Elana's

Call Directions Website Contact the business

Elana's Good quality products at affordable prices. Our products are home made and as far as possible produced from local raw materials

Muffin Mix in a coffee bottle!We can’t bear to see glass jars and bottles thrown away. That’s why we have a recycling ra...
20/10/2026

Muffin Mix in a coffee bottle!

We can’t bear to see glass jars and bottles thrown away. That’s why we have a recycling rack outside the shop, and now we pack Elana’s delicious muffin mixes in old coffee bottles. It helps keep the price low too.

No long list of ingredients needed! Tip the dry mix into a bowl, stir in the wet ingredients, spoon into muffin pans and bake.

They freeze beautifully and thaw in minutes in the microwave.

Choose from 2 flavours: Bran or Poppyseed.

Only available at our Factory Shop on the farm outside Robertson.

16/10/2026

Wie sê leer moet vervelig wees?

Elke week kom die dames bymekaar vir ons opleidingsessies, en hierdie week het ons spanbou in aksie gesien. Daar is gelag, gestoei en ‘n bietjie gewen en verloor.

Want lewensvaardighede leer jy nie net in ‘n klaskamer nie. Jy leer dit as jy saam lag, saam probeer en mekaar help. Kommunikasie, spanwerk, selfvertroue: als in een speletjie!

Ek is so trots op my span. Kyk net hoe het hulle dit geniet!

Van pienk bloeisels tot stringe klein vruggiesAl die pragtige perskebloeisels wat ons laasmaand vir julle gewys het, het...
13/10/2026

Van pienk bloeisels tot stringe klein vruggies

Al die pragtige perskebloeisels wat ons laasmaand vir julle gewys het, het nou vruggies geraak. Sommer stringe klein vruggies!

As ons nie uitdun om ruimte vir die vrugte te gee om te groei nie, sit ons met ‘n oes van klein, ondermaatse vrugte. Daarom lyk dit nou asof die oes op die grond lê, maar dis die proses wat gevolg moet word.

En die vraag wat julle vra: hoe ver is die proses met Premier Foods en die inmaakfabriek in Tulbagh? Nog geen vordering nie.

As boere is ons die keuse gegee om ons boorde uit te haal en vir een jaar vergoed te word per ton vrugte wat ons sou gelewer het. Maar ‘n boer plant ‘n perskeboom vir 20 jaar. Dit is nie ‘n eenjarige produk nie. Ons plaas het nie die opsie aanvaar nie en wag nou vir die wetlike proses om sy roete te loop.

Dankie dat julle saam met ons hierdie seisoen deurloop.

KOOK MET ELANA'S - 4-Vrugtemarmelade-BruschettaEk loop al lankal met die gedagte om 'n PRESERVE TASTING te hou,  maar di...
09/10/2026

KOOK MET ELANA'S - 4-Vrugtemarmelade-Bruschetta

Ek loop al lankal met die gedagte om 'n PRESERVE TASTING te hou, maar die tyd en energie was nog altyd skaars... totdat ek gevra is om iets vir 'n Lente Tuin-oggendete te bedien, Ek het besluit om drie van ons minder bekende produkte in 'n elegante southappie te verwerk.

Dit was so 'n groot sukses dat dit sommer die geboorte van KOOK MET ELANA'S geword het! Hier gaan ek resepte met julle deel – huisresepte, kampresepte en, met tyd, ook 'n paar spoggerige resepte.

Ons skop af met hierdie 4-Vrugtemarmalade-Bruschettas 'n maklikse happie waarmee jy jou gaste gaan beïndruk.

Kook saam en wys my jou weergawe – tag

Kook die marmelade by ons aanlyn winkel www.elanas.co.za, ongelukkig is die Basil Pesto net by ons fabriekswinkel op die plaas beskikbaar.

OUR RUSKS VISIT SWITZERLAND🇨🇭This September, ELANA’S CARROTCAKE RUSK travelled to Switzerland with Danie Niehaus – birth...
07/10/2026

OUR RUSKS VISIT SWITZERLAND🇨🇭

This September, ELANA’S CARROTCAKE RUSK travelled to Switzerland with Danie Niehaus – birthplace of carrot cake, alongside England.
Inspired by the classic RUEBLITORTE, our version brings chopped nuts, warm spice, and a drizzle of white chocolate on top.

May this newest addition to our rusk range grow wings to travel the world and enrich homes with its warm spices and nutty flavours.

05/10/2026

’n Trotse oomblik vir Elana’s

Komende week verteenwoordig twee besonderse Elana’s-dames ons by die WESKAAP PRESTIGE AGRI TOEKENNINGS as deel van die Langeberg streek.
Natasha Plaatjies – Administrasie & Beste Potensiaal
Anna Marie Scheepers – Landbouverwerking

Twee dames. Twee besonderse prestasies.
En ’n groot rede om trots te wees op die mense agter Elana’s Preserves.

Ons wens julle alle sterkte toe vir die provinsiale beoordeling. Gaan geniet elke oomblik — julle het reeds soveel om op trots te wees.

Elana’s FOUR FRUIT MARMALADE is ‘n viering van die Robertson-vallei se sitrusoes in een fles. Ons kombineer lemoene, suu...
23/09/2026

Elana’s FOUR FRUIT MARMALADE is ‘n viering van die Robertson-vallei se sitrusoes in een fles.

Ons kombineer lemoene, suurlemoene, naartjies en pomelo's en kook dit stadig tot 'n pragtige oranje-pienk marmelade.

Die lemoen en naartjie bring 'n soetheid na die tafels, die suurlemoen 'n heerlike varsheid, en die pomelo gee daardie subtiele bitter nasmaak wat 'n goeie marmelade onderskei.

Heerlik op warm roosterbrood of beskuit, saam met 'n kaasbord, of as g***s oor gebakte ham en hoender.

Address

Silwerstrand Road
Robertson

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00
Saturday 09:30 - 13:00

Telephone

023 626 4985

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Elana's posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Elana's:

Shortcuts

Share