom ek vertel julle...

Dit is vandag Erfenisdag! Dis ook mos ons “braaidag” hier in Suid Afrika en ek weet oral op Facebook en in die winkels word daar resepte en voorstelle gedeel rondom braaivleis, slaaie en meer...

Maar daar is ook baie huise in Suid-Afrika waar ’n braai vandag nie moontlik is nie... en dit is okay... vir my gaan Erfenisdag oor Suid-Afrika! 🇿🇦 Kyk, moenie my verkeerd verstaan nie - niks kom vir my by ’n lekker lamstjoppie gebraai op die vuur nie! Mmmm daai 'crispy' vetjies!

Ja, so baie mense sal die dag met ’n lekker braai deurbring, maar vir sommige is die werklikheid so anders…

Toe ek Louis van Buckets of Blessings se storie gehoor het, was ek diep geraak…

MAAR as daar een ding is wat ek van ons nasie weet en wat ek baie liefhet… is dit dat ons mense is mense met ’n “boer maak ’n plan”-mentaliteit!

En dit is presies wat Louis gedoen het!!!

Om met MS gediagnoseer te word, het nie sy veggees gebreek nie!!! NEE!
Hy het aangegaan en Buckets of Blessings geskep!

Ek het vandag ’n GROOT uitdaging vir Hannah Kook!

Om ons ondersteuning aan hierdie wonderlike Suid Afrikaanse gesin te wys, wil ek hê ons moet vandag 1 000 van Buckets of Blessings se Kersfees emmers verkoop!!!

Ja, vandag op Erfenisdag!!! 🇿🇦

Dink julle ons kan dit doen? As ons 1 000 persone wat hier lees, kan kry om net elkeen 1 emmer te bestel, dan kan ons dit maak! Ek wil so graag dat ons ’n impak kan maak en ’n verandering in hierdie gesin se lewe kan bring! Sal julle my help asseblief? ❤️

PS. Ek sit kontak besonderhede en 'n foto van die Kersfees emmers in die eerste 'comment'

PS. Ek sit die kontakbesonderhede en 'n foto van die Kersfees-emmers in die comments, maar vir die wat sukkel om dit te kry. Een emmer kos R125 en 10 en meer kos R120 elk - Twee pakke in elke Kersfees emmer.

Nog 'n PS. Ek gaan deur die loop van die dag, so elke uur of wat, ‘n nuwe ‘comment’ plaas met inligting oor hoe ons vorder! Hou dus hierdie plasing dop!

🎄 IETS BAIE SPESIAALS IS OP PAD VIR KERSFEES! 🎄Ek en Louis van Buckets of Blessings het die afgelope tyd oor iets besond...
23/09/2026

🎄 IETS BAIE SPESIAALS IS OP PAD VIR KERSFEES! 🎄

Ek en Louis van Buckets of Blessings het die afgelope tyd oor iets besonders vir Kersfees gesels…

En toe besluit ons om GROOT te droom! ❤️

Vir ’n beperkte tyd bring ons vir julle ’n SPESIALE KERSFEES-UITGAWE — met TWEE pakke in een emmer! 🎁🎁

En die beste deel? Ons het vir onsself ’n GROOT doelwit gestel…

🎄 10 000 EMMERS! 🎄

Ja… 10 000!

Die Kersfees-emmers kos R125 elk.

🎁 Bestel 15 of meer en betaal slegs R120 per emmer!

So, vir slegs R1,800 kry jy 15 fantastiese Kersgeskenke — en jy help terselfdertyd om iets besonders vir ’n spesiale familie moontlik te maak. ❤️

Dit maak sommer ’n lekker Kersgeskenk vir familie, vriende, kollegas, kliënte, personeel… of enige iemand wat jy hierdie Kersfees met iets besonders wil verras.

📦 VOORAFBESTELLINGS IS NOU OOP!

Versending begin 15 Oktober en aflewering is vir die kliënt se eie rekening.

En terwyl die bestellings instroom, gaan ons julle op hoogte hou van ons vordering…

Want iewers daar tussenin gaan ’n hele klomp van Kersvader se elfies baie, baie besig wees! 😂🎅🏻
Hulle gaan meet…
weeg…
pak…
plak…
en nóg ’n emmer pak!

Want 10 000 emmers gaan nie vanself by hulle nuwe huise uitkom nie! 😂

Ons gaan saam kyk hoe die getal groei:

🎄 100 emmers!
🎄 500 emmers!
🎄 1 000 emmers!
🎄 5 000 emmers!

En dalk… 🎄❤️ 10 000! ❤️🎄

Ek dink dit kan ongelooflik lekker wees om hierdie een saam te doen.

10 000 emmers. Een groot Kersfees-droom.

Wie is saam met ons? 🎄❤️

📩 Stuur vir my ’n WhatsApp boodskap om jou bestelling te plaas.
WhatsApp Hannah Kook - 066 117 3820

Ons voeg by:
Die eerste 5 bestellings van 4 of meer emmers ontvang GRATIS AFLEWERING! 🚚❤️

Beperkte aanbod — bestel vroeg om dit nie mis te loop nie!

Ons het nog van Saterdag-aand se snoek oorgehad.  Soos belowe hiermee die 4de dis wat ons uit die een snoek gemaak het -...
21/09/2026

Ons het nog van Saterdag-aand se snoek oorgehad. Soos belowe hiermee die 4de dis wat ons uit die een snoek gemaak het - heerlike SMOORSNOEK...

Die oorskiet snoek se grate was reeds verwyder en dit was mooi gevlok. Vir die smoorsnoek het ek die snoek bietjie in groter stukkies gelos as wat die snoek vir die pasteie en snoekkoekies was.

Vir die smoorsnoek het ek die volgende gebruik:
2 - 3 aartappels
1 ui
1 tamatie
Gevlokte snoek
Speserye/kruie volgens smaak

Ek het aartappels in klein blokkies gesny en dit eers ’n bietjie vooraf gekook. Toe braai ek die aartappels in ’n bietjie olyfolie saam met fyngekapte ui, vars tamatie en ’n bietjie knoffel.

Ek het die snoek bygesit en alles lekker saam liggies gebraai in die pan. Ek het ook ’n bietjie van Ina Paarman's Kitchen se Braai & Grill-spesery bygesit vir ekstra geur.

Soos altyd: gebruik wat jy in jou huis het en proe maar. As dit nog iets kort, voeg dit by! 😉

Ons het dit saam met wit rys geëet en dit was heerlik!

En daarmee is dit nou die laaste van hierdie groot, heerlike snoek. Ons het omtrent lekker gesmul:

🐟 Saterdag-aand se gebraaide snoek
🥧 Snoekpasteie
🐟 Snoekviskoekies
🍚 Smoorsnoek

Een snoek, vier disse!

Nou is ek amptelik "snoekified"! 😂

Address

Pretoria

Telephone

+27661173820

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hannah Kook posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share