AJ Boerdery

AJ Boerdery We do transporting and buying of live cattle, selling and marketing of A grades. History of AJ Boerdery
AJ Boerdery, Started in 2002 as a one man operation.

Here at AJ Boerdery, we have an extent knowledge in livestock primarily cattle.We background our own calves and ready them for feed lot growers or our own feed lot. It was difficult as there was only one person that could do the buying and reselling of cattle. In the years we grew more, our team members joined, Feed Lots and back grounding became part of our business and we still expanded till were we are today. Our target region grew to Namibia and Mozambique as well.

09/10/2024

Sterkte aan Almal met die Brande....
Soms is bliksems n kwas
deur jaco de villiers

In die nag toe hierdie oggend nog in sy diepste beproewing ingegrawe was, lui die bure. Dit brand!

Daar is nie tyd vir Klaasvaakiestof uit die oë vee nie. Nie tyd vir hoe dit gaan. Dit gaan nie goed as daar n see van vlamme oor die bulte dans soos Impi's assagaai omhoog by vegkop.

Jy word wakker oppad. Alles in jou is instinktief. Dit is n dril soos mieliepap met melk eet vir ontbyt. Die kim glim oker en ñ skaam maan is reeds renonkelrooi gekonkel van rook uit kosbaar weidingskampe.

Die boere is oorgeskakel na "outo pilot" Die voorste bakkie tem lekkende vlamtonge, bakkie twee breek sy rug, baķkie drie maak dood, bakkie vier hang terug om seker te maak die vuur spring nie weer op en bekruip van agter nie. Dit is stil, baie stil net die eentonige reëlmaat van spuitpompe knars deur die Vrystaat se vlaktes en gaan lê vleiaf saam die rook van gebrande beeskos. Niemand hoef te praat, niemand skreeu bevele, niemand salueer.

Wanneer die son die dageraad ontbloot en die wind gaan lê word die laaste vlamme dood gespuit. Die manne groet met n glimlag en diep in hul harte rys die stem van broederskap wat niemand ooit kan verstaan wat die swart vlaktes nog nie gesien het, wat die reuk van n dood gebrande meerkat of veldmuis nog nie geruik het.

Stadig draai ek terug plaastoe, n plaas waar die Engelse die opstal in 1900 tot roet en as afgebrand het, ñ plaas wat deel was van die verskroeide aarde en ek d**k aan die magteloosheid van volksmoeders wat nie 4x4 Land Cruisers, Ford en Izusu's met "fire fighters" agterop gehad het nie. Ek d**k aan ñ banneling wat moes terugkeer na die niksheid van roet en as. Ek d**k aan die herbou, opbou en pad na welvaart wat gestap is deur mense, my mense, ons mense, seerkry mense, opstaan mense, wenner mense. Daar is radio stilte in my hart en kop en ek bid sag in my binnekamer daarbuite.

Here het u gesien hoe hierdie boere en hul werkers skouer teen skouer mekaar aflos om rook te sluk? Het u gesien hoe hulle huil sonder hartseer, hoe hulle lag sonder grappies. Here hulle erken die rentmeesterskap wat U aan hulle gegun het. As ek mag vra Here, hou hulle in die bakke van U sterke hande. Al is hulle soms so dwars en skuins gegroef is hulle gehoorsame knegte wat bewoon, bewaar en bewerk.

Address

Randridge Plot 5
Randfontein

Telephone

+27825106018

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when AJ Boerdery posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to AJ Boerdery:

Share