07/09/2026
Elana's en Platteland se paaie het in 2022 gekruis toe Peter en Johan oor ons besigheid 'n artikel geskryf het. Die afgelope twee jaar borg ons trots die fotokompetisie "MY HARTPLEK" in die tydskrif - 'n geleentheid vir lesers om 'n treffende storie te deel oor 'n foto wat hulle van ons pragtige platteland geneem het.
Die wenner van die Somer-uitgawe, Hennie van Deventer, het sy geskenkpak uitgepak en vir ons 'n foto gestuur. Ons kan sien hy gaan dit terdeë geniet! 🎉
Dis vir ons 'n groot eer om deel te wees van hierdie puik tydskrif wat ons geliefde platteland - waarvan Robertson ook trots deel is - elke maand in soveel huise laat uitkom.
---