07/06/2026
Die aanloop het begin na die 16de Mazél & Magaliesberggroep Veiling!
Op 6 Junie het ons eerste veilingsvergadering suksesvol plaasgevind — en die beplanning vir vanjaar se veiling is volstoom aan die gang.
- 2 Oktober 2026
- Rustenburg
Ons is dankbaar en verlig dat meeste van ons en ons gasverkopers se kuddes reeds teen bek-en-klouseer ingeënt is, en teen 2 Oktober sal elke veilingsdier ingeënt wees.
As jy op soek is na:
- top kwaliteit Bonsmaras
- bewese genetika
- uitstekende produksiediere
…dan wil jy hierdie veiling nie misloop nie.
Kom beleef gehalte, passie en top genetika op een plek.
🐂 🐂 🐂
Tag iemand wat saam met jou hierdie veiling moet bywoon!