Kosbaar Kombuis

Kosbaar Kombuis Jou Geliefde Kombuis - Smaaklike Tuisgemaakte Etes Spesiaal vir Bejaardes

🍚🍗Dondermiddag Lekkerte 🍗🍚- Tuisgemaakte KFC- Rys en Sous- Lemoenstroop Wortels- Tradisionele GroenboontjiesVir ons beja...
20/08/2026

🍚🍗Dondermiddag Lekkerte 🍗🍚
- Tuisgemaakte KFC
- Rys en Sous
- Lemoenstroop Wortels
- Tradisionele Groenboontjies

Vir ons bejaardes wat n sagter dieet geniet was dit n lekker fyn gemaakte Hoender Stew op mash en groentes🤤

En vir aandete is PANNEKOEK mos altyd n wenner saam aartappel sop 😁

(Na)Week Hoogtepunt vir ons bejaardes:Sondagmiddagete 😋- Beesstowe op Samp - Brosgebakte Aartappels- Groenboontjies- Soe...
12/08/2026

(Na)Week Hoogtepunt vir ons bejaardes:
Sondagmiddagete 😋
- Beesstowe op Samp
- Brosgebakte Aartappels
- Groenboontjies
- Soet Patats
En die beste deel 😊
- Sjokolademousse vir nagereg

Vandag se happie hoekie! Vis en tuisgemaakde chips! Soetwortels en Groenboontjies! Heerlike Vrydag middag ete!
19/06/2026

Vandag se happie hoekie! Vis en tuisgemaakde chips! Soetwortels en Groenboontjies! Heerlike Vrydag middag ete!

Hier is ’n Happie Hoekie, reguit uit ons kombuis! 🍽️Ons maaltye is ideaal vir bejaardes en persone met Alzheimer’s wat v...
16/06/2026

Hier is ’n Happie Hoekie, reguit uit ons kombuis! 🍽️

Ons maaltye is ideaal vir bejaardes en persone met Alzheimer’s wat verkies dat hul kos in afsonderlike gedeeltes bedien word. Sag, smaakvol en netjies voorberei. Elke happie met sorg gemaak!

Kontak ons gerus vir meer inligting of om te bestel. 💚

Ons Junie spyskaart! As jy graag wil bestel stuur gerus vir ons 'n boodskap. Daar is 'n promosie die maand: Bestel & Bet...
11/06/2026

Ons Junie spyskaart! As jy graag wil bestel stuur gerus vir ons 'n boodskap. Daar is 'n promosie die maand: Bestel & Betaal 5 en meer etes in Junie en kry 5% afslag OF Bestel & Betaal 12 en meer etes in Junie en kry 10% afslag.

Jou geliefde kombuis!

Happie Hoekie! 👩‍🍳Een van die week se borde kos op ons spyskaart:- Tradisionele Bobotie & Sous- Soet Wortels- Ertjies- B...
15/05/2026

Happie Hoekie! 👩‍🍳
Een van die week se borde kos op ons spyskaart:

- Tradisionele Bobotie & Sous
- Soet Wortels
- Ertjies
- Beet Slaai

Pragtige kleur, tekstuur en smaak vir ons geliefde bejaardes! 💛

Gelukkige gesigte en warm borde kos. Dis waarvoor Kosbaar Kombuis leef ❤️Elke ete wat geskenk word, bring nie net kos op...
08/05/2026

Gelukkige gesigte en warm borde kos. Dis waarvoor Kosbaar Kombuis leef ❤️
Elke ete wat geskenk word, bring nie net kos op die tafel nie, maar ook hoop, omgee en waardigheid vir minder bevoorregte bejaardes. Dankie aan elkeen wat help om ‘n verskil te maak. 🫶🍲

Hier is ‘n voorsmakie van ons Mei-menu. Die perfekte balans tussen ritme en afwisseling, met geregte wat bekend, voedsaa...
05/05/2026

Hier is ‘n voorsmakie van ons Mei-menu.
Die perfekte balans tussen ritme en afwisseling, met geregte wat bekend, voedsaam en vol smaak is.
Lekker kos, spesiaal saamgestel vir bejaardes, presies soos hulle daarvan hou.
Tried & tested! 💪🤍

Baie bejaardes sukkel om te eet. 'n Laer eetlus, tande wat nie meer lekker kou nie, kos wat te grof is of eenvoudig is d...
28/04/2026

Baie bejaardes sukkel om te eet. 'n Laer eetlus, tande wat nie meer lekker kou nie, kos wat te grof is of eenvoudig is dit net te sout... Die waarheid is: selfs ’n klein bietjie is beter as niks.

Ons verstaan hoe frustrerend dit vir families kan wees om hul ouers of grootouers aan die eet te kry. Daarom skep Kosbaar Kombuis spesiaal ontwikkelde maaltye. Ons pas ons resepte deurlopend aan om seker te maak dat bejaardes nie net eet nie, maar ook die kos geniet!

Probeer ons sorgsaam voorbereide maaltye. Kontak ons by 065 650 9518 om ’n week se maaltye te probeer, dalk is dit die oplossing waarna jy nog heeltyd opsoek is!

Address

Wonderboom
Pretoria

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Kosbaar Kombuis posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share