GGB Boerdery

GGB Boerdery Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from GGB Boerdery, Farm, Rayton.

🐐GGB Boerdery is gebou op ’n passie vir die teel van gesonde, versorgde en beeldskone Stoet Boerbokke – met sorg en trots grootgemaak.🐐

🌱🙏"Die Here seën die hand van die veeboer wat met sorg boer – Spreuke 27:23"🙏🌱

✨🐐 Did you know baby goats dream when they sleep? 💤 Their tiny ears, legs and tails sometimes twitch while they’re in dr...
17/09/2025

✨🐐 Did you know baby goats dream when they sleep? 💤 Their tiny ears, legs and tails sometimes twitch while they’re in dreamland — almost like they’re running or talking in their sleep.

And the cutest part? They love snuggling up together for naps. 💕 Piling on top of each other or leaning against mom makes them feel safe and warm. Little bundles of joy even in their sleep! 🌙

En net toe ons d**k dit kan nie méér geseënd raak vandag nie… toe maak daar nog ’n tweeling hulle opwagting! 🐐💫Twee prag...
10/09/2025

En net toe ons d**k dit kan nie méér geseënd raak vandag nie… toe maak daar nog ’n tweeling hulle opwagting! 🐐💫

Twee pragtige donkerkoppies wat die dag net nóg mooier maak. Die plaas borrel van dankbaarheid en 4 p**t babas 🌿❤️

18 kleine lammers....en dis steeds nie klaar nie🙏🐐

10/09/2025

🐐✨ Vandag was dit "tag en freedom day" vir ’n paar van ons klein babas op die plaas.
Hulle het behoorlik gesing en gehuil toe die oormerkies ingaan, maar nou is dit net groot speeltyd en pret in die kamp! 🌱💚

Ons harte is bly om hulle so gesond en vrolik te sien.

03/09/2025

🌸🐐 Dis Lente op die plaas en ons harte blom saam met die nuwe seisoen!
1 September, op Lentedag self, het 4 nuwe babatjies die wêreld kom groet – ’n ware teken van nuwe lewe en hoop. 🌱💛

Ons kudde groei só mooi en ons is ongelooflik trots om te sê dat daar al 16 pragtige nuwe kleintjies is. Elke nuweling bring sy eie vreugde en kleur by tot ons plaasgesin. 🐐✨

Die veld is amper groen, die son warm, en met elke klein bokkie wat spring en speel voel dit of die plaas nog meer leef. Ons harte loop oor van dankbaarheid en trots vir hierdie seën! 🥰🌸

19/08/2025

✨🐐 ’n Wonderwerk op die plaas 🐐✨

Vandag het ons ’n besonderse seën ontvang – ons eerste tweeling bokkies is gebore! 🤍🤎 n geskenk so uit God se hand🙏
Klein, sag en vol lewe – dit is ongelooflik om te sien hoe sterk hulle al van die eerste oomblik af is.

Ons is so dankbaar om hierdie kosbare begin saam met ons kudde te beleef. 🌿
Mag hulle gesond grootword en baie vreugde bring!

Boerbokke en Kinders-1. Mak-maats vir lewe 🐐👧👦Boerbokke is vriendelik en nuuskierig, so kinders raak gou lief vir hulle ...
11/08/2025

Boerbokke en Kinders-

1. Mak-maats vir lewe 🐐👧👦
Boerbokke is vriendelik en nuuskierig, so kinders raak gou lief vir hulle – en andersom.

2. Plaas-speelkameraad 🎯
Kinders hou daarvan om Boerbokke te lei, te voer of saam met hulle te hardloop. ’n Bok gaan altyd probeer om vinniger te wees!

3. Sagte lewenslesse 🌱
Boerbokke leer kinders geduld, sorg en respek vir diere. Dit is soos ’n speelskool van die natuur.

4. Pret met persoonlikheid 😄
Elke Boerbok het sy eie “karakter” – party is stout en klim oralop, ander volg jou soos ’n skaduwee.

5. Veiligheid eerste ⛑️
Al is Boerbokke saggeaard, moet kinders altyd onder toesig wees – veral as daar groot ramme is.

Soms moet jy net terugstaan, stil word...en die skoonheid én spiere van 'n mooi, kragtige ram bewonder. 🐏💪Dis nie net 'n...
06/08/2025

Soms moet jy net terugstaan, stil word...
en die skoonheid én spiere van 'n mooi, kragtige ram bewonder. 🐏💪

Dis nie net 'n dier nie – dis trots & bloedlyn in aksie.

05/08/2025

🧐Al ooit gewonder hoe het die naam GGB Boerdery ontstaan en hoekom juis dit?

GGB Boerdery het ontstaan toe die Here ’n roering in my verloofde se hart sit. Hy het haar een nag wakker gemaak met hierdie woorde:
“God se Genade Boerbok Boerdery.”

Sy vra toe sag:
“Maar Here, wat as dit in Engels moet wees?”
En Hy antwoord eenvoudig:
“God’s Grace Brayshaw.”

Dis toe dat ons besef: hierdie is nie net ’n boerdery nie, dis ’n pad wat God self begin het — gebou op Sy genade, geanker in geloof.

As ek staan en kyk na die bokke wat so rustig wei, besef ek elke dag opnuut:
alles hier is net God se genade.
Nie deur my krag nie, maar deur Sy hand.
Elke asem, elke dier, elke stukkie groei –
’n herinnering dat Hy voorsien. 🙏🌱

04/08/2025

HET JY GEWEET? 🐐

Bokke het vier maagkamers😳 – die rumen, retikulum, omasum en abomasum – wat saamwerk om harde plante, gras en blare te verteer.

Die eerste maagkamer, die rumen, kan tot 6 liter kos hou en dien soos ’n groot “mengbak” waar kos met goeie bakterieë afgebreek word.

Bokke kou hulle kos twee keer – eers sluk hulle dit af, dan bring hulle dit weer op as “herkou” om dit verder te maal.

Hierdie vier maagkamers laat bokke voeding uit selfs die taaiste plante haal wat ander diere nie kan verteer nie.

By GGB is kos lewe… en hierdie bokke leef voluit!🌿💚

Address

Rayton
1001

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when GGB Boerdery posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category