21/10/2026
Julle het gepraat. Ons het geluister. En toe kry ons hierdie juweeltjie! 🤣❤️
Ons het onlangs ’n kliënte-opname gedoen om uit te vind wat julle van Oupa’s Biltong dink, wat julle geniet en waar ons nóg kan verbeter.
Een van die vrae was:
❤️ “Oupa’s Biltong is vir my…”
Julle antwoorde het ons harte warm gemaak! Van “Hemels” tot “Die beste in die land!”
Maar toe kom hierdie een… 💥 VREK LEKKER! 💥
Twee woorde. Geen fieterjasies nie. Sommer reguit op die man af! 😂
En aan die persoon wat “VREK LEKKER” geskryf het — JY HET ONS DAG GEMAAK! 🤣❤️