30/11/2023
Ek vra ook net alewig vir goeters... maar hier is ek nou maar weer - dis tog waarvoor Facebook daar is, is dit nie? Om die massas te bereik. 😋
Ek is tans betrokke by 'n projek vir 16 Days of Activism, waar ons 'n stukkie grond in Arcadia opknap in die hoop om stelselmatig hernuwing en lands-trots te vestig! (Hou seblief vir ons duim vas, ons gooi maar met die hele "kom ons verander die wereld" ding 😛).
Ek is dus tans opsoek na die volgende:
1. Hande wat in die grond wil kom werk en bietjie tuin maak op 'n ander deel van die stage (dis nou die wereld). Sou jy nie wou tuinmaak nie, maar eerder verf, dis ook 'n opsie - daar word 'n mural geverf - dit gaan mooi wees!!
2. Water-wys plante soos spekbome, vet plante, aloes (is dit vet plante?), en brood-bome. Verskoon seblief my noue kennis van plante, ons kom daar.
3. Klippies! So baie klippies! Ongelukkig kan die gras nie onderhou word nie, so ons werk maar met die red-tape waar tussen ons hardloop... (Ek probeer nog die rooi tape verstaan... weereens, ons kom daar).
4. Enige ander bydraes tot die tuin is welkom!
5. Saam met hierdie projek het ons 'n uitreik na albei 'n GBV huis van veiligheid, asook 'n huis vir bejaardes, ek is dus opsoek na linne en gordyne vir hierdie instansies, asook klere vir die inwoners.
6. Laastens, bied hierdie projek 'n SDG Bootcamp aan. 'n Dag sessie, 'n crash course if you may, oor die volhoubare ontwikkelings doelwitte. Hierdie is 'n geleentheid om op 'n praktiese manier die woorde van hierdie veld te leer, om te gebruik vir ontwikkeling in besigheid, worldview, of net kennis! (En dis Verniet, imagine 😉).
Sou julle wou betrokke raak, skakel my gerus: 0622923969 - oproepe maak my angstig, en dis in elkgeval 80% van die tyd op speaker, so whatsapps is maar altyd makliker.
Okay, ek gaan my 5000 woord opstel hier afsluit en se dankie vir die lees tot hier, dis way te lank - ek weet... maar die informasie is baie, en die geleenthede vir saam speel so wyd.
Okay goed dan. 🌸